Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). André le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux страница 6

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux

Скачать книгу

haar kop seer. Hoekom glo sy nie die wetenskaplikes wat sê die liefde is helend vir ’n hoofpyn nie?

      “Toe, jou kop sal beter voel, dis wetenskaplik bewys.”

      “Hoe sal daardie wetenskaplikes weet hoe seer mý kop is? Lê soontoe.”

      Lê soontoe? Sy kon netsowel prontuit nee gesê het, en nou lê jy daar afgehaal en nie oorgehaal nie. Kortgeknip. Ingekrimp. Al jou koerasie skielik sonder koers.

      Sy dra buitendien vreemde pajamas – met simpel bewoordings soos I don’t do mornings. Dit betrap jou elke keer been voor paaltjie. Of los, oorgroot grys sweetpakke vol wolletjies (“wat tog so gemaklik sit”). Dit lyk asof sy in ’n tent met bene rondbeweeg. Sweetpakke moet ver­kieslik styf sit en sag voel, onthou dit.

      En broekiekouse, van nylon of nie, veral as dit so hoog optrek dat dit haar naeltjie toemaak. (“Vroue weet mos nou al pantyhose sit nooit ‘reg’ nie, hoekom dra julle nog die goed?”) Die goue reël is: Enige sodanige onderklere wat jou naeltjie bedek, is te groot. Dit laat ’n man klein voel.

      Lang beenhare en skurwe hakskene is darem nie so sleg nie, jy kan daarby verbyvat. Dit irriteer haar lank voordat dit jou afsit. (Onthou net om onder jou arms ook te skeer, nè?)

      En dankie tog dis somer. In die winter is dit die laag-op-laag-voorkoms, ’n mode waarmee jy geen probleem het nie – behalwe in die bed. Dit word ’n versperring en ’n verskansing, wat haar reg rondom onbereikbaar maak. Dit stomp jou af.

      Daarby (selfgebreide) bedsokkies en ’n warmwatersak. Jy kan maak wat jy wil, skop gaan jy teen daardie warmwatersak skop, een of ander tyd.

      “Pasop vir die warmwatersak, netnou skop jy dit van die bed af!”

      Dis jy of die warmwatersak, waarsku jy, dan dink sy so­waar twee keer voor sy, spytig, die warmwatersak verwyder.

      “Ek’s so moeg,” sê sy moeg.

      Dan volg die dodelikste, dawerendste passiedoder in vandag se gejaagde lewe wanneer jy vra: “Hallo? Hallo? Het jy aan die slááp geraak?” (En hoekom het die kat Engels gepraat?)

      Dodelike passiedoders (vir haar)

      Jy staan in die deur en maak ’n beweging. Jou sokkies gly op die vloer, maar jy behou jou balans. Baie behendig, dit lyk of jy so pas van êrens uit die lug geland het.

      “Wat probeer jy doen?” vra sy. Jy’t ook jou onderbroek aan, maar niks meer nie.

      “Ek skep ’n bietjie atmosfeer,” sê jy, en ’n ou deuntjie spring rats in jou kop. “In the mood”, Glenn Miller, 1939. Hoor hoe klim daardie saxofoon teen die bed se style op, so vinnig soos jou polsslag. Dis mos nou atmosfeer!

      (Wie dink hy is hy? dink sy. Superman in ’n onderbroek met sokkies?)

      “Dit werk nie,” sê sy droog en lees verder.

      O?

      As daardie onderbroek per ongeluk ’n klein gaatjie in het, kan jy netsowel op die bank gaan slaap. Dis nogals ’n nasionale probleem, want stukkende onderbroeke haal telkens die nuus sodra ’n bekende persoon in ’n onkantposisie betrap word. ’n Onderbroek moet verkieslik Calvin Klein wees, en vanselfsprekend heel, anders glip al haar passie deur daardie gaatjie.

      Weg.

      Al wat jy kan doen, is om in jou lies te krap – pure baldadigheid – daar waar dit jeuk. Dis weliswaar so: Mans krap waar dit jeuk, vrouens gewoonlik waar dit nié jeuk nie.

      Jy kom ’n treetjie nader. Jou Crocs het jy netnou al uit­getrek, want jy weet dis vir haar net so sieldodend soos sokkies.

      “Jy kom nie by die kamer in met daardie goed aan nie.” Of daardie tyre-tekkies met Velcro-strêps. Sy wil ook nie vaskyk in ’n ou, uitgerekte T-hemp met ’n bier-­advertensie voorop nie. Vir haar is daardie T-hemp nie eens meer goed genoeg as jy die gras sny nie.

      “Sal dit help as ek teen jou rug lê?” vra jy.

      “Trek al daai goed eers uit. Én jou sokkies!” Dan hou sy haar knee highs en (selfgebreide) sokkies aan, “want jy weet my voete kry makliker koud as joune”.

      Sy druk haar voete teen joune. Is dit beenhare wat jy voel? As beenhare en skurwe hakskene jou dalk afsit, dink aan jou eie lang toonnaels. Sy’s bang jy trap gate in die lakens.

      En jou voete moet natuurlik vars wees, nes jou asem. Jy weet mos nou, Meneer, te veel biere en jy raak simpel. Jy mag nie na bier, brandewyn of bokram ruik nie, na sal­peter of renosterhoring. Dit verander haar in ’n ysblokkie.

      Te veel Mum for Men is ook uit, dit laat haar neus krie­wel. Jy kan netsowel TV gaan kyk.

      Maar nie in die slaapkamer nie! Dink vir jouself: Jy sit met die afstandbeheerder in jou hand en sy met niks. Dan verander ’n vrou self van kanaal – een met baie sneeu. Al wat jy hoor, is ’n ontevrede gesuis.

      Jy glip eers ietsie romanties Afrikaans in die CD-­speler – verskeie kunstenaars – en die musiek spoel bo-oor julle albei met strelende vingers, Glenn Miller vir eers vergete. Dan, skielik, blêr dit: “Delarey! Delarey!” Dit kon erger gewees het: “Ou ryperd, ons ryyy die pad tesame…”

      Dis glad nie volhoubare musiek nie en bring haar polsslag af na nul. Daar lui die telefoon ook nog.

      “Dis seker weer jou ma,” sê sy. “Sy bel altyd op on­geleë tye om te hoor hoe dit met haar seun gaan. Kyk sy nog goed na jou, my kind?” Nou voel jy soos Mamma-­se-seuntjie. (Dit kon mos netsowel háár ma gewees het wat bel.)

      ’n Groot passiedoder vir vroue – waarvan min mans weet – is die een waar die man vra of hy maar kan nader skuif, nog nader, nog nader… daar’s hy! Jy sou dink dis goeie maniere om darem eers te vra – onthou net, om te vra is nie voorspel nie – maar vir haar is dit onromanties. En “Hoezit?” of “Hoelykkit?” is bloot onsensitief.

      Want as jy moet vra, beteken dit jy is nie “in voeling” met haar of haar vroulikheid nie.

      Daarom help sy jou reg met: “Moenie vra nie, voel net!”

      Moderne agterryer

      Ongelukkig is daar nie ’n behoorlike Afrikaanse woord vir back-seat driver nie. In haar geval is dit iets soos ’n moderne agterryer, wat voor sit.

      “Ry!” sê sy. “Daai ou moet stop.”

      Dis immers soos vroue in motors redeneer. Die vraag: Maar gáán daardie ou stop? kom nooit by hulle op nie.

      “Dan is dit tog duidelik sy skuld as hy in ons vasry,” is haar verweer. Die antwoord: Ja, dan is dit sy skuld as ons met gipsbene in die lug lê, kom ook nooit by hulle op nie.

      “Pasop daai vragmotor!” Die ding is so groot soos… wel… ’n vragmotor, jy kan hom nie miskyk nie, dan sê sy: “O, ek’t gedink dalk sien jy hom nie.”

      Jy’t hom gesien soos jy parkeerplek in die stad sien. Drie oop plekke, dan sê sy vat die agterste een dan kan jy makliker weer uitkom. In ’n mall ondergronds sê sy vat die een naaste aan die ingang,

Скачать книгу