Ultrasatyn 2 in 1. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler страница 8

Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler

Скачать книгу

saam met my te drink? Ek het nog ’n bottel in die wynrak wat ek vanaand alleen sou gedrink het.”

      Sonder aarseling knik sy en hy strek oor haar om haar sitplekgordel vas te maak. Sy arm skuur skrams teen die kant van haar bors en onmiddellik reageer haar lyf roekeloos.

      Hy kyk na haar, glimlag lui. Haar vel word hoendervleis. Sy mond is so naby hare. Maar dan tree hy weg en druk die deur tussen hulle toe.

      Vier

      Hulle ry ’n rukkie in stilte, maar haar gedagtes is allesbehalwe kalm. Vroeër vandag sou sy nooit die uiteinde van haar besoek aan hom kon droom nie. Nou ry sy saam met hom na sy huis om ’n glasie wyn te gaan drink. Miskien is Karla reg, die geluksgodin is aan haar kant – of dalk is sy en Lukas een van daardie dinge wat bedoel is om te gebeur. Hoe sal sy nou weet? Al waarvan sy seker is, is dat sy nie “nee dankie” gaan sê nie. Sy gaan die geleentheid om hom beter te leer ken met albei hande aangryp.

      “Hoekom gaan jy juis môre terug Johannesburg toe? Dis nog nie die einde van die semester nie. Die eksamen begin eers volgende week.”

      Hy draai by ’n sekuriteitskompleks met ’n hoë muur rondom in. “Ons het ’n familiemaatskappy. Tot dusver was ek net langs die kantlyn betrokke, maar die waarnemende CEO het ’n hartaanval gehad oor die naweek en dis tyd dat ek die leisels neem. My pa het die maatskappy bestuur en my oupa voor hom. Tot onlangs het ek gevoel ek is nog nie gereed daarvoor nie en het ons ’n tydelike waarnemende hoof aangestel.”

      “Hoekom het jy gevoel jy is nog nie gereed daarvoor nie?” Sy draai geïnteresseerd na hom.

      Hy haal sy skouers op. “As ek eers die leisels geneem het, gaan ek dit nie weer kan neerlê nie. Nie tot ek dit die dag aan die volgende Strauss oorgee nie. Daar was nog te veel wat ek wou gedoen het en ek wou nie so gebind wees nie. Natuurlik was my oupa ongelukkig oor die besluit, maar ek het die tyd goed gebruik. Mettertyd kon hy darem insien dat dit ’n goeie besluit was.”

      Die oprit waar hy stilhou, is nie ver van die ingang nie. Die eenheid is stylvol en die klein tuintjie voor die huis word duidelik met ’n ferm hand in stand gehou. Dis nogal die tipe plek wat sy met hom sou assosieer.

      “Vanaand is die laaste aand wat ek hier slaap. Die huis is feitlik leeg, ek hoop nie jy gee om nie.”

      Sy skud haar kop. “Ek is ’n student. Ek’s alles gewoond.”

      Hy glimlag vir haar en sy raak opnuut verlore. Sy sal ’n ewigheid so na hom kan kyk. Nooit sal sy moeg word vir sy gesig nie. En nog minder vir sy lyf. Die gedagte laat haar liggies bloos en sy begin aan die deur vroetel. Dis nog gesluit en na ’n paar probeerslae gee sy moed op. Sy oë is steeds op haar toe sy vraend na hom kyk. Sy glimlag verbreed. Haar lyf reageer onmiddellik op sy tergende mond en word week onder die intensiteit in sy oë. ’n Stadige, ritmiese geklop diep in haar vrouwees herinner haar dat sy hom lankal reeds as die een vir haar geëien het.

      “Kom, Leila. Ek gaan skink vir ons wyn,” verbreek hy die gelade oomblik tussen hulle.

      Behalwe vir twee stoele is die woonvertrek leeg. Daar is nog ’n paar basiese benodigdhede in die kombuis. Die res is alles in twee bokse wat by die ingang ingepak staan. Terwyl hy die glase uit die kas haal en die wyn skink, dwaal sy deur die leë vertrekke. In die een slaapkamer is daar net ’n netjies opgemaakte bed, die ander is leeg.

      “Dít en die twee stoele behoort aan my suster.” Sy skrik toe hy onverwags agter haar praat. Hy staan so naby haar, sy kan die hitte van sy lyf teen haar rug voel. “Hulle was gaaf genoeg om dit vir my te leen terwyl ek hierdie plek gehuur het. Omdat ek my nie permanent hier sou vestig nie, het ek nie veel meubels aangeskaf nie. Eintlik was die pos by die universiteit soos ’n sabbatsjaar vir my, ’n welkome wegbreek van die gejaagdheid waaraan ek so gewoond was.”

      Sy vat die glas by hom en hulle gaan sit teenoor mekaar op die stoele in die woonvertrek. Hy teug behaaglik aan sy wyn en leun agteroor teen die rugleuning. “Jou studentenommer wys jy is drie jaar ouer as die gemiddelde studente van jou jaargroep. Het jy ook eers ’n Sabbatsjaar of twee geneem voor jy begin studeer het?”

      Verras kyk sy na hom. Hy het waarlik haar studentenommer opgelet. “Ja, ek het drie jaar na skool in Engeland gaan werk omdat ek nie seker was wat ek wou doen nie. Aanvanklik sou dit net ’n jaar gewees het, maar na ’n jaar het ek ’n beter pos gekry by die bank waar ek gewerk het en toe bly ek langer. Toe ek terugkom, het ek onderwys begin studeer, want ek hou van kinders. Maar ek het gou besef dis nie vir my bedoel nie. Die tyd in die Londense bank het my belangstelling in beleggings geprikkel en ek het van studierigting verander. Natuurlik tot my pa se ontsteltenis. Hy hou nie daarvan dat mens nie klaarmaak wat jy begin het nie.”

      Hy lag en die timbre daarvan is diep. “Jy is dus ’n vrou met waagmoed. Nie baie studente sien kans om van studierigting te verander nie.”

      Ja, ’n vrou is wat ek is, wil sy vir hom sê. Sien jy my raak?

      Maar sy glimlag net vir hom en lig haar wenkbrou uitdagend terwyl die grys dieptes gefassineerd op haar bly. En skielik weet sy soos net ’n vrou soms weet: hierdie man kan sy oë nie van haar afhou nie. Sy het vanaand in haar doel geslaag. Sy het ’n indruk gemaak en nou het sy die hef in die hand. Die vraag is net wat sy bereid is om met haar nuutgevonde mag te doen?

      Hy staan op en kom stadig tot voor haar. Onmiddellik begin vlinders in haar maag fladder. “Nog wyn vir jou?” Teleurstelling dwing die vlinders terug in hulle plek en sy skud haar kop.

      “Nee dankie, een glas was genoeg vir my. Ek het vanoggend laas geëet. As jy wil hê ek moet op my kop staan vanaand, moet ek nog ’n glas drink.”

      “Dit behoort vermaaklik te wees. Ek sal betaal om dit te sien.”

      Die tergende toon in sy stem lok haar om te flankeer. “En hoe het jy gedink om te betaal?”

      Hy lag sag, vat die leë glas uit haar hand en sit dit op die kombuistoonbank neer. “Hoe wil jy hê moet ek betaal?” Hy kom staan weer voor haar.

      Hulle albei weet waartoe hierdie gesprek lei en hulle albei het die geleentheid om die gang daarvan te stuit.

      Net ’n kort oomblik lank wonder sy of sy ’n groter hap afbyt as wat sy kan hanteer. Maar dan haal sy haar skouers op. Wegskram gaan sy beslis nie. Sy hou van die rigting wat die gesprek ingeslaan het. Hoe lank droom sy nie al oor hierdie oomblik nie?

      “Die aanbod is joune om te maak. Dis jy wat akrobatiese toertjies wil sien.”

      “Mmm.” Sy oë smeul toe sy blik oor haar gly. Dit streel oor haar mond, haar kuiltjie, die rondings van haar borste en dan weer terug na haar gesig. Die vlinders in haar maag begin met toertjies van hulle eie. Opwinding stroom soos ’n elektriese golf deur haar en maak haar oorbewus van die polsende afwagting in haar lyf.

      Sy maak haar lippe in uitnodiging effens oop.

      En toe, sonder waarskuwing, trek hy haar op en teen hom vas. Haar hart tamboer in haar ore. Haar lyf smelt teen syne vas asof dit daar hoort. Sy hande streel oor haar rug tot hulle om die rondings van haar sitvlak vou. Hy hou haar blik in syne gevange. Asof hy dit geniet om die hunkering in haar oë te sien.

      Toe sy mond oor hare sluit, is dit asof elke moontlike stukkie selfbeheersing in haar losskeur. Dit is die oomblik waarna haar liggaam maande lank al smag. ’n Vulkaan in haar onderlyf roer en stu hitte deur haar are en oor die kontoere van haar lyf. Die eerste aanraking van sy lippe is sag, so byna asof hy van haar oorgawe

Скачать книгу