Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal. Riens Vosloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal - Riens Vosloo страница 3

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal - Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

      Maar Uilspieël bly sit waar hy sit. “Kom jy nie eet nie, ou klakous?” vra die herbergier.

      Uilspieël skud sy kop dat die twee puntore aan sy mus rondflap en die klokkies tieng-tieng maak. “Nee wat,” sê hy, “my maag is nou vol van die braaiboud se geur. Ek is heeltemal versadig.”

      Ná die ete betaal al die gaste die herbergier vir die maaltyd. Die herbergier kom hou die geldbord ook vir Uilspieël en sê: “Betaal, asseblief. Jy sê mos jy het vol geword van die geur van die braaiboud. Dan moet jy vir jou ete betaal.”

      Maar Uilspieël wil niks weet nie. “Harg!” lag hy onderlangs en sy oë flits skelm. Hy haal ’n geldstukkie uit sy sak en laat val dit op die vloer. Klieng! maak die geldstukkie. Die herbergier buk om dit op te tel, maar Uilspieël gryp dit soos blits en laat glip dit weer in sy eie sak.

      “Hoe dan nou?” sê die herbergier. “Dis mos my betaling vir die geur van die braaiboud wat jy in my herberg geniet het.”

      Uilspieël lag net. “As ek moet betaal vir die geur van die braaiboud, is die klank van die geld mos genoeg betaling vir jou. Dis tog regverdig, nie waar nie?” Hy gryp sy reisbondel wat hy aan ’n stok oor sy skouer dra soos dit daardie tyd die gewoonte was en maak dat hy wegkom uit die stad Keulen voor daar moeilikheid kom. Ligvoets loop hy, sy kop vol planne vir sy volgende skelmstreek in ’n plek waar die mense hom en sy konkelwerk nog nie ken nie.

      Woordverklarings

      boemel – rondloop en nie werk nie

      herberg – ’n plek waar mense teen betaling slaapplek en kos kry

      reisbondel – bagasie in ’n bondel toegevou

      konkelwerk – ’n kullery en samesweerdery

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Die Afrikaanse uitdrukking “in eie munt terugbetaal” beteken om iemand wat jou bedrieg op dieselfde manier te bedrieg. Skryf in drie sinne hoekom hierdie uitdrukking op dié verhaal van toepassing is.
2.In die laaste paragraaf lees ons van ’n skelmstreek. Het Uilspieël hom regtig soos ’n skelm gedra in hierdie verhaal? Hoekom sê jy so?
3.Hoekom loop Uilspieël “ligvoets” van die herberg af weg?
4.In watter land speel hierdie verhaal af? Hoekom sê jy so?
5.Gebruik die antwoord op vraag 4 om te verduidelik hoe dit gekom het dat hierdie verhaal vandag nog in Suid-Afrika vertel word.
6.Hoe weet jy hierdie verhaal is baie oud?
7.Het jy hierdie verhaal geniet? Skryf in drie sinne hoekom jy so sê.

      Van Hunks en die Duiwel

      Annari van der Merwe

http://www.allaboutcityguides.com/wp-content/uploads/2010/08/lions_head_tablecloth_tm_aeriald-300x201.jpg

      Prelees – groepbespreking

       Kyk na die illustrasie. Sê waar hierdie verhaal afspeel en hoekom jy so sê.

       Is Van Hunks ’n bekende Suid-Afrikaanse van?

      Die verhaal

      In die tyd toe daar nog net ’n handjievol huise teen die hange van Tafelberg gestaan het, meer daar op ’n goeie dag ’n groot seilskip in Tafelbaaihawe vas.

      Die kaai staan toe van die mense – visventers, vrugtesmouse, deftige burgers en ’n paar kleinboere; selfs die beuelblaser van die Kasteel is daar. Almal is nuuskierig, want met ’n skip kom daar altyd iets om na te kyk en iets om oor te praat.

      Die reisigers stroom aan wal toe die loopplank neergelaat word. Hulle loop ’n bietjie windskeef, want ná al die maande op see is hulle nie meer gewoond aan vaste aarde nie. Die mense wil net teleurgesteld omdraai, want dié keer het die boot niks buitengewoons gebring nie, toe ’n groot, bonkige man op die dek verskyn. ’n Siddering gaan deur die skare. “Dis Van Hunks!” fluister iemand.

      “Maar kyk hoe lyk hy nou!” sê ’n ander. “Laas was hy ’n slonsige matroos. En kyk nou – fyn satyn. Verbeel jou!”

      Van Hunks gaan eenkant staan terwyl sy bagasie afgedra word: drie tamaai trommels en ’n swart kissie wat hy die hele tyd in die oog hou. Toe sit die groot seeman sy hoë hoed op en stap tussen die mense deur. Hy kyk nie links of regs nie.

      “Dis waar wat hulle sê,” sê een van die burgers. “Hy móét ’n seerower geword het. Wat anders as skatte kan in daardie swart kissie wees?”

      Van Hunks verdwyn in die gedrang op die Parade, met die sewe stuks wat sy bagasie dra kort op sy hakke. Hy stop nie, maar stap vasberade aan in die rigting van Windberg, want een van die huisies teen die hang is syne.

      Van dié dag af is Van Hunks selde op straat gesien, en nooit meer by die hawe nie. Die mense sê hy’s bang ’n boot bring dalk eendag iemand wat hy beroof het. Of, beweer hulle, hy is bang vroeëre drinkebroers wil geld by hom leen of hom teruglok na die kroeë waar hy so graag rondgehang het.

      Van Hunks het liewer teen Windberg uitgeklim en daar vanuit die hoogte die hawe en die baai dopgehou. Met sy eenoog-verkyker het hy ure in die verte getuur. Dan het hy sy verkyker neergesit en sy kromsteelpyp gevat en lui-lui wit kringe rook uitgeblaas.

      Die mense het al van Van Hunks begin vergeet toe hy op ’n dag weer bo-op Windberg die tyd sit en verwyl met sy verkyker en sy pyp. Skielik besef hy iemand staan agter hom. Van Hunks swaai om. En waarlik, daar staan ’n man met ’n swart punthoed en ’n fyn swart bokbaardjie wat baie lyk op ’n vent met wie hy vroeër menige glasie geklink het. Van Hunks skrik effens.

      Maar toe die man baie beleef sê: “Dag, mynheer Van Hunks,” ontspan hy en begin gesels. Hy vergeet skoon om die besoeker se naam te vra.

      Van Hunks het lanklaas met iemand gesels en kan nie ophou praat nie. Die vreemdeling luister net, sy oë op skrefies getrek. Skemeraand sê hy tot siens en verdwyn, sonder dat Van Hunks oplet in watter rigting.

      ’n Paar dae later sit Van Hunks weer bo-op Windberg toe die man met die swart punthoed en bokbaardjie skielik agter hom sê: “Hoe gaan dit vandag, mynheer Van Hunks?”

      “Eersteklas, eersteklas,” sê Van Hunks, lig sy hoë hoed en raak weer aan die gesels. Maar vandag spog hy ook tussendeur – oor hoeveel seë hy bevaar het en hoeveel skatte hy gebuit het en hoeveel vaatjies rum hy huis toe gebring het.

      Die vreemde man luister aandagtig. Hy knik net af en toe sy kop, en skemeraand verdwyn hy weer so stil soos hy gekom het.

      Dis ’n besonder warm dag toe Van Hunks weer bo-op Windberg sit. Hy rook maar net, te lui om die eenoog-verkyker op te neem.

      “Mynheer Van Hunks,” sê die nou bekende stem van die vreemdeling skielik langs hom, “mag ek maar ’n pypie saam met jou rook?”

      Van Hunks vererg hom, want hy verkies om alleen te rook. Sy eie pyptabak is besonder sterk en geurig en hy blaas die mooiste rookkringe in die ganse Kaap.

      “As jy dan wil,” sê hy stroef.

      Die vreemdeling stop sy pyp – ’n mooi, slanke wit kleipyp – en steek dit op. Die geur is nogal aangenaam. Gou

Скачать книгу