Hans steek die Rubicon oor. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hans steek die Rubicon oor - Rudie van Rensburg страница 9

Hans steek die Rubicon oor - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

lag so luid dat hy die musiek op die transistortjie uitdoof.

      “Jy moet dit by ons konsert opvoer!” gil Baby.

      Iemand hamer teen die deur. “Sagter!”

      “Ag, sjarrap, jy!” skree Baby.

      Vasie lag nog harder.

      Hans grinnik tevrede. Die koekies doen hulle almal goed. Vasie se oë kyk al amper reguit en Baby hakkel nie meer nie.

      En hy’s besig om hom gate uit te geniet hier in Madies.

      8

      Hans maak sy oë op skrefies oop. Die vroeë oggendsonnetjie skyn reg in sy gesig. Hy het gisteraand vergeet om die gordyne toe te trek.

      Waar hy langs sy bed op die vloer lê, lig hy sy kop effens en beskou die kamer. Baby se loopraam lê op die sy gekantel en Vasie se stoel lê op sy rug. Die twee koffiebekers lê in die hoek; een se oor is af. Dis toe Vasie die beker na die deur ge­slinger het toe die soveelste mens hulle gemaan het om op te hou lawaai, onthou Hans.

      Kreunend kom hy halfpad orent. Sy lyf is seer van die vloerslapery.

      Baby saag nog balke. Sy lê die bed in sy lengte én breedte vol, haar rok hoog opgetrek. Hy wonder of hy dit nie minstens tot oor haar knieë moet aftrek nie. Skud dan sy kop. Netnou word sy wakker en dink hy wil woelig raak. Hy’t juis in die nag sy hemp uitgepluk en iewers heen gegooi omdat hy warm gekry het. Met ’n kaal bolyf gaan sy régtig dink hy’t skurwe gedagtes.

      Hy glimlag toe hy aan die vorige aand dink. Was dit nou ’n lekker partytjie! Hy kan nie onthou dat hy in sy hele lewe al so lekker gelag het nie. Vasie is vrek snaaks, en veral sy naboot­sing van matrone Van Dussen as sy kwaad is, het Hans en Baby krom gehad van die lag.

      Hulle het eers hier teen middernag besluit om te slaap. Eintlik was dit net hy en Vasie, want Baby het lankal uitgepaas, boude op die stoel, bolyf oor die loopraam gedrapeer. Vasie het haar probeer wakker maak, maar sy’t net harder gesnork. Al uitweg was om haar na die bed te sleep-dra, wat groot inspanning geverg het. Toe het hulle nog vir ’n halfuur gespook om haar op die bed te kry. Dit later maar in paaiemente gedoen. Eers die bolyf en arms en toe die onderlyf en bene.

      Die probleem was dat Hans nie in Baby se bed kon gaan slaap nie. Haar kamer is in die kappiekommando se gang, het Vasie gesê, en mans word nie daar toegelaat nie weens die klein diktator se aandklokreël.

      Hans het gesê hy sal sommer in die stoel slaap, ’n kuns wat hy vervolmaak het by talle vergaderings in die korporatiewe omgewing. Maar Vasie se stoel is nie gebou vir slaap nie. Te regop. Hy het die ding later omgestamp uit skone frustrasie, sy winterjas op die vloer oopgesprei en die volgepropte wasgoedsak vir ’n kopkussing gebruik.

      Hy kom steun-steun op sy voete en kyk rond vir sy hemp. Glimlag toe hy sien dit hang oor die bed se kopstuk, bokant Baby se gesig. Dié is nog salig in die arms van Morfeus, die nou reëlmatige snorkies die enigste aanduiding dat sy lewe. Hy merk dat haar rok se knope voor by die borste effens oopgetrek het. ’n Pikswart bra loer uit.

      Dan hoor hy harde voetstappe in die gang aankom. So asof iemand met mening stap.

      Die deur swaai oop.

      Matrone Van Dussen gluur hom aan. Haar hande is in haar sye geplant, soos Carla altyd staan as die moerigheid haar oorval het. Hy het nog nooit só ’n diep keep op só ’n klein voorkoppie gesien nie.

      Haar handperdjie, soos Baby hom noem, staan op aandag agter haar, sy oë stokstyf in sy kop. Dit lyk of ’n albaster in sy keel vassteek. Net sy baardjie bewe liggies.

      “Goeiemôre, goeiemôre,” groet Hans gemoedelik.

      Boerbok se adamsappel wip soos hy sluk. Die albaster wil nie af nie, dink Hans.

      Matrone Van Dussen sis soos ’n kobra wat wil spoeg. “Wat gaan hier aan?!” Haar stemmetjie slaan die hoë noot wat Vasie gisteraand so kostelik nageboots het.

      “Nie veel nie,” sê Hans.

      “Nie veel nie!” Sy punt haar kloutjie na Baby. “Hier lê ’n amper ontklede vrou op jou bed, jy is halfpad kaal, jou klere hang oor die kopstuk … en jy sê nie véél nie?”

      Baby snork harder.

      Die matrone se oë flits oor die kamer. “Kyk net hoe lyk dit hier. ’n Varkhok!”

      Boerbok trek liggies aan haar mou en beduie na die wasbak. Sy gesig is bleek van skok.

      Dis asof haar vinger in ’n kragpunt beland toe sy die Viagra-houer sien, want sy begin skud en bewe soos ’n hondsdol dier. Vir ’n oomblik vrees Hans dat sy op die rand van ’n ineenstorting staan.

      “Hier was ’n orgie!” skree sy ten hemele.

      Sy draai haar sidderend na Boerbok. “My informant sê Vasie Knoetze was ook heelnag hier. Hulle twee moes arme Baby …”

      “Daar het niks …” begin Hans.

      “Jy beter stilbly!” Sy swaai haar vinger wild voor sy neus. “Als wat jy nou sê, kan in ’n hof teen jou gebruik word. Dis ’n kriminele oortreding om ’n vrou teen haar wil te … te …”

      “Te laat slaap?” vra Hans.

      Sy trek haar lippies styf. “Moenie jou kom slim hou nie, omie. Ek het gister al gesien jy’s ’n regte moeilikheidmaker en boonop ’n ou korrelkop.” Sy wys na Baby. “Maar selfs ék het nie gedink jy’s in staat om só laag te daal nie. En om dan nog vir Vasie ook by jou vieslikhede te betrek!”

      Sy draai haar rug op hom. “Esmeraldus, eerstens visenteer jy hierdie kamer vir drank. Lê beslag daarop, want dit kan as bewysstukke dien.”

      Sy beduie na die Viagra-houer. “Vat ook daai goed. En dan roep jy die personeel om Baby in haar kamer te kry. Gebruik ’n rolstoel. Sodra sy uit die verdowing bykom, wil ek haar in my kantoor hê vir ’n verklaring. Ek sal reël dat die polisie ook bysit.”

      Op pad uit steek sy vas en gluur na Hans. Toe sy weer praat, snork Baby so luid dat sy haar stem aansienlik moet verhef.

      “En jy, omie, gaan was vir jou in die badkamer. Ek wil nie hê jy moet hier rondhang en hofbewyse manipuleer en kontamineer nie. Esmeraldus sal jou laat weet wanneer jy weer in jou kamer toegelaat word. En ek wil jou en Vasie later in my kantoor sien. Glo my, jou kinders gaan nóú van jou skandalige gedrag hoor.”

      Hulle is gelukkig iewers in die lug, dink Hans. Albei se vlugte het vanoggend vroeg vertrek.

      Toe sy uit is, stap hy na die wasbak, trek die handdoek van die reling af, haal sy seep en skeergoed uit die kassie en tel die Viagra-houer op.

      “My oompie … kan nie … daai pilletjies …” stotter Boerbok terwyl hy sy bril hoër op sy neusbrug druk.

      Hans gee twee treë tot teen hom. “Luister hier, Esmerasmus …”

      “Esmeraldus.”

      “Watewwer jou naampie is. Jy sê nie vir hierdie oompie wat hy moet doen of veral nié moet doen nie. Daarvoor is jy nog hopeloos te nat

Скачать книгу