Vlug na Santorini. Malene Breytenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vlug na Santorini - Malene Breytenbach страница 4

Vlug na Santorini - Malene Breytenbach

Скачать книгу

arme tjommie, maar toemaar, nou’s jy veilig,” troos Connie.

      Barry en die polisiebeampte stap die huis binne, gevolg deur Connie en Erika. Connie hou haar arm om Erika se bewende lyf.

      “Hier is niemand,” sê die polisieman. “Die booswig moes gevlug het.”

      Erika sou vir die woord “booswig” gelag het as sy nie so ontsteld was nie. “Ek het hom met die lamp geslaan en gedink hy is lights out.”

      Barry kyk fronsend na die oop stoepdeur. “Wel, hy het bygekom en gevlug.”

      “Ek sal buite gaan kyk of ek iemand kan sien,” sê die polisiebeampte. “Hoe lyk hy?”

      “Lank en skraal, bruin hare, stukkende denims, blou trui,” sê Erika.

      Connie laat haar op ’n stoel sit. “Ontspan.” Sy kyk bekommerd na Erika. “Het hy jou … seergemaak?”

      “Net gesleep en neergegooi, maar hy het niks reggekry nie.”

      “Dankie tog. So ’n duiwel!”

      Barry kom staan voor Erika. “Nou organiseer ons daardie interdik. As die polisie hom kry, en hulle sal tien teen een, kla ons hom van aanranding aan.”

      Erika sit met haar gesig in haar hande. “Dis so ’n vernedering,” sê sy gedemp. “Maar hy moet gestraf word, anders doen hy dit weer.”

      “Ons wil nie hê hy moet volgende keer slaag nie, wil ons?” sê Barry streng. “Ons vat hom vas.”

      Erika dink aan haar pa. Hoe veilig hy haar lewe gemaak het. Sy verlang na hom, na haar ma. Sy dink aan Santorini. Verlang meteens sommer na haar tannie Helena ook, en haar neef en niggie. Na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel.

      Die polisiebeampte kom by die stoepdeur in. “Ek kry hom nie, maar ons sal aanhou soek. Ons weet hoe sy kar lyk, meneer Maree het ons vertel.”

      Connie kom sit langs Erika en vat haar hand. “As ek jy is, gaan ek ’n rukkie weg, tjommie. Neem verlof en gaan kuier op Santorini. Huur die huis uit deur Airbnb of so iets. Jy kan maklik sestien duisend rand per dag kry vir dié plek.”

      Erika kikker op. “Ja, dis nét wat ek moet doen: by my familie gaan kuier wat my kort-kort nooi en na wie ek verlang.”

      Connie glimlag. “Daar in Santorini sal jy veilig wees. Ek sal my sake hier organiseer en so gou moontlik by jou aansluit.”

      “Goeie plan,” stem Barry saam.

      3

      Erika het Athene toe gevlieg en van daar vlieg sy per Airbus na Santorini se internasionale lughawe. Die vliegtuig na die eiland is vol vakansiegangers – vrolik, vlugvoos, sommige kekkelend soos ’n klomp hoenders. Uit die lug sien sy met ’n ruk van haar hart die ongelooflike blou Egeïese See en die kurwe van die eiland onder haar. Landarms vou om die caldera. Spierwit passasierskepe dryf soos spikkels op die blou water. Die wit geboue van die ingerygde dorpies sit soos ’n kors op die bruin hoogtes vasgeplak. Sy is so opgewonde om weer hier te wees. Dit voel amper soos ’n soort tuiskoms.

      Sy het haar reëlings in Kaapstad vinnig afgehandel en voel bevry. Nadat sy vir hom die redes uitgespel het, het haar baas ingestem dat sy twee maande lank van die werk mag weg wees. Sy sal egter vir ’n maand onbetaalde verlof moet neem. Haar Clifton-huis word verhuur en sy kry ’n goeie inkomste daaruit. Haar motor sal by Connie se huis staan en Connie sal nou en dan daarmee ry.

      Erika sien geweldig uit na die vakansie. Haar tannie Helena was verheug toe sy haar laat weet het sy kom kuier, en het belowe om haar by die lughawe te kom haal.

      Sy het haar probeer netjies maak na die vlug, maar weet sy lyk verkreukel en vlugvoos in haar denims, blou bloes en tekkies. ’n Mens lyk so as jy ver in ekonomiese klas gevlieg het, dink sy meewarig. Sy kon besigheidsklas gevlieg het, maar dit is ’n onnodige uitgawe. Sy kan daardie ekstra geld beter gebruik.

      Die vliegtuig land en die passasiers tou uit. Toe Erika by die deur uit is en met die trappe afloop tot op die teerblad, voel sy die somerson op die aarde neerbak. Sy sien ’n privaat straler daar naby staan wat lyk soos die vliegtuie waarmee vername mense in die flieks vlieg. Dit is spierwit, met die naam Atlantis in groot donkerblou letters op die romp geverf. Drie mense klim by die trappe af, waarvan een ’n besonder lang man is. Hy dra ’n netjiese ligte linnepak in die hitte en met sy lenige lyf, breë skouers en blink donker hare wek hy die indruk van ’n aantreklike man, al kan Erika nie sy gesig mooi uitmaak nie. Hy lyk vir haar na ’n besoekende filmster, maar hy dra ’n aktetas. Waarskynlik een of ander ryk sakeman. Een van die sogenaamde Griekse magnate?

      Sy is gefassineer en wens sy kan hom goed bekyk, maar voor hom loop ’n fris man wat soos ’n lyfwag lyk. Haar skouersak gly af en val op die grond. Die inhoud spat uit. Vies en verleë hurk sy om alles op te tel en in haar sak terug te prop.

      Sy loop vinnig na die lughawegebou. Haar tannie wag seker al vir haar.

      “Juffrou! Juffrou!” klink ’n stem skielik hard agter haar op.

      Roep iemand háár? Sy draai om. Die fris man wat voor die aantreklike man geloop het, kom vinnig na haar aangeloop met iets in sy hand. “Jou paspoort, juffrou.”

      Hemel, dit moes op die grond agtergebly het nadat sy haar goed opgetel het. Amper was sy in ’n groot penarie.

      “Baie dankie,” sê sy glimlaggend en neem dit by hom. Hy glimlag breed vir haar, sy oë vol openlike bewondering. In haar gehawende toestand voel sy nogal gevlei.

      Die ander mans kom ook oor die aanloopbaan aangestap. Nou kan sy die mooi man in die ligte linnepak duidelik sien. Sy is oombliklik so betower dat sy in haar spore vassteek en na hom staar. Hy knik vir haar en sy kom tot verhaal. Hemel, wat moet hy – hulle almal – dink as sy hom so staan en aangaap? Sy maak mos ’n gek van haarself. Hulle is nou naby mekaar en sy sien dat hy ’n sterk gesig met donker oë het.

      “Toeriste moenie hulle paspoorte verloor nie,” spot hy. “Daarsonder sal jy nie ver kom nie.”

      Sy Engels is goed, maar daar is ’n effense aksent. “Ek belowe dat ek dit nie weer sal doen nie,” spot sy terug, draai om en stap vinnig aan na die lughawegebou. Sy kom agter haar hart bons soos ’n verliefde tiener s’n. Wat gaan met haar aan? Kyk hoe oorreageer sy. Tog, dit is seker die mooiste man wat sy nog in lewende lywe gesien het, en hy straal manlikheid uit. Wie sou hy wees? Watse sakeonderneming of lugredery is Atlantis?

      Sy kry haar bagasie en loop met haar trollie deur tot in die aankomssaal. Kyk rond of sy weer die mooi man sien, maar hy en sy lyfwagte is nêrens. ’n Lang, aantreklike middeljarige vrou in ’n geblomde rok wuif vir haar. Sy herken haar tannie Helena en loop haar tegemoet.

      “Welkom, my liewe kind!” roep haar tannie uit en omhels haar. “Dis so lekker dat jy vir ons kom kuier.”

      Erika voel sommer geborge. “Dis heerlik om hier te wees. Dankie dat tannie my kom haal het.” So spring sy die los gemaal vry van massas mense wat met openbare vervoer na hulle bestemmings moet ry.

      Haar tannie beskou haar ondersoekend. “Jy het darem sowaar mooi geword, Erika. Jy lyk op ’n druppel water soos jou oorlede ma, behalwe dat jy blou oë en blonde hare het. Dit het jy van die Moody’s gekry. Ek het altyd gedink jy gaan lank en skraal wees, soos ek en jou pa. Kom, jy is seker

Скачать книгу