Om Amelie se tafel. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Om Amelie se tafel - Elsa Winckler страница 8

Om Amelie se tafel - Elsa Winckler

Скачать книгу

seriously? Ek wil regtig nie verder oor die vent praat nie. Ek moet nog ’n hele bleddie naweek na al sy twak luister.”

      “Oeee, die man werk jou op, klink dit vir my. Nou is ek eers nuuskierig, vertel …”

      Iets beweeg langs haar en Amelie draai haar kop. Arms gevou, ’n breë glimlag duidelik sigbaar op sy gesig, staan Chris langs haar op die stoep.

      “Ek moet gaan, ek bel jou môre,” sê Amelie en sny die oproep af. Wat het die vent gehoor?

      “Ek …” begin sy, maar hy skud sy kop laggend.

      “Ek het gehoor. Ek is die vent wat twak praat. Die een na wie jy nog ’n hele bleddie naweek moet luister.”

      Amelie lig haar ken. “Ek is hier onder protes.”

      Hy steek sy hand uit en laat sy vingers teen haar wang afgly. Dieselfde warm gevoel wat sy die eerste keer gekry het toe sy aan hom raak, pols deur haar. Sy ruk haar kop weg.

      “Stadig, meisiekind,” glimlag hy en vat haar een hand in syne.

      Sy probeer dit loswoel, maar hy hou stewiger vas.

      “Los my uit,” byt sy uit, amper in trane. Wat sukkel hy so met haar? Hy hou stywer vas.

      “Glo my, ek probeer,” sê hy en toe sy opkyk, is die glimlag weg.

      Sy raak stil. Die lug om hulle word swaar. Sy sukkel om asem te haal.

      Sy oë sak af en gly oor haar. Verbouereerd trek sy die pante van haar sweetpakbaadjie teen mekaar.

      Met ’n amper moedelose lag vou sy hande oor haar skouers. “Dit help nie,” sê hy. “Ek het klaar gesien.”

      “Wat gesien?” vra sy vies, ontsteld en opgewerk. Sy beur weg, maar sy hande hou haar stewig vas.

      “Presies,” sê hy stadig, “hoe koud jy kry.”

      Amelie trek haar asem diep in en vou die sweetpakbaadjie nog stywer om haar vas.

      Hy skud weer sy kop. “Ek kan nog altyd jou bene sien,” sê hy en kyk af.

      Met ’n ruk pluk sy haar los uit sy greep en stap so vinnig soos sy kan terug na die skuifdeure. Van hierdie man moet sy ver weg bly.

      “Lekker slaap,” roep hy agter haar aan, maar sy maak die deur so gou moontlik agter haar toe.

      Chris staar nog ’n paar minute na die toe deur voordat hy besef waar hy is en hoe dit kan lyk vir enigeen wat daar verby kom.

      Kopskuddend stap hy terug na die huisie wat hy met Joe en een van die ander afdelingshoofde deel. Hy het gesukkel om aan die slaap te raak en het buitekant toe gestap sonder ’n definitiewe idee van waarnatoe hy wil gaan.

      Amelie. Wat sou die meisiekind laat tick? Vir die eerste keer sukkel hy om iemand op te som. Op die oomblik is sy ’n enigma. Die toringbousessie het hom wel ’n paar dinge van haar geleer. Sy gooi nie tou op nie, sy is innoverend, sy hou aan planne maak al het al die ander al moed opgegee. En sy doen dinge op haar eentjie. Sy vra nie hulp nie. Tog was sy die een wat eerste besef het almal moet eerder saamwerk. En op haar stil, teruggetrokke manier het sy almal oortuig.

      Hy was so besig om aan haar te dink dat hy toe hy hom kom kry, by die huis is waar hy weet Amelie slaap. En sy staan op die stoep in haar pajamas. Altans, hy neem aan dis wat die styfpassende toppie en baie kort broekie is wat sy aanhet.

      Dit was nie ’n wilsbesluit om oor haar wang te streel nie, maar daar naby aan haar, met haar geur wat oor hom spoel en die volmaan wat bokant die koppe uitloer – wat die aansporing ook al was – het sy hand sonder enige opdrag van sy brein uitgereik en aan haar geraak.

      En hy kon sien sy reageer op sy aanraking. Bliksem. Hy stap vinniger sodat die afstand tussen hom en haar groter kan word. Al word hy hoe oud, sal hy nooit die stywe puntjies teen die spierwit van haar T-hemp vergeet nie.

      O, help. Gaan ons nou wragtig vroteier speel? Amelie probeer haar deurmekaar gedagtes bymekaar hark. Sy het ure lank gesukkel om aan die slaap te raak en toe sy uiteindelik wel slaap, was haar stomende drome so grafies dat sy weer wakker geskrik het.

      ’n Paar sterk mansarms was styf om haar gevou. Sy het nooit ’n gesig in haar drome gesien nie, maar die bene wat verstrengel was met hare, is syne. Chris s’n. Dit was hý. Die manslyf het gevoel soos syne, geruik soos syne.

      Haar asem slaan weg. En hoe op aarde weet sy dit alles? Sy het naby die man gestaan en hy het net met sy vingerpunte aan haar geraak. Hoe sal sy miskien weet hoe sy lyf voel?

      Amelie wonder vir ’n oomblik of sy nie maar net vinnig kan omdraai en verdwyn nie, maar dan is Joe langs haar.

      “Die man het oulike idees, of wat sê jy, Amelie?” lag hy.

      Sy glimlag flou.

      “Kom sit hier by ons, Amelie,” roep haar kamermaat van die naweek en wink haar nader.

      Amelie stap nader. Louna is eintlik heel nice, het sy agtergekom. Hulle het vanoggend lekker gesels oor alles en nog wat. Dis nou nie asof hulle skielik beste maatjies is nie, maar sy hou van haar. Amelie glimlag. Natalie sal so bly wees sy het uiteindelik met iemand van die werk gepraat.

      “Môre, almal,” hoor sy Chris se stem, maar sy kyk doelbewus nie op nie. Sy hou haar oë op haar gevoude hande. Haar hart het al klaar begin ronddans.

      “Voordat ons verder gaan, net die res van die program,” sê hy. “Ons gaan vanoggend nog twee aktiwiteite hier in die saal doen. Julle het dan ’n bietjie vrye tyd voordat ons mekaar weer teen vieruur vanmiddag hier kry. Ons gaan teen skemer uitry om na die diere te kyk: hier is glo deesdae ook leeus in die park. Wie weet, dalk is ons gelukkig en sien een. Vanaand se ete is ’n braai by Joe se huisie en môre vertrek ons net na middagete.”

      Almal praat opgewonde onderlangs en Louna leun oor na haar toe. “Ons gaan vanmiddag swem. Ek hoor die swembad is lekker. Kom jy saam?” vra sy.

      “Ek het nie swemklere ingepak nie,” probeer Amelie keer.

      “Geen probleem nie. Ek het drie stelle ingepak.” Louna kyk haar op en af. “Ek dink ons het min of meer dieselfde lywe. Ek is seker een sal jou pas.”

      “Ek …” wil Amelie nog keer.

      Maar Louna skud haar kop. “Jy kom saam. Dis tyd dat almal jou leer ken,” glimlag sy.

      “Oukei, maar ons kyk eers of jy iets het wat my pas,” sê Amelie. Hopelik is daar niks wat kan werk nie.

      “Amelie, jy ook,” hoor sy Chris se stem en sy draai in sy rigting. En ai tog! Dis ’n goeie ding sy sit. Hy sit in die middel van die kring en gooi ’n kleinerige balletjie in die lug terwyl hy praat. Elke keer wat hy die balletjie vang, bult sy boarmspiere.

      Dit duur ’n rukkie voordat sy besef sy staar.

      Sy ruk haar kop op net om in sy laggende oë te kyk. Die pes. Hy wéét. Hy weet presies watter uitwerking hy op haar het. Soos gisteraand. Daaraan wil sy liewer glad nie dink nie. Nog nooit in haar lewe was sy so intens bewus van ’n man nie … het haar liggaam so gereageer net op ’n man se nabyheid nie. Wat gaan met haar aan?

Скачать книгу