Zip!. Nataniël

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Zip! - Nataniël страница 7

Zip! - Nataniël

Скачать книгу

      Jy gooi daai kar van jou vol petrol, ek gee elke sent terug, sê Ouma, Dan loop laai jy jou niggies op. Ek laat stik vir julle jurke, julle sal veilig wees, en dan kom help julle my. Elmo is ook hier, hy moet sien hoe sy pa sy eie spoor mistrap.

      Saterdag ry ek en my niggies Wellington toe. Op pad swembad toe is daar vlaggies langs die strate en mense met sonbrille drink ystermengsels uit botteltjies met tuite. Voor die swem­bad hang ’n banier wat sê FEMALE BODY BUILDING FINALS, BOLAND & WESTERN CAPE. In die parkeerterrein klim Oom Krisjan uit sy Maserati met niks aan behalwe ’n rooi speedo. Ons weet nie waar om te kyk nie, hy lyk soos ’n bol deeg wat iemand wou afbind vir twee brode.

      Ouma loer agter ’n boom uit.

      Ek gaan blind word, skree sy, Kom net vinnig.

      Agter die boom het sy ’n laken gespan en Tannie Welma, haar maer vriendin wat al van Verwoerd se dood af loop met ’n suikerdrup, staan en wag agter ’n berg materiaal.

      Trek aan, sê Ouma, Die Israeliete is honger, ons moet hulle loop weglok.

      Tannie Welma gee vir elkeen ’n jurk. Dis gemaak uit ou gor­dyne en elkeen is groter as ’n bergklimtent. Ons lyk soos kamer­meisies uit die vorige eeu.

      Ons kan nie dit dra nie, sê ek.

      Nou dan vat jy die bobotiespaan en jy grawe my graf net hier, sê Ouma, Ek het klaar die grond sag gehuil.

      Ek en die niggies kyk vir mekaar en trek aan. Ouma hang ’n buisie seep en ’n lappie om elkeen se nek.

      ’n Mens kom nie sonder seep by soveel water nie, sê sy.

      Agter die laken uit verskyn Elmo. Sy kop is geskeer want hy’s ’n fietskampioen. Hy’t klaar ’n rok aan. Hy lyk soos ’n spanspek wat gaan trou.

      Elkeen vat ’n skinkbord, sê Ouma, As jy ’n Israeliet sien, stap jy voor hom in en sê, R5,00. As hy nie wil betaal nie, dan gee jy dit verniet. Jy hou hulle net weg van Krisjan en die Ketting. Ek wil nog een keer deur hierdie dorp kan stap voor die Skepper my kom haal.

      Wat het Oom Krisjan aan? vra my een niggie.

      Dis ’n Satanspleister, sê Ouma, Swaai weg jou oë. ’n Man is ver­lore op vyftig. Hy word mal want hy besef hy’t sy besluite te vroeg geneem. Toe hy nog niks geweet het nie. Nou weet hy nog minder, maar hy voel slim. Hy neuk nou in enige rigting, hy wil voor begin. So ’n man gee jy drank tot hy slap is en dan steek jy hom weg. Maar jou oom het weggekom en loop koors kry by ’n ketting met spiere. Loop red ons familie.

      Toe begin musiek speel en ons weet die kompetisie gaan be­gin. Ons loop swembad toe. Langs die swembad, in ’n ry, in baie klein bikini’s, staan Ketting en nog nege ander vrouens met manslywe.

      Waar’s hulle tiete? vra Elmo.

      Weggeoefen, sê een niggie.

      Vir elke knop verloor jy nog tiet, sê die ander niggie.

      Ek gaan opgooi, sê Elmo.

      Vrouens word ook ouer en mal, sê die niggie.

      Hoeveel vir ’n paai? vra ’n Israeliet.

      Dis verniet, sê ek.

      Binne ’n paar sekondes is my skinkbord leeg. Ek verkyk my aan die tien vrouens. Nekke soos boomkappers, skouers soos sol­date, bene soos bandiete, induik-boude soos roeiers, kuite soos kangaroes. Hulle glimlag met tandartstande en bult hulle spiere, blink ge-olie soos ribbes op ’n braai.

      Ek kan nie onthou wie’t gewen nie. Ek het net vir Ouma vas­gehou terwyl Oom Krisjan en die Ketting kar toe geloop het.

      Hy was ’n pragtige baba, het Ouma gesê, Wat het die wêreld met hom aangevang?

      Toe alles verby is en daar niemand meer was nie, het ek en die niggies teruggeloop swembad toe. In ons rokke. Ons het in­gespring. Ons kon nie swem nie en ons kon nie sink nie. Ons het gedryf soos hartseer ballonne ná ’n verskriklike partytjie. Ons het nie gepraat nie, ons het agteroor gedryf en dié met hare het hulle s’n nat laat word, ek het ’n klein bietjie gepiepie.

      Ons het geweet ons sou eendag hieroor praat, maar nie nou nie, vir nou het dit net gevoel soos reën.

      (uit die Factory-verhoogproduksie, 2013)

      HONDJIE

      Een van die eerste reekse wat ooit op Suid-Afrikaanse televisie gewys is, was ’n oorgeklankte reeks uit Duitsland. Dit het ge­handel oor die mense wat deel was van ’n sirkus, die hoofrolle was die trapeze-kunstenaars, Die Vlieënde Trocaderos. Ons het in Langenhovenstraat gewoon en ons bure was die heel eerste mense in die buurt met ’n televisie. Saterdagaande het hulle stoepkamer gelyk soos ’n dwelmkommune, want daar was omtrent sestig mense op hulle mat.

      Ek was op hoërskool en tot op daai stadium ’n baie gehoor­same tiener sonder buie of behoeftes. Totdat die sirkus­program verskyn het. My lewe het begin draai om Saterdagaande, ek kon nie wag om voor daai televisie te sit nie. Dit was nie die ver­haal wat my geboei het nie, maar die feit dat die Trocaderos die hele tyd tights aangehad het. Nie net as hulle in die tent rondswaai nie, maar ook in hulle karavane, as hulle eet, of gesels of baklei. Die hele televisie was net vol liggaamsdele. So ook my gedagtes, elke dag, heeldag. En snags my drome.

      Ek het begin opstandig raak. Ek kon met niemand regkom nie, ek het met alles fout gevind. My ouers was gedaan, maar ek wou niks weet nie. Ek wou net Duitsland toe, ek soek tights. En liggaamsdele.

      Daardie tyd het my pa los werkies gedoen naweke want hy was mal oor handwerk. Hy was gedurig besig om iemand te help met sweis of meubels afskuur of enjins regmaak. Op ’n dag hoor ek hy sê vir my ma sy moet asseblief nie daaroor praat nie, maar hy moet die Swede gaan help om ’n groter bed te sweis vir die ouma, sy woon by hulle maar kan nie meer regkom op ’n gewone bed nie, siestog die mense sukkel al klaar om aan­vaar te word, niemand weet eens hulle werk by die sirkus in Goodwood nie.

      Ek val amper flou. Ek strompel duiselig kombuis toe, al wat ek kan sien is Swede in tights. Ek het nooit geweet hulle is by die sirkus nie.

      Meneer en Mevrou Swakkerboel was ’n Sweedse egpaar wat net ’n blok van die Suidkerk gebly het, maar niemand het met hulle gepraat nie, want hulle het nie kerk toe gekom nie. Nie­mand het daaraan gedink dat hulle nie ’n woord sou verstaan nie. Hulle het drie kinders gehad wat nie skool toe gegaan het nie. Twee seuns, Afdak en Kagon, en ’n dogter, Sweedkol. (’n Mens spel dit met ’n d.)

      Sweedkol was baie lank en kon haar liggaam in enige rigting buig. Partykeer het sy heeltemal slap oor hulle heining gehang, dan het motors by tuine in of in mekaar vasgery. Niemand het geweet dit gaan oor die sirkus nie. Afdak en Kagon was net ouer as ek, maar het baie groot arms gehad, partykeer terwyl die kerkdiens aan was, het hulle van die motors kom oplig, dan het die koster kom skree hulle steel weer parte. Niemand het geweet dit gaan oor die sirkus nie.

      Ek vra toe my pa of ek kan saamry as hy die bed gaan sweis. My pa skrik so groot dat ek in iets anders as televisie belangstel dat hy my eers dokter toe vat en toe ry ons na die Swede. Swede is baie geheimsinnige mense, behalwe vir Ursula Andress, Björn Borg en Ryk Neethling weet ek

Скачать книгу