Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). André le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux страница 7

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - André le Roux

Скачать книгу

(Vragmotor van voor!)

      Een of ander tyd sal jy vra: “Wie bestuur, ek of jy?” Sy gee jou nie eens ’n antwoord nie. “Sal ek stilhou, dan bestuur jy?”

      Jy gee nie om dat sy bestuur nie, maar dit lei tot sy eie onsekerhede en senuwees. Want sy kyk soms links terwyl sy regs draai. Wie se skuld sal dit dan wees? wonder jy. Maar sy herinner jou daaraan dat sy laas in Februarie 2000 ’n ongeluk gemaak het toe sy (per ongeluk) in ’n paal ­– en ’n ander ou se 4x4 – vas-gereverse het.

      Sy bestuur asof elke ander motoris in haar pad is, en hulle is gewoonlik. Eenkeer het selfs ’n minibus-taxi gestop dat sy eers kon verbykom.

      Nes vir minibus-taxi’s beteken ’n oranje verkeerslig vir haar daar’s nog oorgenoeg tyd om gou oor te ry – as jy net vet gee. As iemand vir haar toet, sê sy die mense ry onbeskof.

      “Ek onthou spesifiek ek het oor die oranje lig gery, maar toe slaan dit gouer oor na rooi as wat ek gedink het. Toe stop ek, want ek wou terugry tot agter die wit streep, maar toe begin karre uit alle rigtings vir my toet (onbeskof).”

      Streng gesproke was die verkeerskaartjie dus nie haar skuld nie.

      As dit jy is wat bestuur, sal sy sê: “Toe, die lig is groen, moenie sit en slaap nie.” Jy’t nie gesit en slaap nie, ’n swaar vrou was nog besig om – teen die rooi mannetjie in – oor die pad te stoei. Jy moes dus kies tussen geduldig wag of die swaar vrou omry, toe wag jy maar (gedagtig aan die potensiële skade aan die motor).

      Spoedkaartjies, nes rooi ligte, kan sy ook verduidelik. Sy ry nog 120 soos die bordjie sê, toe staan daar ’n ander bordjie wat sê 100 en toe sy weer sien, het hulle ’n bordjie geplant wat sowaar sê 80. Die een wat sê 60 kyk sy toe heeltemal mis.

      “Hoe kan ’n mens binne die spoedbeperking bly as hulle heeltyd die bordjies verander?” Sy reken hulle doen dit aspris om spoedgetroue padgebruikers soos sy uit te vang, dit wys jou spietkops is skelm. Oor ’n bos is hulle net so erg soos ’n hond wat sy been wil lig.

      Dan is sy die een wat jou elke tweede kilometer maan terwyl sy die spoedmeter probeer raaksien: “Ry jy nie te vinnig nie? Onthou, op dié stuk pad vang hulle, hier’s baie bosse.”

      Julle nader ’n verkeersirkel, jy slek af.

      “Ry!” sê sy. “Daai kar is nog ver.”

      Jy sien duidelik hoe ’n vrou in daardie motor vir haar man sê: “Ry! Daai ou moet stop.”

      Toe stop jy liewer.

      Die telkaart in haar kop

      Dis nie iets wat ’n man maklik verstaan nie, maar ’n vrou hou telling in haar kop. Van wat die man doen, of nie doen nie.

      Dít verstaan jy. Wat jy nie verstaan nie, is hóé ’n vrou punte toeken.

      Want enigiets wat ’n man doen, tel een punt. Net een punt. Enigiets wat jy nié doen nie, tel ook net een punt: minus een. Plus of minus. Nul of volpunte. Slaag of druip. Positief of negatief. Als een punt.

      ’n Man kan nie score nie…

      Enigiets gratis tel ’n punt. Dus enigiets wat jy vir haar gekoop het en present gee sonder dat sy die geld hoef terug te gee. Een punt.

      Bemarkers verstaan dit. ’n Gratis sepie of handeroom-­sampletjie saam met ’n tydskrif of by ’n advertensie binne-­in tel ’n punt. ’n Vrou sal ’n hoop geld uitgee om iets verniet te kry, al is die waarde van die geskenk net ’n rand of twee. Sy sal R20 se petrol uitry om R10 te bespaar.

      Net so werk die buy one, get one free-faktor.

      Jy verstaan dit ook nie.

      Jy dink hoe duurder die geskenk, hoe meer punte. Maar ’n vrou heg nie monetêre waarde aan die punte wat sy toe­ken nie. ’n Duur string pêrels behoort baie punte te tel (dink jy), terwyl sy jou vir al daardie moeite en geld net mooi nul gee: Jy’t nou nog nie agtergekom sy hou niks van pêrels nie! ’n Gesteelde roos uit iemand se tuin sou meer punte getel het.

      Hulle sê almal wil iets verniet hê. Alle vroue, ja, nie alle mans nie.

      Mans laat hulle nie heeltemal so maklik flous nie. Koop vier nuwe motorbande en kry ’n GPS gratis. Hy sal net daar­voor val as hy werklik vier nuwe motorbande nodig het.

      Vir ’n vrou is die gratis-faktor belangriker as die waarde-­faktor. Dis wat dit so onverstaanbaar maak vir ’n man: Groot of klein, duur of goedkoop, solank dit verniet is. As jy vir haar ’n motor koop, tel dit ewe veel punte as sjokolade of blomme.

      Net een punt!

      “Ek koop vir jou ’n kar, en net ’n dag later kla jy omdat ek per ongeluk jou beste blompot gebreek het. Jy’s blêrrie ondankbaar!” (Jy wou die blomme self rangskik, toe werk dit nie. Toe trek sy onmiddellik een punt af vir die gebreekte blompot en die blomme tel niks.)

      Nee, sy’s nie ondankbaar nie, en vir lank gaan sy nog die motor waardeer. Maar die negatiewe (blompot) het die positiewe (motor) eenvoudig uitgewis op die telkaart. Dis ’n chronologiese ding: Die pluspunt word uitgewis deur die minus, en die huidige minus sal uitgewis word deur die volgende plus, maak nie saak wat die waarde is nie.

      As jy dink dit sal help as jy net stilsit en niks doen nie, gaan dit jou ook nêrens bring nie. Stilsit en niksdoen verskyn as ’n minus op ’n vrou se telkaart, sy kry niks daar­uit nie. Veral as sy jou gevra het om die vuilgoed uit te sit en jy het nie.

      ’n Man self hou nie ’n telkaart by nie. Hy vat elke plus of minus soos dit kom, maar onbewustelik heg hy punte­waarde aan wat jy op jou beurt vir hom doen. As jy vir hom ’n kaastoebroodjie maak, tel dit byvoorbeeld 10 punte. As jy vir hom sy gunstelingboontjiebredie maak, tel dit onmiddellik 100 punte. Vir die kaastoebroodjie sal hy sê dankie, vir die boontjiebredie sal hy sê: “Dit was jou beste boontjiebredie nóg.”

      Dis soos dit behoort te werk. Dink jy.

      “Wat jy nie verstaan nie,” verduidelik sy. “Jy kry nie 1 uit 10 nie, jy kry 1 uit 1.”

      En?

      “En 1 uit 1 is 100%.”

      Sowaar…

      Tien dinge gelyk

      Sy praat oor die telefoon terwyl sy in ’n kospot roer en terselfdertyd lees sy gou ’n SMS terwyl sy – “hou net gou aan” – bevele uitdeel aan enigeen binne hoorafstand – “ekskuus, waar was ons?” – en die hond onder haar voete uit verjaag.

      Jy’s die een binne hoorafstand, nie die hond nie.

      “Die vuilgoedsak! Kan jy nie sien ek praat oor die foon nie?” Só hou sy twee gesprekke gelyktydig aan die gang (terwyl sy gou kyk of daar nie dalk ’n e-possie is nie).

      Multitasking, noem hulle dit. En vroue is beroemd daar­voor.

      Nou’s daar breinnavorsers wat sê dis ’n mite – die brein kan hoogstens twee goed gelyktydig doen, meestal net een. Jy kan byvoorbeeld TV kyk en eet of brei, maar jy kan nie TV kyk, eet én brei nie. Jy kan motor bestuur en gesels, want motor bestuur kom outomaties. Maar jy kan nie motor bestuur en oor jou

Скачать книгу