Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 13

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

karakter wat praat se naam en dan volg die dialoog langsaan.

       Dit wat die karakter doen, word in skuinsdruk tussen hakies gegee, omdat die leser moet weet wat op die verhoog gebeur.

      Intrige: Die gebeure in die verhaal.

      Konflik: Dit waaroor die karakter(s) “baklei” of waaroor die storie gaan.

      Agtergrond: Die plek/ruimte/omstandighede waar/waarin die verhaal/drama afspeel.

      Tema: Die boodskap wat die verhaal/drama probeer oordra.

      Lees die volgende kort drama oor ’n reisiger en ’n bakker.

C:\Users\hendrikv\Dropbox\piekfyn 8 illustrasies\3\Bakker en reisiger.jpg

      Bakker se brood

      Karakterlys

      Reisiger: Ongeveer 25 jaar oud. Baie moeg van die stap. Dra net ’n rugsak (backpack).

      Bakker: Ongeveer 35 jaar oud. Lyk baie nors.

      Reisiger stap verby ’n bakkery waar hy heerlike, varsgebakte (home-baked) brode ruik. Die bakker is besig om iets op ’n bord buite die bakkery te skryf.

      REISIGER: Sjoe, wat ruik so lekker? My maag raas eintlik so honger is ek.

      BAKKER: (Sien vir Reisiger en roep vrolik uit.) Heerlike vars gebak te koop! Dit het nou net uit die oond gekom!

      REISIGER: Hoeveel kos ’n brood? (Hy haal ’n R5,00 uit sy sak.)

      BAKKER: (Sien die geleentheid om geld te maak.) Tien rand, Meneer.

      REISIGER: (Laat sak sy kop.) Jammer, ek het net vyf rand. Gee my dan ’n halwe brood.

      BAKKER: (Omgekrap) Ek verkoop nie halwe brode nie.

      REISIGER: Dit is jammer.

      BAKKER: (Baie verbaas) Wat bedoel jy?

      REISIGER: (Baie sarkasties) Ek sal dan maar voor jou winkel staan en my vyf rand in die straat gooi. Ek sal die heerlike brood ruik en steeds honger wees. Jy sal net die vyf rand se klank hoor. En geen geld in jou sak hê nie.

      BAKKER: Wat bedoel jy?

      REISIGER: (Draai om, gooi sy geld in straat en ruik die brood.)

      BAKKER: (Kyk hom verbaas aan en besef skielik hy het tog besigheid verloor.)

      (Henry October. Ongepubliseer)

      Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die drama.

      1. Wat dink jy is dit wat Reisiger geruik het?

      2. Wie is die karakters?

      3. Waar speel die verhaal af?

      4. Waaroor gaan die drama? (Watter les kan uit die drama geleer word?)

      5. Watter soort werk doen ’n bakker?

      6. Kies die regte antwoord: In spreekbeurt 1 “raas” Reisiger se maag; dit beteken . . .

      a. dat sy maag baie kwaad is.

      b. dat Reisiger baie honger is.

      c. dat dit eintlik ’n hond is wat raas.

      7. Skryf of die volgende waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

      Die bakker kan meer geld maak as hy halwe brode ook verkoop.

      8. Skryf ’n woord uit die spreekbeurt 2 neer met die teenoorgestelde beteken as “nie lekker nie”.

      9. Sê in jou eie woorde wat met die titel van die drama bedoel word.

      10. Het jy van die drama gehou? Gee ’n rede vir jou antwoord.

      11. Wie se kant sal jy kies: Reisiger of Bakker? Gee ’n rede vir jou antwoord.

      12. Watter raad kan jy vir Bakker gee om meer geld te maak?

      Taal in konteks

77730.png

      Jy kan ook die Taalgids gebruik vir ekstra voorbeelde.

      Woordvorming

      Stam/basisvorm

      Dit is die deel van ’n woord wat die betekenis aan die woord gee. Byvoorbeeld: gesondheid, tweede, bedelaar, oefening, beïndruk.

      Wanneer ’n woorddeel voor die basis/stam gevoeg word, word dit ’n voorvoegsel genoem. Byvoorbeeld: ontken.

      Wanneer ’n woorddeel agter aan die basis/stam gevoeg word, word dit ’n agtervoegsel genoem. Byvoorbeeld: kennetjie.

      Afleidings

      Dit is wanneer nuwe woorde gevorm word deur agtervoegsels en voorvoegsels by een woord of basisvorm te las, byvoorbeeld: bou – bouer, ken – herken, soek – soeker, versoek, besoek.

      Samestellings

      Wanneer twee basisvorme gebruik word om een woord te vorm, noem ons dit ’n samestelling, byvoorbeeld: hart + seer = hartseer, hospitaal + bed = hospitaalbed.

      Soms word ’n verbindingsklank tussen die twee basisvorme gebruik sodat die woord makliker lees/sê.

      Samestellende afleiding

      Wanneer twee basisvorme en voor- en/of agtervoegsels gebruik word, word dit ’n samestellende afleiding genoem. Byvoorbeeld: tenktrokke; skoolbroeke.

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      1. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies.

      a. Die brood se reuk laat almal se (maag) grom.

      b. Die bakker bak nie klein (brood) nie.

      2. Vorm ’n samestelling van die woorde tussen hakies.

      a. Die land het nie kos nie, daar is ’n (honger+nood) in die land.

      b. Die (eier+dop) is baie hard en word nie gebruik nie.

      c. Daar groei ’n (vy+boom) agter in die bakker se tuin.

      3. Skryf een woord (afleiding/samestelling) vir die skuinsgedrukte woorde.

      a. Die persoon wat die eienaar van ’n winkel is, staan buite.

      b. Die dief steel sonder dat hy gesien word brood.

      4. Gebruik voor- en/of agtervoegsels en vorm nuwe woorde van die volgende basisvorme. Gebruik die woord in

Скачать книгу