My redder, my beminde. Malene Breytenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу My redder, my beminde - Malene Breytenbach страница 5

My redder, my beminde - Malene Breytenbach

Скачать книгу

op ’n geplaveide pad tussen ’n laning hoë eikebome deur. Agter die bome strek groen velde waar Adela perde en selfs ’n paar wollerige wit skape sien wei. ’n Enorme grys klipgebou wat soos ’n landelike paleis lyk, steek hier en daar tussen die bome uit. Op die dakke is skoorstene afgeëts.

      “Dit lyk soos ’n stel vir ’n soort Downton Abbey-verhaal,” merk sy verwonderd op. “Of ’n landgoed in Jane Austen se verhale. Dit lyk sowaar nie na ’n kliniek nie.”

      “Nee, dis seker waarom dit so duur is,” sê Milly. “Dit kos glo ’n fortuin om hierheen te kom. Dit is vir seker nie vir die armes bedoel nie.”

      En dokter James Beresford het aangebied dat sy verniet behandel kan word, dink Adela, opnuut verbaas dat so iets moontlik kan wees. Watter soort man is hy werklik? Besonder goedhartig? Doen hy dit uit medemenslikheid en miskien skuldgevoel? Hy was vriendelik dog formeel.

      Hy het nie op haar gereageer soos mans gewoonlik op haar reageer nie. Daar het nie openlike bewondering uit sy oë gestraal nie en hy het nie ligweg met haar geflankeer nie. Maar hoekom sou hy ook terwyl sy in so ’n patetiese toestand is? Hy is ook so aantreklik dat hy gewoond aan vroue se aandag moet wees. Dan is hy boonop ’n plastiese chirurg met ’n imposante landgoed.

      Sy belangstelling in haar is bloot as pasiënt. Hy sien haar soos ’n motorwerktuigkundige ’n stukkende motor sien – as iets wat herstel moet word.

      Sy wonder egter heeltyd oor hom. Probeer, maar kry hom net nie uit haar gedagtes nie. Nou gaan haar nuuskierigheid uiteindelik bevredig word.

      Die aansig van die paleisagtige gebou herinner so sterk aan Mister Darcy se huis in Pride and Prejudice dat Adela verwonderd deur die venster daarna staar. Hier is egter borde wat aandui dat die hoofgebou die administrasiegebou is en dat vleuels die kliniek en velsorgeenheid onderskeidelik huisves. Daar staan ook verskeie voertuie in ’n parkeerterrein, waaronder ’n splinternuwe ambulans. Mense beweeg in en uit. ’n Kennisgewing dui aan: Reception. ’n Ander een met ’n pyl dui aan: Deliveries.

      Daar is ’n oploop vir rolstoele langs die breë trappe aangebring. Van naby kan sy nou sien dat Rigby nie ’n familie-herehuis is nie, maar eerder ’n hospitaal.

      Een van Milly se assistente stoot Adela by die oploop op, tot op ’n stoep en deur die enorme voordeure wat na die ontvangstoonbank lei.

      Hulle gaan ’n saal met ’n hoë gewelf binne.

      Voor hulle is ’n enorme toonbank waaragter twee mans en twee vroue in spierwit uniforms werk. Op die toonbank is rekenaars en telefone. Die groot ruimte is helder verlig. Wel, die toebehore is beslis van die modernste, dink Adela, al skep die plek die indruk van ’n antieke paleis. Sy kyk na enorme landskaptonele in goue rame wat aan die mure hang. Dit is beslis ’n fusie tussen die oue en die nuwe.

      Hier gaan sy veilig voel en ontspan.

      Terwyl Milly deur die prosedure gaan om haar ingeboek te kry, sien sy dat mense haar diskreet dophou. Hulle staar nie openlik soos in die hospitaal in Oxford nie. Seker gewoond aan beroemde en berugte mense.

      ’n Besonder aantreklike blonde vrou in haar dertigs, met ’n lang, slanke figuur in ’n wit uniform, kom om die toonbank na Adela en skud haar hand. “Welcome, Miss Morgan, I’m Cindy Smith, manager of Reception. Ek hoop jy sal jou verblyf by ons vrugbaar en aangenaam vind.”

      Adela herken die mooi gesig van die pamflet wat sy gesien het. Dié vrou versorg haarself beslis. Koppe sal draai wanneer sy in die straat af stap. Haar verwelkoming is saaklik vriendelik, soos by ’n hotel. Die blou oë lyk vreemd waaksaam.

      Adela glimlag op na haar. “Ek voel werklik bevoorreg om hierheen te kan kom.”

      “Heelwat bekende mense kom hierheen, en daarom waarborg ons diskresie en privaatheid,” sê Cindy Smith.

      “Dankie, dokter Beresford het gesê julle doen dit. Ek wil asseblief voorlopig geen besoekers, afgesien van my agent, sien nie.”

      “Sodra jy gereed is om besoekers te ontvang, kan jy ons net in kennis stel. Voorlopig is jy heeltemal privaat en anoniem.”

      “Dankie, dis goed so.” Sy is steeds wrewelig oor Gary Manning se roekeloosheid en die gevolge daarvan. Vir hom wil sy allermins sien. Mits hy dit ooit sou oorweeg om te kom kuier . . .

      Nadat al die administrasie afgehandel is, stoot ’n jong man in ’n blou uniform Adela se rolstoel deur die enorme portaal, terwyl Milly saamtrippel. Cindy Smith loop vooruit. Adela kyk na haar geronde heupe en goed gevormde kuite bokant plat wit skoene. Al die personeellede dra blykbaar wit, buiten die wagte en ordonnanse. Dit skep ’n skoon en professionele indruk.

      Elke keer wanneer iemand by hulle verbykom, groet die persoon met ’n knik en skaars talmende blik.

      Hulle is werklik diskreet hier by Rigby.

      Daar is natuurlik ’n moderne hyser. Cindy Smith druk die knoppie. “Jy is op die tweede verdieping van die linkervleuel, juffrou Morgan,” sê sy. “Daar is vyf suites op jou verdieping. Gelukkig kon ons een vir jou beskikbaar stel. Ons is besig en bykans honderd persent beset. Ons maak jou eers gemaklik in jou suite voordat dokter Beresford jou spreek.”

      In die hyser kyk sy met ’n glimlag na Milly wat haar eie handsak en Adela s’n dra. “Sodra jy tevrede is dat alles vir juffrou Morgan reg is, kan jy weer gaan, juffrou Stewart. Oor ’n uur sal ’n verpleegster haar na dokter Beresford toe neem.”

      “Reg so,” sê Milly. “Ek kan seker enige tyd kom kuier? Ek moet juffrou Morgan se sake reël. Die lewe gaan aan, al bevind sy haar hier.”

      “Nee, jy kan net sekere ure kom,” sê Cindy Smith beslis. “Stel by ontvangs vas presies wanneer. Ek is seker dit sal genoeg wees om al die nodige sake met juffrou Morgan te reël. Ons laat nie strome besoekers toe nie. Ons probeer ’n rustige atmosfeer hier skep.”

      Adela en Milly wissel ’n blik.

      Die hyser kom met ’n suiggeluid tot stilstand en hulle gaan uit in ’n lang gang. Adela is bewus van ’n rooi tapyt, skilderye aan die mure en van die stilte. Niemand anders beweeg in die gang nie. Die ordonnans stoot die rolstoel tot by die deur naaste aan die hyser. Cindy Smith maak dit oop. Adela is verheug oor die luukse van die suite in wit en ligblou. Daar is ’n hospitaalbed, stoele en tafels, kaste en selfs ’n veelkleurige bos blomme op ’n koffietafel. Nog ’n deur lei waarskynlik na die badkamer.

      Pragtig is die plek wel, maar dit is steeds onmiskenbaar hospitaalakkommodasie.

      “Jy sal sien dit is rolstoelvriendelik en oral is relings waaraan jy kan vashou, veral in die badkamer,” sê Cindy Smith. “Hier is ook verskeie knoppies wat jy net kan druk om ’n verpleegster te ontbied. Dis nie nodig dat jy enigiets sonder hulp doen nie.”

      Sy wys vir Adela waar die knoppies en relings binne en buite die spierwit badkamer is. Selfs die handdoeke is wit. Daar is ’n stort groot genoeg vir vier mense.

      “Gosh, this is fantastic,” sê Milly. “Hulle het aan alles gedink. Dis onmoontlik om nié hier gemaklik te wees nie.”

      Ek voel soos ’n parapleeg, dink Adela wrang. Sy kan nie wag om weer te loop en haar linkerhand te kan gebruik nie. Die hulpeloosheid en afhanklikheid van ander maak haar gek.

      Cindy Smith druk die rooi knoppie langs die bed.

      Byna

Скачать книгу