Ultrasatyn 2 in 1. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler страница 9

Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler

Скачать книгу

dring sy tong dieper in haar mond, neem dit besit van hare met ’n passie wat sy nog nooit ervaar het nie. Die rooiwyn lê ryk in sy mond en sy is intens bewus van sy nabyheid. Sy een hand gly hoër op teen haar rug, druk haar stywer teen hom vas. Die hand om haar sitvlak kruip dieper onder die ronding in.

      Sy kreun van genoegdoening teen sy lippe.

      Die hardheid van sy manlikheid vang haar onkant, laat die wêreld om haar tol. Haar hande vind ’n pad oor sy bors en onder sy hemp in. Toe haar vingers oor sy maag streel, rimpel die spiere onder haar aanraking. Sy veroorloof haar die plesier om haar hand laer te laat sak. Haar vingers beur liggies tussen sy belt en vel. Die materiaal van die broek is ’n hindernis waarvan sy ongeduldig probeer ontslae raak.

      Sy rem aan sy belt en hy lag sag teen haar lippe.

      Hy onderbreek die soen nie toe hy die belt losmaak en met een beweging uit sy broek trek nie. Voor dit by hulle voete val, het haar vingers die pad gevind na die kroon van sy manlikheid.

      Haar asem stoot hortend oor haar lippe toe sy die hardheid onder haar vingers voel. Sy lig haar oë na syne toe haar hand om die sagte weerloosheid daaronder skulp.

      Haar drome was totaal ontoereikend.

      Die begeerte in sy oë gee haar selfvertroue wat sy nie geweet het sy besit nie. Sy streel sag oor die harde spier terwyl sy haar oë uitdagend op hom hou.

      Dis asof haar aanraking ’n skielike dringendheid in hom wakker maak. Hy stroop die toppie van haar lyf, gooi dit sonder ontsag eenkant toe. Sy blik hou hare gevange terwyl hy oor haar maag en borste streel.

      Toe hy die knippie van haar bra losmaak en dit onseremonieel na haar voete tuimel, verbreek hy die eerste keer oogkontak. Haar lyf voel swaarder en haar borste spits onder sy aandag. Sy wil nader aan hom leun, maar met sy hande om haar heupe hou hy haar terug. Verlustig hy hom in die skoonheid van haar liggaam voor hy haar byna ru nader aan hom trek.

      Hy lig haar op en haar bene vou om sy middellyf. Toe sy lippe om een rosige tepel sluit voel dit asof hy brand in haar bors stig. Hy soen haar tepel met hartstog wat haar asem wegslaan. Haar bloed suis in haar ore en sy gooi haar kop effens agteroor. Sy draai haar lyf sodat hy die ander tepel ook met gemak vind.

      Die knoop van sy broek is reeds los en sy woel dit ongeduldig oor sy heupe. Dit gly af en sy is teleurgesteld toe hy haar moet neersit. Hy maak haar broek tydsaam los en sy moet die uiterste selfbeheersing gebruik om vir hom te wag. Haar lyf tintel toe sy uiteindelik naak voor hom staan.

      Dit is asof sy voor hom is soos wat sy nog altyd bedoel was om te wees.

      Die binnekant van haar dye is klam teen hom toe hy haar optel en sy haar bene om hom vou. Sy lippe gly oor haar keel en sy buig haar kop agteroor om hom toegang tot haar tepels te bied. Die growwigheid van sy baard skuur teen die vel tussen haar borste. Haar hande streel oor sy skouers en om sy nek.

      Toe sluit sy mond met meer passie oor hare. Hulle stamp teen die gangmuur toe hy in die rigting van die slaapkamer loop. Die spanning in sy lyf laat sy spiere bult en sy vou haar bene stywer om hom. Hierdie keer is daar nie klere wat hulle lywe van mekaar skei nie. Sy druk teen hom en nog voor hulle by die kamer kan kom, is hy in haar in.

      Verwonderd snak sy na asem toe haar vroulikheid ontvanklik om hom vou. Sy een hand gly laer en hy trek haar onderlyf stywer teen hom vas sodat hy haar dieper binnedring. Hy kreun en toe hulle oë ontmoet, weet sy wat sy aan hom doen. Hy is so betower soos sy.

      Hy lê haar op die bed sonder om haar te verlaat. Sy lyf kom swaar op haar neer en haar borste druk warm teen sy borskas. Haar kop het skaars die kussings geraak toe hy weer en weer in haar inbeur. Die diepte waarmee hy haar binnedring, laat genot golf op golf deur haar spoel. Sy krom haar rug en lig haar onderlyf instinktief op. Dis asof elke golf hoër, intenser en met meer krag deur haar spoel.

      Haar hande verken die spiere wat oor sy rug speel. Sy lippe sluit oor haar een tepel en sy hand oor die ander. Elke vesel in haar smag na sy aanraking. Haar lyf beaam die ritme van syne. Sy kreun onwillekeurig. Die golwe bou in haar op en bereik ’n drempel waar sy geen beheer het nie. Elke spier in haar lyf trek in afwagting saam terwyl sy op die rand van ’n ontploffing in haar vrouwees huiwer.

      Sy mond sluit weer oor hare. Hy soen haar met roekelose hongerte toe sy selfs fermer om hom klem. Die tempo van sy bewegings neem toe en sy sper haar bene wyer. Wil hom dieper in haar inlok. Hy neem haar lyf na hoogtes wat sy nie gedink het moontlik is nie. En toe ontplof die damwal en spoel ekstase in golwe oor haar. Haar lyf ruk onder hom en haar vingers vreet in sy rug toe sy haar lyf stywer teen hom druk.

      “Lukas.” Sy naam is ’n sagte uitroep onder haar asem.

      Hy pen haar vas en dis asof sy naam op haar lippe hom met nuwe krag vorentoe laat stu. Haar oorgawe is so volkome. Sy hande gly teen die binnekant van haar bene af en hy druk hulle byna ongeduldig wyer uitmekaar. Sy laat hom begaan, dis nie nodig vir hom om te vra nie, sy sal alles gee wat hy wil hê. Weer sluit sy lippe oor hare en toe sy tong diep in hare indring, voel sy hoe sy klimaks deur sy spiere ruk. Sy lig haar onderlyf hoër, ontvang hom met al die liefde in haar en laat hom toe om sy passie in haar uit te woed tot hy uiteindelik natgesweet teen haar tot ruste kom.

      Hy lê ’n oomblik so, vleg dan sy vingers deur hare en druk haar hande weerskante van haar kop vas terwyl hy orent kom, nog knus in haar.

      Lank kyk hulle in mekaar se oë. Woordeloos, terwyl die een die ander se gedagtes probeer peil. Sy maak haar hande los en vou dit oor sy rug om hom teë te hou toe hy van haar wil afrol.

      Hy lag sag en beweeg weer teen haar onderlyf sodat ’n sug oor haar lippe ontsnap.

      “Geduld, mooiste meisie,” fluister hy langs haar oor. “Ek is nog lank nie klaar nie.”

      Hy rol van haar af en trek haar teen hom vas. Sy lê gekoester in die hitte van sy lyf, haar vingers weer in syne vervleg.

      Haar lyf pas perfek in die kromming van syne. Woordeloos luister sy na sy asemhaling bokant haar kop. Met genoegdoening nestel sy stywer teen hom. Dan kan drome waar word. Sy is nie skaam oor wat pas tussen hulle gebeur het nie. Sy hoort hier. Wat gebeur het, voel so reg.

      Dis hoe dit moet wees.

      Toe draai sy om in sy arms sodat sy na hom kan kyk. Sy slaan haar een been oor sy lyf. “En om te dink ek het vanmiddag gekom om besigheid te praat.”

      Hy glimlag teen haar lippe. Trek ’n pad met sy vinger langs haar ruggraat af tot by haar stuitjie, en sy giggel.

      “Ons sal nog besigheid praat, Leila Viviers. Later. Vertel my eerder iets omtrent jouself. Ek weet jy is byna sewe en twintig.” Hy piets haar speels op haar boud en dan gly sy hand om na haar binnebeen. “En dat jy werk in Johannesburg soek. Maar dis al. Tot dusver was jy net die begeerlike blouoog wat nooit onvoorbereid klas toe gekom het nie. ’n Paar keer het ek dit oorweeg om na klas met jou te gesels, meer oor jou uit te vind, maar ek het my telkens gekeer. Jy was immers ’n student in my klas en ek ’n dosent met morele verpligtinge.”

      Verras kyk sy na hom. “Jy het my raakgesien?”

      Hy vee oor haar wang, al teen haar keel af en dan volg sy vinger die pad oor haar sleutelbeen. “Watter man sien jou nié raak nie?” Hy lig sy hand en druk sy vingers deur haar hare. Trek haar kop effens agteroor sodat sy in sy oë kan kyk. Haar tone krul van behae toe sy besef wat hy beplan om te doen.

      Hy buig sy kop en sy mond sluit oor haar steeds gevoelige tepel. Sag knibbel hy met sy tande aan

Скачать книгу