Baas van Babilon. Ena Murray

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Baas van Babilon - Ena Murray страница 5

Baas van Babilon - Ena Murray

Скачать книгу

die botoon probeer voer. Totdat hulle die grenshek van Babilon bereik het, was die emosie van ontnugtering heel op die voorgrond – ontnugtering in hierdie aantreklike, jong man van haar – want die laaste paar skille wat nog voor haar oë was, het die afgelope dae, terwyl hulle voorbereidings getref het om na Babilon te vertrek, eindelik alles afgeval. Sy is gedwing om Deon te sien soos hy is, en hoewel sy haarself oor en oor vertel het dat sy hom tog liefgehad het toe hulle vier maande gelede getroud is, het dit inspanning geverg om met hierdie feit saam te leef.

      Tevergeefs het sy gepleit en gesoebat dat hulle in die stad moet bly en self hul paadjie oopveg. Eindelik, ná baie rusies, moes sy aanvaar dat Deon beslis weier om “een van die werkende klas” te word, soos hy minagtend daarna verwys het. Sy moes aanvaar dat haar man ’n snob van die eerste water is, ’n luiaard en leuenaar en ’n egoïs tot op die been.

      Dit was nie vir haar maklik om hierdie dinge te erken nie, en nog minder om te besef dat sy die res van haar lewe aan so ’n man gebonde is. Want hoewel sy gesê het dat sy nie saamgaan as Deon besluit om na Babilon terug te keer nie, het sy geweet dis ’n leë dreigement. Want Salome is in ’n streng Christelike huis grootgemaak, en daar is sy geleer dat die huwelik ’n heilige instelling is en die huweliksband nie sommer net ontknoop kan word wanneer dit jou pas nie. Salome het ook besef dat sy die enigste moontlike redding vir Deon is. Deon sal altyd ’n sterk vrou nodig hê om op te leun. As sy hom nou in die steek laat, sal hy dalk heeltemal ten gronde gaan.

      Miskien, wanneer hulle eers op Babilon is, sal sy Deon taktvol kan lei om sy verantwoordelikhede te aanvaar, sy erfenis te bewaar en te bewerk, en ’n man te word. So dikwels die afgelope week het sy haar afgevra hoekom dit so gebeur het dat Deon de Ridder oor haar lewenspad moes kom, dat hulle so halsoorkop getrou het? So dikwels het sy gewonder hoekom die liewe Vader nie iets laat gebeur het wat so ’n dwase stap kon verhoed het nie. Maar dan besef sy weer opnuut dat alles met ’n doel gebeur. Miskien het Hy juis vir háár uitgekies om Deon de Ridder se vrou te word omdat hy so ’n vrou nodig het. Ja, miskien is sy werklik Deon se redding, en daarom durf sy nie nou ná vier maande sommer net kop uittrek nie. As sy Deon nou moet verlaat, sal sy die res van haar lewe rondloop met ’n gevoel van mislukking, en haar gewete sal haar gedurig aankla dat sy nie alles ingewerp het om van haar huwelik ’n sukses te maak nie.

      As hulle net nie nodig gehad het om na Babilon te kom nie. Vandat die grenshek van Babilon agter hulle toegegaan het, voer onrus die botoon in haar. Sy het genoeg van Deon gehoor in verband met sy ma en suster, en daardie middag genoeg van sy halfbroer gesien, om te weet dat sy nie welkom op Babilon is nie, dat sy nie maklik met sy mense oor die weg gaan kom nie. As hulle net nie saam met die res van die gesin in een huis moes woon nie … Maar ook dít sal sy moet verduur, want Deon het onomwonde verklaar dat dit ondenkbaar is om in enige ander huis as die herehuis van Babilon te woon. Dis ’n groot gebou, daar is genoeg plek vir almal, en wat meer sê, die enigste ander huis op die plaas is die voorman s’n wat reeds deur ene Hendrik Jansen bewoon word. Salome het maar stilgebly, maar in haar enigheid gewonder of ’n huis ooit groot genoeg kan wees om haar en Deon se halfbroer te huisves én die vrede te bewaar.

      Diep in haar hart erken sy dat dit grotendeels die gedagte aan Calvyn is wat haar so uiters teësinnig maak om Babilon toe te kom. Sy hou nie van die man nie en hy stem haar vreemd onrustig. Van die eerste oomblik dat sy hom gesien het, was sy op die verdediging uit. Daar is ’n vreemde stryd tussen hulle aan die gang, waarom weet sy self nie.

      Maar soos Deon telkens uitgewys het, het hy niks oor hulle te sê nie. Hy mag homself as die baas van Babilon beskou, maar in werklikheid het hy geen mag of gesag oor hulle nie. Solank Deon sy deel van die plaas behou en nie wil verkoop nie, is Deon net soveel baas op Babilon as sy halfbroer.

      En tog weet Salome intuïtief dat Calvyn de Ridder wel die werklike baas van Babilon is, sonder dat ’n geskrewe kontrak dit stipuleer. Hy is net daardie soort man: ’n gebore leier, ’n man met ’n oorheersende en dominerende persoonlikheid, en ’n man wat sy jonger broer heeltemal oorskadu. Baie beslis is daar geen swakheid in Calvyn de Ridder te bespeur nie. Wel deeglik sal hy in staat wees om sy baasskap op Babilon te handhaaf. Binne enkele oomblikke sal sy deel van Babilon wees en dus vanselfsprekend onder sy selftoegeëiende baasskap val.

      Hy het haar tog vooraf gewaarsku: “Een ding moet julle goed verstaan: ek is die baas van Babilon!” Dat hy beslis nie net na die plaas verwys het nie, was baie duidelik tussen die reëls te lees.

      Salome sug saggies en staar somber voor haar uit terwyl die motor die laaste rantjie nader. Die toekoms lyk maar donker. Sy is van kleins af ’n onafhanklike wese, gewoond daaraan om te baklei vir wat sy wil hê en bereik, vir haar oortuigings. Maar van vandag af gee sy haar onafhanklikheid, waarop sy nog altyd heimlik trots was, prys en steek haar voete onder die De Ridders van Babilon se tafel in. En dit gaan nie maklik wees nie, juis ook omdat sy ooglopend nie in die De Ridders se “klas” is nie – soos Deon dit so ontaktvol gestel het. En die De Ridders van Babilon is tog so gesteld op hul “klas”!

      Die sierlike ou Kaaps-Hollandse herehuis verrys voor hulle toe hulle oor die rantjie ry, en ’n oomblik vergeet Salome al haar kommer. Dis ’n skilderagtige tafereel wat voor haar oopvou, en atmosfeer is soos fyn tapisserie daaroor gehang. Die De Ridders kan beslis trots wees op Babilon. Nou eers kan Salome deels verstaan hoekom Calvyn de Ridder so behep met die plaas is.

      Wat sy voor haar sien, besef sy, is nie iets wat in ’n jaar of twee of selfs tien tot stand gekom het nie. ’n Leeftyd se troue arbeid en sorg en toewyding lê hier voor haar. Vir hulle wat dit tot stand gebring het, soos Calvyn, is dit beslis nie net ’n huis en tuin en bome nie, maar iets lewends, iets met ’n siel, iets wat ’n stuk van jouself word.

      Vol verwondering en respek laat sy haar blik oor alles gly. Tot nou het sy sulke plekke nog net as buitestander bewonder met die besef dat sulke aardse weelde nie vir haar en haar sogenaamde stand beskore is nie. Maar skielik, vandag, word sy ook deel daarvan en … daar is geen vreugde in haar hart daaroor nie. Sy pas nie hier in nie. Dit kan nie bedoel wees dat sy deel van Babilon moet word nie. Sy sal ’n vreemdeling hier bly. Babilon en sy mense sal haar nooit aanvaar nie.

      “Wat dink jy van Babilon?” hoor sy Deon langs haar vra, en sy antwoord met eerlike bewondering:

      “Dis pragtig. Ek het nie woorde nie.”

      Deon lag grimmig.

      “Ja, dis mooi … en Calvyn se afgod. Sy hele lewe draai om Babilon.” Hulle kom voor die huis tot stilstand. “Wel, hier is ons.”

      Salome bly roerloos sit. Alles binne-in haar skree dat hulle moet omdraai. Iets waarsku haar dringend dat hierdie plek, so mooi as wat dit is, vir haar net hartseer en verdere ontnugtering inhou. Instinktief weet sy dat daar tussen die spierwit mure van hierdie ou herehuis baie trane op haar wag. Sy draai vinnig met vrees in haar oë na Deon om vir oulaas te soebat, maar Deon het al uitgeklim, is besig om sy halfbroer te groet. Hy stap doelgerig aan voordeur toe, waar twee vroue hul verskyning gemaak het. Nog steeds bly sy sit, nie in staat om die motordeur oop te maak en uit te klim nie. Want dan maak sy ook die deur tot ’n vreemde – en vir haar donker – toekoms oop.

      Dan swaai die deur voor haar oop en sy hoor Calvyn de Ridder sê:

      “Welkom op Babilon, Salome. Kom, klim af.”

      Sy is skaars bewus daarvan dat ’n sterk hand haar ondersteun toe sy eindelik gehoorsaam; dat ’n paar grys oë skerp en ondersoekend op haar bleek gesiggie rus.

      “Kom ons stap nader.” Hierdie keer word sy bewus van die hand onder haar elmboog. Salome aanvaar die gebaar dankbaar, al is dit ook die ondersteuning van die man teenoor wie sy van die eerste oomblik af ’n teësin koester. Want hier voor haar, soos twee engele van veroordeling, staan Deon se ma en suster haar en inwag. Was dit nie vir die trek van die hand onder haar elmboog

Скачать книгу