Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 1

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

tion>

      

      Die

      ewigheid

      in my

      hart

      ’n Gebed vir elke dag uit die Psalms

      Barend Vos

      Lux Verbi

      Voorwoord

      Ek het grootgeword in ’n huis waar daar huisgodsdiens gehou is – met Pa wat graag uit die Bybelse psalms gelees het.

      Later jare, as predikant op die Noord-Kaapse platteland, het ek opgemerk hoe gemeentemense se Bybels so ’n bruingevatte strook aan die voorkant het, daar in die middel rond. By die Psalmboek.

      Wat maak die Psalms sulke geliefde leesgoed?

      Ek dink dit is die menslikheid daarvan. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van ’n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hul diepe hartseer; hul worstelinge, onbegrip, hul moedeloosheid. Sóveel van hul geskiedenis.

      En, uiteraard, hulle God en die rol wat Hy in hul lewe en die lewe van hul voorouers gespeel het. Dit is immers aan Hom wat die vrae gevra word; dit is Hy wat hul klaagliedere moet aanhoor. En Hy is die Een aan wie hulle die lof bring.

      Al hierdie sake raak, millennia later, steeds die Bybelleser se hart. Die konteks verskil aansienlik en die destydse kultuur is soms bitter vreemd – maar sal daar ooit opgehou vra word na God se teenwoordigheid, en na sy rol in ons en ons mense se lewe? Wie sal Hom nie aan sy beloftes wil herinner nie, en by wie sal ons ons teenstanders gaan verkla? En wanneer sal die laaste “halleluja!” verstom?

      Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se psalmboek gebid. Dit verklap sekerlik heelwat van die bidder en die manier waarop hy die Psalms lees. Maar dalk bring dit ook iewers, vir iemand, ’n skerfie lig. En ’n duideliker blik op die Eerste Adres vir ons hedendaagse vrae, ons knaende kleingeloof, ons hardnekkige twyfel – en die genadige sekerhede. En vir ál ons lof, dank en aanbidding.

      BAREND VOS

      14 September 2015

Januarie

      Lees Psalm 1 | 1 Januarie

      Vir hierdie nuwe jaar

      Here, seën my in hierdie jaar wat voor my lê!

      Seën my met die vreugde wat ek in u Woord sal vind.

      Seën my met die begeerte en die vermoë om dit dag

      en nag te oordink, sodat ek die uitdagings wat elke dag

      op my wag, en die vrese en onsekerhede wat die nag bring,

      in u geselskap kan aanpak.

      Seën my met die vermoë om te onderskei,

      sodat ek my nie op twyfelagtige raad sal verlaat nie.

      Pla my met u seën, ja, hinder my, maak my ongemaklik,

      sodat ek ál meer ontuis sal voel in die byeenkoms

      van die spotters. Dat ek sal opstaan, my sal verskoon,

      dat ek desnoods omdraai en ’n ander koers inslaan.

      Seën my met die krag wat net van U kan kom,

      met die vermoë om steeds te groei, te ontwikkel.

      Sodat die vrugte wat ek op die regte tyd sal dra,

      tot voordeel, tot genot, van ander en myself sal wees.

      En tot eer van U, die Gewer van alle goeie gawes.

      Ag, Here, en as ek mag vra … seën asseblief ook hulle

      wat in die byeenkoms van die spotters bly sit het.

      Hul ligsinnigheid oor die waarheid sal hulle duur te staan kom.

      Hulle het gekies om deel van dié bedenklike geselskap te bly.

      Hulle besef nie wat die uiteinde van hierdie keuse is nie.

      Hulle weet nie wat hulle doen nie.

      Ek is nie beter as hulle nie, Here.

      Daarom bid ek vir hulle:

      Red hulle van hulleself,

      soos U my gered het.

      En neem ons aan die hand,

      elke tree van die pad,

      hierdie nuwe jaar tegemoet.

      Lees Psalm 2 | 2 Januarie

      Koning van die konings

      Here, U ken konings! Hulle hou hulle groot

      en gebruik woorde wat by hierdie waan pas.

      Ja, regeerders raas en blaas en skop stof op

      om hul teenstanders te intimideer en só

      hul troon te bestendig. Hulle reken hulle sal

      vir altyd regeer en hul naam sal tot in alle

      ewigheid voortleef. Hul volgelinge is die

      ene bewondering, hul vyande effens bewerig.

      En U lag hulle uit.

      Dit sal die heersers straks loon om ’n bietjie meer

      beskeie te wees en hul grandiose planne ligweg

      te temper. Ag, hulle kan sekerlik maar hul lawwe

      speletjies met mekaar speel, of hoe, Here? En hul

      grootman-maniertjies potsierlik aan die wêreld wys.

      Hul medaljes dra, hul trone versier, die vergulde

      swaard probeer optel, toesprake met weidse gebaar

      aflees, korrupsie regverdig, ’n groot maag wegsteek.

      U lag hulle uit.

      U planne vir dié wêreld en vir u kinders hier

      is vergete reeds gemaak; in u boek is alles

      lánkal opgeskrywe. U werp ’n skadu oor die

      slinkse planne en trek ’n streep in die sand.

      U keer die bose by u grense voor en dek die

      agterhoede wanneer u kinders sukkelend wal

      gooi.

Скачать книгу