Sarah du Pisanie Omnibus 8. Sarah du Pisanie

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sarah du Pisanie Omnibus 8 - Sarah du Pisanie страница 4

Sarah du Pisanie Omnibus 8 - Sarah du Pisanie

Скачать книгу

sal netnou vir oom Gawie vra om die ander bed en die ekstra lessenaar uit te neem. Dan sal die kamer heerlik ruim wees.

      Sy bekyk haar nuwe tuiste skewekop. Sy sal die boekrak tot teen daardie muur skuif waar die ander bed nou staan.Wanneer sy weer op die dorp kom, sal sy vir haar ’n mooi potplant en ’n staander koop vir die hoekie naby die venster.

      Die gordyne wat voor die venster hang, is pragtig. Sy sal net vir haar ’n vrouliker beddeken en ’n ligroos matjie kry. Dit behoort die kamer baie geselliger en vroliker te laat lyk.

      ’n Ligte tikkie aan die deur laat haar vinnig opkyk. Oom Gawie staan bedremmeld voor haar en dit laat haar moed in haar skoene sak.

      “Hy wil niks weet nie, juffrou Annie. Hy . . . e . . . hy sê jy gaan tog terug en dit sal nie nodig wees nie.”

      “Sê hy! Gmf!”

      Dié vreemde uitdrukking laat oom Gawie weer al sy frustrasie van so ewe vergeet en hy glimlag ondeund.

      “Ons sal dan doodeenvoudig ’n ander plan moet maak, oom.”

      Annie druk by hom verby en stap weer na die badkamer toe. Sy bekyk dit met ’n “Hm!” en ’n “A!”. Haar planne neem sommer gou weer vorm aan.

      Oom Gawie beweeg soos ’n skadubeeld agter haar aan, heeltemal bereid om al die hulp aan te bied wat nodig mag wees.

      “Oom Gawie, het oom vir my ’n stuk draad en ’n tang en . . . Ja, dit behoort eers al te wees.”

      “Draad en ’n tang? Ja, natuurlik, kind. Hoe lank moet die draad wees?”

      “Van daardie muur af tot by daardie een, oom Gawie.”

      Oom Gawie vra nie verder nie. Hoe minder hy weet, hoe veiliger is dit. Hy sal hom net verontskuldig en sê dat hy net vir die juffrou die goed gegee het waarvoor sy gevra het. Hy is tog veronderstel om van enige onderwyser opdragte te kry.

      Hy is sommer gou terug met die draad en ’n tang.

      Annie sleep ’n stoel uit haar kamer nader en hou haar hand uit vir die tang en die draad. Met ’n behendigheid wat oom Gawie verstom, draai sy die draad om die venstertjie se knip vas. Sy sleep die stoel tot teen die teenoorgestelde muur en klim dan weer op. “Sal oom my asseblief help om die draad styf te trek? Ek is nie sterk genoeg nie.”

      Oom Gawie vra nie vrae nie. Hy trek die draad styf en bind die punt aan die vensterknip vas. Hy het ’n baie goeie idee wat nou in daardie koppie broei. “Dankie, oom, nou sal ek self verder regkom.”

      Oom Gawie vat die tang en die draad en verdwyn vinnig by die deur uit. Hy sal liewer later kom kyk wat hier aangaan. Vir alle praktiese doeleindes weet hy g’n sout of water van wat hier gebeur het nie.

      Hy sien haar ’n rukkie later met twee lakens en ’n deken in die badkamer verdwyn en hy kan nie help om saggies te lag nie.

      Die juffroutjie hang natuurlik nou die goed aan die draad op as ’n afskorting. Sy het ’n wasbakkie in haar kamer en nou het sy vir haar ’n badkamer en een toilet afgeskort met die lakens en deken.

      Nie lank daarna nie kom sy by die deur uitgestap en toe sy hom sien, kom sy vinnig nader.

      “Oom Gawie, sal dit moontlik wees om daardie een bed en lessenaar wat ek nie gaan gebruik nie, uit my kamer te neem? Die lessenaar kan oom sommer in die hoofseun se nuwe kamer laat sit.”

      “Seker, juffrou Annie, ek doen dit graag.”

      Oom Gawie roep hard na iemand in die kombuis en ’n groot man kom vinnig nader gehardloop. Hy groet vriendelik, maar Annie kan die openlike verbasing en nuuskierigheid op sy gesig lees.

      “Filemon, help tog gou hier.”

      Oom Gawie en Filemon dra die bed en die lessenaar uit en nou kan Annie na hartelus haar meubels skuif.

      Hoofstuk 2

      “Wat de drommel! Meneer Brand!”

      Bertus Kruger se woedende stem weerklink deur die rustige stilte. Annie se hande verstil en nog met die rok in haar hande stap sy vinnig deur toe.

      “Ja, meneer Kruger?”

      “Wat gaan hier aan?”

      “Waar, meneer Kruger?”

      “Hier in die badkamer. Moenie nou vir jou dom hou nie!”

      Annie stap ongeërg tot skuins agter Bertus Kruger.

      “Wie se werk is dit?” Bertus beduie woedend na die wit lakens en die rooi-en-groen gestreepte deken wat netjies met kopspelde vasgesteek is.

      “E . . . e . . .” Oom Gawie maak ongemaklik keel skoon.

      “Dis myne, meneer Kruger.”

      Bertus swaai om en Annie begroet sy blitsende oë met ’n skynheilige glimlaggie.

      “Dit behoort te werk, meneer Kruger. ’n Boer kan altyd ’n plan maak!”

      “Haal dit dadelik af!” Rooi van woede sis hy die woorde afgemete uit.

      “Ek dink nie dit sal wenslik wees nie, meneer Kruger. Die badkamer se deur kan wel sluit, maar as ek nou uit die badkamer kom, kan dit net wees dat van die seuns nie geklee is nie. Jy ken tog seuns . . . Ek weet, ek het drie broers.”

      “Juffrou Delport . . .” Bertus stik van woede in sy woorde.

      “Ja, meneer Kruger?” Haar stem is stroopsoet.”

      “Jy gaan nie hier bly nie!”

      “Sê wie?”

      “Sê ek!” Vererg sluk hy die woorde in, vies vir homself dat hy haar staan en napraat. As sy nou ’n seun was, het hy haar behoorlik gestraf.

      “Dis nog altyd my skool! Verstaan jy my, juffrou Delport? Hierdie seuns is opgevoede, gedissiplineerde kinders en ek sal nie sulke . . . sulke onwelvoeglikheid hier toelaat nie.”

      “Meneer Brand sê hy kan dit met ’n paar planke afskort, meneer Kruger. Dis jy wat dit nie wil toelaat nie. Dit sal baie onwelvoegliker wees as ek die badkamer net so saam met die seuns moet gebruik.”

      Buite homself van woede storm Bertus Kruger by die deur uit.

      In sy kantoor sit hy ’n oomblik lank met sy kop in sy hande. Wat moet hy doen? Die departement sal waaragtig nie ’n ander onderwyser vir hom stuur nie. Meneer Lindtveld en sy trawante is jaloers op hierdie skool wat so selfonderhoudend is. Hulle soek net heeldag iets teen die skool.

      Hy en ou meneer Fourie het heel goed aangegaan. Ou Anton is al diep in die vyftig, maar hy is ’n toegewyde onderwyser, net so ’n bietjie aan die sukkelkant. Hy neem selde self ’n besluit. Hy wat Bertus is, het al dikwels gevoel dat dit sy taak as hoof oneindig sal vergemaklik as ou Anton tog net van die kleiner besluite op hom wil neem. Die skool het so uitgebrei dat hulle nou dringend nog ’n leerkrag nodig het. Hulle het met agt seuns begin, almal toe in standerd sewe. Die eerste jaar was dit net hy. Die volgende jaar

Скачать книгу