Marlene en die macho man. Anita du Preez

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Marlene en die macho man - Anita du Preez страница 3

Marlene en die macho man - Anita du Preez

Скачать книгу

die dagpersoneel minute later begin opdaag en haastig, bibberend hul nat jasse gaan ophang voordat hulle vir oggendparade kom aantree, voel dit vir Marlene asof almal deur dik stroop beweeg. Maar toe sy die spul voor haar gadeslaan en omtrent die helfte van hulle uniforms onvolledig verklaar en haar bloed voel kook toe die een konstabeltjie onnodig lank vat om sy wapenlisensie te presenteer, weet Marlene dis tyd vir haar om rus te kry. Luitenant-kolonel Burger is bekend daarvoor dat daar nie met haar geneuk moet word nie en haar reputasie dat sy harde manne kan laat huil, is wyd bekend, maar openlik onregverdig en onnodig mislik is sy darem nooit. Uiteindelik kan sy haar skof afsluit, haar nagpersoneel groet en die leisels oorgee. Sy gaan maak vinnig ’n draai by die selle, maar al wat sigbaar is van die paar aangehoudenes is slapende bondels onder die grys komberse.

      “Bye-bye, Big Boss!” roep Zondwa met wydgerekte ogies oor haar skouer nadat sy ’n blou lêer met kamtig oordrewe versigtigheid voor Marlene op die lessenaar kom neersit het. Toe bons sy die trappe af na haar goudgeel Mini Cooper wat haar pa vir haar gekoop het in ’n poging om haar te oortuig dat sy eintlik sy prinses is, nie ’n polisievrou nie.

      “Dankie, Lloyd,” sê Marlene vir sersant Lloyd, wat soos altyd eers seker maak alles by die toonbank is netjies reggesit vir sy opvolger voor hy ook loop.

      “Dit kan ’n moeilike oggend word, kaptein Mulder,” sê Marlene fronsend vir die man wat agter haar lessenaar ingeskuif het. Mulder lig sy wenkbroue en skouers.

      “Ek is terdeë bewus van al die implikasies, kolonel.”

      “Die ondersteuners van die vier gearresteerdes mag dalk nog ’n sterker aanslag op die kantoor beplan,” voeg Marlene by. “Ná die klagtes van saakbeskadiging móés ons hulle arresteer, maar hulle aanhangers sien hulle nou as martelaars.” Sy sug. “Ek verstaan dat baie studente geldelik swaarkry en daarom teen klasgelde protesteer, maar ’n kriminele rekord gaan nie hulle lewe makliker maak nie.”

      Mulder lig sy hand effens afkeurend. “Jy’s reg, kolonel. Ons kan maar net ons werk doen. Onskuldige mense se eiendom is in die proses beskadig.”

      Marlene huiwer. “Miskien moet ek liewer nog …”

      Mulder rig hom op tot sy volle indrukwekkende lengte agter haar lessenaar. “Met respek, kolonel, as ek u nie beter geken het nie, sou ek kon dink dat u besig is om my vermoëns in twyfel te trek?”

      Marlene besef dat sy te ver gaan. Kaptein Mulder het tog al baie waargeneem as sy van diens af is. Wat is dit met haar? “Flippen control freak!” is wat Steven haar toegesnou het. “Jy moet tog asseblief eendag self by jou verdomde begrafnis wees, hoor? Want niemand anders sal dit kan reg doen nie.”

      “Natuurlik nie, kaptein Mulder,” sê sy, “jy is meer as bevoeg. Dis net … buitengewone omstandighede.”

      Mulder gaan sit weer stadig. “Ek verstaan dit, kolonel, maar u is al meer as dertig uur onononderbroke aan diens. Niemand behoort so lank in bevel te bly nie. Weereens, met respek gesê, kolonel, u moet tog een of ander tyd rus kry.”

      Marlene dwing ’n moeë glimlag uit.

      “Buitendien lyk dit vir my daar wag iemand vir u, kolonel?” Daar huiwer ’n klein glimlaggie om Mulder se mond toe die geluier van die Harley se enjin buite hoorbaar word.

      “Nou ja, kaptein,” knik Marlene, skielik ekstra formeel, “kophou en voorspoed vir vandag.”

      Toe vat sy haar goedjies bymekaar, kry haar baadjie van die haak in die hoek van haar kantoor en stap die trappies af, verby die twee ewig wagtende bergies na waar Tom wag.

      2

      Tom laat luier die Harley skuins voor Lyra’s. Dis nog nie oop nie, beduie hy vir Marlene wat agterop sit en swaai dan die fiets behendig in die hoofstraat af. Net na die Baxterteater vat hy die afrit links op en gee vet oor De Waalpad. Soos altyd, weet Marlene sommer wat in sy kop aangaan. Arnolds in Kloofstraat bedien ’n spotgoedkoop ontbyt as jy voor sewe bestel. Sy het die swartbordjie met hierdie aanbod opgemerk toe sy en Tom laas daar gaan koffie drink het. Sy druk haar kop teen Tom se skouer, maak haarself oudergewoonte klein agter sy breë rug en gooi haar lyf dig teen syne om die draaie. Sy asem hom in. Sy ruik sy leerbaadjie, die bekende Tom-reuk van sy vel en die vars sitrusgeur van sy sjampoe en sy ontspan. Tom weet wat hy doen. Dalk is die rit net wat sy nodig het.

      Dis onnatuurlik sonnig toe hulle in Kloofstraat voor Arnolds stop en ’n tafeltjie buite kry. Dis die Kaap: drie seisoene in een dag, dink Marlene toe sy haar baadjie uittrek. Dit gaan nie by haar verby dat elke vroumens in die plek asem ophou toe Tom van sy leerbaadjie ontslae raak nie. Selfs die bloedjong kelnerin se oë bly dwaal oor Tom se skouers en bruingebrande biseps in die swart kortmou-T-hemp terwyl sy die bestelling neem. Marlene neem hulle nie kwalik nie. Die mansmens ís ’n fees. Sy verkyk haar stilletjies aan sy voorarms op die tafel. Sy moet op haar hande sit om te keer dat sy oor die effense are en die sigbare speling van spiere onder die soepel vel streel. Net sodat hulle kan weet hy’s saam met háár. Onregverdig! Verdomde skepsel lyk nou selfs sexier as toe hulle studente was. Veral met die donker baardskaduwee wat deurslaan op sy wange en die vegie grys aan sy slape. Hoe moet ’n vrou dit dan nou hou? Serves you right, Marlene, sê die stemmetjie in haar kop, jy wou mos die man rondneuk daai tyd, geglo hy sal in die pad staan van jou kamtige planne en ideale. En nou?

      “En nou?” vra Tom, “as jy my nou so sit en kyk?”

      Ek soek jou lyf, Tom Lourens, pop die ongeoorloofde gedagte ongevraagd by haar op en sy grawe dadelik wanhopig na haar sonbril in haar skouersak. Hy sal hom seker lam skrik as hy dit moet weet. Of dalk nie?

      “Net ingedagte.” Sy sit haar sonbril op en vat ’n versigtige slukkie van die cappuccino wat die kelnerin kom neersit het.

      “Jy wroeg te veel,” sê Tom en leun oor om die roomsnorretjie op haar bolip met sy wysvinger af te vee terwyl hy praat. “En jy werk hopeloos te veel.” Sy blou oë is sonder skroom toe hy die vinger onverstoord in sy eie mond druk en stadig aflek. “Jy sal moet briek aandraai, Babe, jy gaan dit nie hou nie.”

      Nee, ek gaan nie, dink Marlene en sy sluk effens verbouereerd aan die speeksel wat in haar mond opdam. Gelukkig verskyn die kelnerin met hulle ontbyt en leun vrypostig oor om die borde neer te sit. Skielik is Marlene rasend honger.

      “Ek kom stort gou by jou plek,” roep Tom toe hy Marlene by haar voertuig voor die aanklagkantoor aflaai, want op pad terug oor De Waalrylaan het ’n onverwagse harde reënbui hulle onkant betrap. Toe sy in die Nissan klim, is sy sopnat en sy ry reguit huis toe.

      In haar kamer stroop Marlene haar klam klere van haar lyf af en draai haarself toe in haar sagte wit kamerjas terwyl Tom stort. Sy gaan maak solank vir hulle tee.

      “Jou beurt,” sê Tom skielik agter haar. En toe sy omkyk, het hy net ’n handdoek om sy onderlyf. Marlene verstik effens aan ’n sluk tee. Alles is skielik vreeslik huislik en intiem. En dit laat haar effens benoud voel.

      “Waar’s jou klere?”

      Hy hou die klam bondel na haar uit en skuur by haar verby na die tuimeldroër terwyl hy oorleun om sy tee met die ander hand aan te vat. Hy ruik na seep en sy moet ernstig daarop konsentreer om die naglappie van Naas se hokkie af te haal.

      “Hy raak baie vies as ek hom so laat oopmaak,” verduidelik sy.

      “Hmm,” sê Tom en vroetel met sterk vingers aan die droër se knoppies. Toe dit saggies begin dreun, kom hy dig langs haar regop en teug diep aan sy tee. Sy blou oë glinster geamuseerd oor die stomende

Скачать книгу