Heldin uit die vreemde. Rykie van Reenen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Heldin uit die vreemde - Rykie van Reenen страница 6

Heldin uit die vreemde - Rykie van Reenen

Скачать книгу

vir my duidelik,” skryf sy, “vóór die korrupte toestand in die dorp nie in ’n mate opgeruim, die kroeë beperk en die dorpsbestuur saamgestel word uit eerlike manne nie, kan daar nie veel hier gedoen word nie, en sal die kerke so leeg bly staan as wat hulle vandag staan.”

      Sy gaan ’n Cornishman wat maagkoors het in die dorpshospitaaltjie opsoek, en kom af op ’n haglike toestand. Die dokter, wat eintlik ’n tandarts is, is skoonveld. Daar’s net die ou Sweedse handlanger. Dié lê en slaap, ná die vorige nag se fuifparty so uit soos ’n kers, op een van die beddens in die onderste saal. Een man, ook ’n Sweed, wie se been in ’n mynongeluk vergruis is, sê sy bed is ’n ronde maand laas opgemaak. Hy kan nie staan nie, hy moet hom so half sleep na die wasplek treë ver van sy bed af. In die boonste saal lê ses maagkoors-gevalle op ’n ry: ’n Noor, ’n Skotse Kanadees, ’n Sweed, ’n Fin, ’n Oostenryker en ’n Switserse Duitser. Hul klere en hul beddegoed is deurnat van die koorssweet, die dronk ou verpleër was die hele dag nooit naby hulle nie.

      Emily doen vir hulle wat sy kan, droog hul kussingslope uit, trek die lakens reg. En dan . . . gaan staan sy en sy sing vir hulle. Vir elkeen, sover sy kan, in sy eie taal. Die Switserse Duitser straal as sy afsluit met ’n Duitse lied van Mendelssohn.

      ’n Engel uit die hemel, dink hulle, is hierdie pragtige blonde vrou met die sagte hande en die silwer stem! En baie gou is dit in Virginia duidelik: Miss Emily kan dit tussen die wildste klomp skobbejakke inwaag, g’n vinger sal ooit teen haar opgelig word nie. Ander mense loop almal met rewolwers.

      Sy bly ook nie net op die dorp nie. Sy en Mary loop myle ver die bos in. “Juffrou, u kan nie daar in nie,” waarsku manne wat sy op die rand teenkom. Maar sy druk deur, “having by this time learnt,” skryf sy vir Maud, “that what is impossible to an American is not to an Englishwoman.” Daar’s hy!

      Sy besoek ’n kamp van vyftig manne wat heelwinter daar diep in die bos werk, tot die lente toe. As sy voor so ’n gehoor staan, sit hulle volkome vasgenael en drink elke woord in. “Ek kon ure lank gepraat het as ek wou,” sê Emily. En dan sing hulle saam. Of sy sing vir hulle. En waar sy kan, laat sy hulle die matigheidsgelofte aflê en die beloftebrief teken.

      Laataand, ná so ’n besoek, verdwaal sy en Mary nog in die bos. As die maan opkom, strompel hulle aan, soms kniediep deur moerasse, soms tot by hul kuite in die yskoue poele water, of hulle loop balanseer-balanseer oor boomstompe oor wilde bergstrome . . .

      Veral die Finne van die geweste is op Emily se hand. Kort na haar aankoms in Virginia het sy ’n aandskool begin om vir hulle Engels te leer, waarsonder hulle in hierdie nuwe land verskriklik sukkel. Hierna, as sy ’n matigheidsvergadering hou, dwing hulle net om vir haar met hul blaasorkes te kom speel. Die liewe Finne! skryf Emily vir Maud, “fancy 25 Finns playing brass instruments all out of tune! They wanted to play six times for me, but I assured them we would not think of troubling them for more than three selections!”

      Maar ’n jaar later loop die paadjie op Virginia vir haar dood. Mary Scourey gaan vort na haar verloofde. Sy sit heeltemal sonder hulp of aanspraak. Hoofsaak kom nog: daar was ’n geskil tussen die ysterertsmyne en die smeltoond-maatskappy. ’n Dooiepunt word bereik. Die groot myne sluit, die gemeenskap begin wegsmelt.

      Dit was vir haar swaar om van Virginia weg te gaan, skrywe Emily. Om 7.30 het die blaasorkes gekom en heelpad straat af en op met die heuwel tot by die stasie vir haar gespeel, en al voor haar treinvenstertjie tot die trein uiteindelik getrek het. Effens van die noot af, miskien, maar bewoë was Virginia se vaarwel aan haar!

      Emily is deur na bekendes in Ohio.

      In hierdie stadium in haar lewe kom haar verlowing. Ons weet vandag nie eens aan wie presies dit was, of hoe sy aan hom gekom het nie. ’n Sakeman, klink hy, van Chicago, met verbintenisse waarskynlik in Mexiko. ’n Keer, of miskien selfs twee, het hy saam met haar haar familie in Engeland besoek. Wie was hy? “Og, vergeet hom,” sê Emily se neef Oliver Hobhouse, Leonard se seun. “Dit was ’n fout gewees.”

      Maar daar staan hy saam met Leonard, sy vrou, Nora, en Emily op ’n verbleikte foto’tjie van daardie dae – by Leonard-hulle in Oxford geneem.

      Hand in die jassak, met ’n breërandhoed en ’n weglê-snor staan hy so skuins agter Emily op die foto. Háár oë kyk ver bokant die kameraman se kop verby, half hemelwaarts, lyk dit. O liewe, dink ’n mens as jy die kiekie sien, ek weet nie van ’n huwelik tussen dié twee nie.

      Maar ’n mens kan jou natuurlik misgis, en die saak tussen hulle vorder tog so ver dat sy – hy kon blykbaar nie wegkom nie – alleen af Mexiko toe is om reëlings te tref vir die begin van hul huwelikslewe daar. Sy koop selfs ’n ranch en laat bou self ’n huis – £80, baie geld vir daardie dae, kos dit, en dit het, tot die verstomming van die eenvoudige boeremense daar rond, selfs ’n plánkvloer en vensters met ruite!

      Dit klink of die kêrel met die snor mej. Hobhouse taamlik ingeloop het met geld. Maar oral waar ’n mens na hom soek, is sy spoor, asof doelbewus, doodgevee – soos sy hom blykbaar ook uit haar herinneringe uitgewis het.

      In 1897, twee jaar nadat sy uit St. Ive weg is, kom sy vir ’n ruk na Engeland terug. Haar Uncle Arthur en Aunt Mary se huis is wyd oop vir haar. Die volgende jaar is sy egter weer deur Mexiko toe, dié keer met ’n niggie vir geselskap. In die Manchester Guardian, die blad waarop haar broer Leonard werk, skryf sy ’n paar lewendige artikels oor hierdie Mexiko-besoeke, wat wys watter eersteklas waarnemer aan die woord is, en die lewendige gemoed wat in alles om haar belangstel. Maar as sy daarvandaan terugkom, is ’n hoofstuk finaal afgesluit. Die verlowing is vir goed oor die muur.

      Aunt Mary-hulle wil hê sy moet by hulle kom bly, maar Emily voel sy moet maar haar eie pad vind. Hartseer, en arm ook ná die Mexiko-avontuur, trek sy in by Rosetta Mansions, in Chelsea, die Londense buurt aan die Teems.

      Dis 1899.

      Dié jaar sal die gordyn oopgaan op die toneel van die Anglo-Boereoorlog. Tot in dié stadium het Emily nog skaars ooit ’n oomblik oor Suid-Afrika gedink of haar hoegenaamd oor dié ver land en sy moeilikhede moeg gemaak.

      Tog is dit of haar lewe haar tot hiertoe op ’n vreemde manier spesiaal voorberei het vir die werk wat daar op haar in Suid-Afrika wag.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RIoRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNjowNjoy MyAxNDo1MDowNAAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BK

Скачать книгу