Die uur van die engel. Karel Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die uur van die engel - Karel Schoeman страница 2

Die uur van die engel - Karel  Schoeman

Скачать книгу

inagneming van die lang tyd wat verloop het, die onbetroubare geheues van die bejaarde oorlewendes, die onvolledige kerkrekords uit die vroeë jare van ons gemeentegeskiedenis in die binneland, en in ’n mate ook die gebrek aan voldoende dokumentasie van enige ander aard, is dit tans ’n bykans onbegonne taak om groter duidelikheid omtrent die figuur van die ontslape broeder D.J. Steenkamp te bekom, alhoewel skrywer hiervan in die loop van sy navorsing meermale doelgerigte pogings in dier voege aangewend het. Deur die vriendelike welwillendheid van ons weleerwaarde ampsbroeder te Colesberg was dit vir ons moontlik om insae in die kerkrekords van sy gemeente te verkry, maar nòg hier nòg in die argiewe van ons eie gemeente kon ons beduidende inligting omtrent hierdie omstrede figuur bekom. Onweerstaanbaar groei die indruk dus by ons aan dat die vrome kerkvaders van die vorige geslag, hoewel verontrus deur die verskynsels rondom broeder Steenkamp, dit in hulle wysheid tog nie raadsaam geag het om die saak verder te voer of dit formeel by die kerklike owerheid aanhangig te maak nie.

      Hierdie verwikkeling kan die nageslag slegs betreur, want ag, hoe graag sou ons nie uit notule of verslae nadere inligting oor hierdie interessante figuur wil bekom nie! Ook het hierdie besluit, hoe verstandig dit op sigself na alle waarskynlikheid ook was, die betreurenswaardige bygevolg gehad dat die gerugte oor Daniël Steenkamp wat onder sy tydgenote in omloop was, by gebrek aan noukeurige ondersoek ook nooit as ongegrond en onverantwoord uitgemaak kon word nie, maar in die volksmond en die volksherinnering bewaar gebly het, en sy nagedagtenis is gevolglik steeds deur ’n vae en onverklaarde sweem van afkeuring omgewe. Dit kan die vrome vaders en moeders uit ons pionierstyd nouliks verkwalik word as hulle verkies om hulle nie oor hierdie onderwerp uit te laat nie, selfs nie in hierdie late stadium en dertig jaar na die oorlyde van die betrokkene nie. Hoe dikwels moes ons nie hierdie verstaanbare dog onberedeneerde kiesheid betreur waar ons dit in die loop van ons ondersoekinge teëkom, en des te meer is hulle onwillig om teenoor ’n dienaar van die Woord ’n uitspraak oor hom te waag. So sterk was die onwilligheid onder ons bejaarde gemeentelede om hulle herinnerings aan Daniël Steenkamp met ons te deel dat ons by geleentheid haas die indruk gekry het dat ’n onderwerp wat destyds binne die grense van die huidige gemeente algemene rugbaarheid geniet het, tans doelbewus verswyg word. Die meeste wat ’n ondervraagde bereid is om toe te gee, is dat “Danie” maar “een snaaksche ouwtje” was, soos hulle dit goedig uitdruk, en dat hy “versjes” gemaak het; maar ook uit die gesigte wat hy volgens sy eie getuienis gesien het en die innige vroomheid van sy geesteslewe wat uit sy nagelate geskrifte spreek, kon ons geen verdere inligting bekom nie.

      Hoe bedroewend is dit nie dat hierdie valse skroomvalligheid ons verhoed om nadere kennis van die verlede in te win en vir die nageslag op te teken nie! Hoe vinnig is die lede van hierdie pioniersgeslag nie besig om uit ons midde te verdwyn nie, en saam met hulle verdwyn ’n haas onvervangbare bron van inligting vir ons kennis aangaande die stigtingsjare van ons Kerk in die Oranje-Vrystaat en die Godgewyde manne wat vir die verbreiding van Gods ryk in hierdie onbeskaafde geweste verantwoordelik was en wie se gedagtenis ons gaarne na behore in ere sou wil hou. Ook die naam van Daniël Steenkamp sou ons voorlopig graag onder dié van die stigters en vroeë kerkvaders in die Transgariep wil plaas, en waar ons openlik toegee dat hy tydens sy eie leeftyd in bepaalde opsigte ’n omstrede figuur skyn te gewees het, en dat daar ook vandag nog sekere twyfels of voorbehoude omtrent hom skyn te bestaan, wil ons tewens daarop wys dat dit by die betragting van die vorige geslagte nodig is om toelatings te maak vir die moeilike omstandighede waarin die Christelike gemeenskappe hulle hier in die afsondering moes handhaaf te midde van Basters, Griekwas en Boesmans, en die vaak oordrewe waaksaamheid en gestrengheid waarmee die plaaslike ampsbekleërs moes optree ten einde die suiwerheid van die leer en die soewereiniteit van die kerklike gesag te handhaaf. Laat ons ons egter nie blind staar aan gerugte waarvoor daar geen bevestiging gevind kon word en nie aan ongestaafde oorlewerings ’n alte groot gelowigheid verleen nie. Die verspreide geskrifte van die hand van die ontslape broeder waarin ons deur die welwillendheid van sy naasbestaandes bevoorreg was om insae te hê, getuig weliswaar van geen uitsonderlike geletterdheid nie, en is dikwels in die vorm van psalmagtige berymings aangebied wat helaas afbreuk doen aan hulle suiwerheid, maar desondanks, hoe gebrekkig hul uiterlike vorm by geleentheid ook mag wees, hoe suiwer is die gedagtes daarin uitgedruk nie op sigself nie, hoe opreg die strewe na vroomheid en diensbaarheid in algehele oorgawe aan die almagtige Skepper, hoe roerend die uitbeelding van die skrywer se innige Godsbelewing! Hoe diepbedroewend is dit nie dat daar nie ’n groter aantal soortgelyke geskrifte uit die voorgeslag vir ons bewaar gebly het nie, waarin die oorwegings, gebede en versugtings uit ’n kerk- en gemeentelose tyd vasgelê is tot stigting en lering, tot moontlike beskaming en hopelike navolging van ’n nageslag wat oneindig meer bevoordeel is.

      As evangeliedienaar van die gemeente waarin Daniël Steenkamp oorlede is en begrawe lê, is skrywer hiervan bewus van die heel besondere verpligting wat op hom rus om sy nagedagtenis in ere te herstel en wyer bekendheid aan sy uitsonderlike getuienis as Christengelowige te verleen. Nog het hy die vertroue nie prysgegee dat dit deur volgehoue vlyt moontlik sal wees om meer aangaande die lewe en werke van hierdie eiesoortige dog oortuigde self-opgeleide Christen te kan vasstel, en selfs wil hy die stoute hoop koester dat verdere onvermoede geskrifte van die hand van die ontslapene nog aan die lig gebring sal word. So hoop ons byvoorbeeld om by geleentheid van ’n buitediens die graf van die digter te kan opspoor op die afgeleë plaas in hierdie distrik waar hy oorlede is, wat na bewering in ’n verwaarloosde toestand verkeer, en slegs onlangs het dit ons ter ore gekom dat sy laaste oorlewende suster tans op hoë leeftyd in die distrik Hopetown woonagtig is, sodat, indien die nodige tyd vir die lang reis opsy gesit kan word, dit selfs nog moontlik sou kan wees om nadere inligting by hierdie vrome ou moeder te bekom.

      Tot sover Gottlob Deodatus Heyns, V.D.M., agter sy lessenaar in die studeerkamer van die pastorie met die inkkoker langs hom en die Nederlandse woordeboek gerieflik byderhand, gestewel en gespoor vir sy uitstappie in die letterkunde. Dog dis sover soos wat hy ooit gekom het met die vrome, godgewyde broeder. Wat het die man ook verwag sal die armsalige ou ooms en tannies hom oor Mal Danie Steenkamp vertel waar hulle skoon verbouereerd hier in die heiligdom ingesleep is om ondervra te word of waar hy hulle in hul voorhuise bydam met huisbesoek, Bybel onder die arm? Ja, hy het so ’n bietjie rondgekrap in die kerkboeke en wie weet waar nog; wie weet wat hy nie dalk alles in die hande gekry het en weer vernietig het omdat dit nie onder die godsalige kudde in sy kerklike kraam pas nie? Ja seker, oorwegings, gebede en versugtings, die’t hy goed genoeg geken as hy dit die dag onder oë kry, maar van die digkuns het die vrome leraar nie die flouste benul gehad nie.

      Hy’t met een van die ryk Minnaars van Kalkoenkrans getrou, en die ontsag wat hy nie self deur sy amp kon inboesem nie, daarvoor het sy skoonfamilie gesorg met hul geld; ou oom George Minnaar was nie ’n man wat met hom laat sukkel het nie. O, hy’t daar in die pastorie soos ’n heer gelewe, met al sy literêre bedoeninkies om hom besig te hou, en vir hom was dit maklik genoeg om in sy studeerkamer te sit en die hulp van sy weleerwaarde medebroeders in die naburige gemeentes in te roep en die ou ooms en tannies op te kommandeer om ondervra te word. Nee wat, so kos dit geen moeite om vir ’n groot navorser en selfs ’n skrywer aangesien te word deur mense wat nie probeer om ’n bietjie skerper te kyk nie. Het Theodorus Amadeus Heyns hom egter ooit ingespan om uit te kom by die graf van die digter “op die afgeleë plaas in hierdie distrik waar hy oorlede is”, wiegend op die vere en die kussings van die herderlike perdekar na Witlaagte? En hoe ver sou die pastorie se perde ooit op die pad Hopetown toe gekom het? Nee wat, agter die lessenaar is dit nou eenmaal geriefliker, en vir die skryfwerk hoef mens nie eers jou baadjie uit te trek nie. Wie was dit wat toe die dag heelent uitgery het Witlaagte toe en ’n halwe dag daar rondgesoek het met Faans Engelbrecht en Kosie Landman en die skaapwagter; wie het vir die skaapwagter beduie waar om te grawe en self in sy hempsmoue onder die bosgasie ingekruip en die kopsteen uiteindelik gevind? Daar is ’n kiekie van my by die graf wat Kosie geneem het nadat die skaapwagter so ’n bietjie daar rond skoongemaak het, net was hy te haastig en sy hande het effens gebewe, dis nie maklik om uit te maak wat dit voorstel nie, maar daar staan ek langs die hoop klippe op Witlaagte tussen die doringbome in die kloof. Die steen met die grafskrif het ons teruggebring dorp toe op ’n lorrie om te bewaar, en dié bewaar ek hier in my studeerkamer as bewys vir geval iemand sou wil twyfel. Dit was nie Theophrastus Bombastus Heyns

Скачать книгу