City Girl en die swart hings. Marga Jonker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу City Girl en die swart hings - Marga Jonker страница 5

City Girl en die swart hings - Marga Jonker

Скачать книгу

’n vinnige draffie en slaan oor na ’n galop toe hulle die dik sand tref. Nicole kan voel dat Raven nou uithaal en wil jaag tot by Fudge, maar die dik sand breek haar spoed. Toe die merrie se voorpote die harde nat sand tref, versnel sy kragtig.

      Fudge en Liesie is al by die branders. Raven Girl skiet met ’n vaart agterna, nou sonder die weerstand van die droë seesand. Nicole voel hoe sy beheer verloor. Die merrie plettergalop die vlak branders in agter Fudge aan. Die yskoue water spat op teen Raven se nek, teen Nicole se bene en deur haar gesig. Nicole vat haar teuels vinnig vas, laat sak haar hakke en knyp haar knieë vas teen die Wintec-saal. Dankie tog vir die Wintec. Vandat sy vir Shadow het, ry sy met ’n Wintec, so haar sit in die saal voel darem bekend, al is die perd vir haar vreemd.

      Raven reageer gelukkig dadelik op Nicole se hand- en been-instruksies. Sy val terug in ’n beheersde draffie en Nicole ontspan. Die merrie is rats en lewendig, maar sy luister wat jy van haar vra. Sjoe, sy het so amper afgeval!

      Liesie hou Fudge ook in en val langs Raven in. Die twee merries se opwinding bedaar tot ’n stapspoed in die vlak water. Nicole kyk teen die strand af. Die tweeling staan op die sandduine langs die kliphuis en kyk na hulle kant toe. Dan verdwyn die twee op hulle perde om die huis. Het hulle my dopgehou?, wonder Nicole.

      “Is jy orraait? Is sy te lewendig vir jou?” vra Liesie besorg.

      “Nee, sy is fantasties, maar ek het nog nooit op ’n strand perdgery nie en ook nie deur branders galop nie. Ek het die terrein onderskat.”

      “Raven is ’n pragtige perd, maar sy kan vol dinge wees. Jy ry regtig goed!”

      Hulle draf die entjie teen die strand af tot by die skulpiespaadjie wat na die kliphuis lei. Die blougrys skulpe kraak hard onder die merries se hoewe terwyl hulle om die huis van klip en glas beweeg.

      “Wow! Amazing strandhuis! Ek het nie besef hier is ’n vakansiedorp nie.”

      “Hanz se huis is eintlik ’n plaashuis. Hier is nie ’n vakansiedorp naby nie. So ’n paar uur verder teen die kus af kry jy die vakansiedorpie Malgasbaai in die natuurreservaat, maar dit is meer vir visvang en kampeer.”

      Nicole het verwag dat al die plaashuise hier soos tannie Pollie se huisie gaan lyk. Ouma Grace het so geskimp oor hoe outyds die mense van die Weskus is. “Dis die Wilde Weste van Suid-Afrika!” het sy gesê terwyl haar stem sommer so ’n oktaaf klim. “Ek kan nie glo jou ma wil jou daarheen sleep vir die vakansie nie! Mens gaan net soontoe in die blommeseisoen.”

      Liesie en Nicole ry om die huis. Die merries ken die pad. Agter die huis is ’n ry stalle in dieselfde boustyl as die huis. ’n Paar motors staan daar naby geparkeer. Nuuskierige merries met klein vulletjies by hulle loer oor die heinings.

      “Kom ons sit gou ons perde in die stal. Trek net die stiebeuels op en knoop jou teuels sodat dit om haar nek bly. Ons gaan verder ry as ons klaar geëet het.” Liesie klim rats van Fudge af en lei haar merrie by ’n oop stal in. Langsaan is daar vir Raven Girl ook ’n oop stal.

      “O, hier is my ma se motor,” sê Nicole.

      “Ja, sy en die navorser van die Universiteit van Kaapstad gaan hulle werk hier van Hanz se huis af doen,” vertel Liesie opgewonde. “Ek stel ook baie belang in biologie. Ek het eers gedink ek wil medies gaan studeer, maar hierdie projek van tannie Zet en die Kaapse navorser gaan nog maak dat ek my kursus na mariene biologie verander,” vertel Liesie met blink oë.

      “O, interessant,” antwoord Nicole beleef. Liesie is baie gaaf en Nicole sluk haar beplande “whatever”-antwoord. Sy dink nie Liesie sal verstaan dat sy nie eintlik in haar ma se werk belangstel nie. Dit sal seker nie vir haar sin maak dat tannie Zet se dogter niks van biologie hou nie en haar doodgril vir laboratoriums met snaakse reuke en slymerige ontledingsmonsters nie.

      “IT, Rek en EBW is baie meer interessant vir my.”

      “O, jy aard seker dan meer na jou pa en sy familie,” sê Liesie simpatiek.

      “Goed wat rou lyk en stink ruik, freak my nogal uit. Rekenaars is meer my ding.”

      Op laerskool het Nicole se ma haar gereeld saamgeneem na die universiteit se laboratorium toe. Sy wou so graag hê sy moes saam met haar opgewonde raak oor wat jy onder ’n mikroskoop kan sien, maar Nicole het meer daarvan gehou om saam met haar ouma winkels toe te gaan en klere te koop. Dit is glo een van die dinge waaroor Ouma Grace en haar ma vasgesit het: oor die waarde van laboratoriums teenoor dié van winkelsentrums.

      “Haai, as julle nog wil eet, moet julle nou kom!” roep een van die tweeling vanuit ’n oopgeskuifde glasdeur. Nero lê op die stoep en swaai sy stert toe hy haar sien. Dit plof-plof-plof lui op die stoepteëls.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4ReFRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTQ6MTE6MDQgMTU6 MTc6MDgAAAAAAAOgAQADAAAAAQABAACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAWSwAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/ANYNUwxTaxEaxOtr gIwxSDEVtastpa/Ec5tZ9Wl4L3D86t4d2/eqcz/ttC1wi0wxPsV63DcwitjS99dfqXuBlomZH9Wv b/

Скачать книгу