Ys. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ys - Rudie van Rensburg страница 17

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Ys - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

Woensdagoggend van die algemene kantoornommer af gebel het,” antwoord Colyn. “Glo om te sê hy mors sy tyd om Dippenaar te bel, want dié weier om oproepe te neem. Dis hoekom Maartens toe nie weer gebel het nie. En Dippenaar het daai oggend vir haar gesê sy hoef nie meer kantoor toe te kom nie, want hy sluit die besigheid vir die volgende twee weke om oorsee te gaan. Sy’t toegegee daar was iemand by Dippenaar in sy kantoor, maar sy weet nie wie dit was nie. Sy’t hom nooit sien inkom nie, net gehoor daar’s ’n ander manstem in die kantoor.”

      “En die oproep die Saterdagoggend na haar pa?”

      “Dit was ook sy. Volgens haar was sy so geskrik toe sy op Dippenaar se lyk afkom dat sy nie helder kon dink nie. Sy’t eers na die ontvangstoonbank gestorm en haar pa gebel. Hy’t haar kalmeer en gesê sy moet die polisie bel. Sy’s toe terug na Dippenaar se kantoor en het die polisie van sy direkte lyn af gebel.”

      “Wat het sy op kantoor gesoek as sy nie veronderstel was om werk toe te gaan nie?”

      “Glo haar selfoonlaaier vergeet.”

      “Sy was so solid soos ’n rock,” sê Piedt. “Nooit gelyk of sy lieg nie.”

      Kassie skud sy kop. “Sy kom eers drie dae later agter sy’s sonder haar selfoonlaaier? En hoekom het Maartens nie vir my gesê sy dogter is die ontvangsdame nie? Ook nie ’n woord oor haar oproepe nie. Hulle móét skuldig wees. Die brigadier moes gewag het vir die vingerafdrukke. Sy’t nou alles opgedonner deur so oorhaastig op te tree.”

      Die feit dat Colyn en Piedt verby hom kyk, laat Kassie vinnig omdraai.

      Die brigadier staan in die deur, haar blik moordend op hom.

      * * *

      Willie tuur nog lank voor hom uit nadat hy die gehoorbuis neergesit het. MacArthur weier om na rede te luister. Weismeyer se referaat is eers vier dae ná sy aankoms, daarom het Willie gevra of hulle sy moord met ’n dag of twee kan uitstel. Dit sal hom kans gee om ’n ordentlike plan te beraam om eers van Lipinsky ontslae te raak.

      “Onder geen omstandighede nie!” het MacArthur gebulder. “’n Mens weet nie hoe los Weismeyer se bek gaan raak tussen sy medegroenes by die kongres nie. Hy’s nou ons eerste prioriteit.”

      MacArthur se beheptheid om die wetswysigings deurgevoer te kry, bedonner sy gesonde oordeel heeltemal, dink Willie. Hy het beveel dat die Lipinsky-moord na die werk van Islamitiese radikale moet lyk, aangesien Lipinsky volgens Althorp ook besig is om ’n spul radikale se bewegings dop te hou.

      Wat Willie veral pla, is dat hy nou direk met Lipinsky se moordenaar sal moet praat. Hy kan dié keer nie bekostig om met ompaaie ’n afstand tussen hom en die moordenaar te skep nie.

      Die enigste bemoedigende nuus van die dag is dat Viking hom ingelig het Frankie is bereid om die job te doen. Volgens Viking is hy skytbang sy vrou kom iets oor.

      “Arme drommel,” prewel Willie toe hy die gehoorbuis optel om die huurmoordenaar in Amerika te bel.

      * * *

      Shaheena stap met ’n stormagtige gemoed by haar huis in. Sy’s ontsteld oor Kasselman se opmerking dat sy Maartens se dogter te vinnig ondervra het. Sy weet hy’s reg, maar sy wou dit nie van hom of enigiemand anders in die kantoor hoor nie. Dis die druk van die bleddie polisiehoof wat haar oorhaastig laat optree het!

      Sy hou in elk geval nie veel van Kasselman nie. Ook nie van sy handlanger Els nie. Die feit dat sy hulle nie aangestel het nie, dra daartoe by. Die ander speurders, wat sy ook geërf het, kom minstens almal uit spesialiseenhede, maar Kasselman en Els was blote stasiespeurders – ’n spesie van wie Shaheena nie veel dink nie, en wat sy beslis nie vir die SGU sou gekeur het nie.

      Al het die werwingsoffisier haar verseker Kasselman het ’n uitstekende rekord, is sy nie oortuig nie. Net geoordeel aan sy voorkoms, lyk hy soos ’n opperste sukkelaar. Van die eerste dag af dra hy daai onaansienlike rooi windbreaker wat soos ’n sak aan hom hang. En besit die man nie broeke wat lank genoeg is nie? Wat hy aan sy hare smeer, weet sy ook nie, maar dit lyk of ’n hond hom elke oggend op sy kop lek. Sy sal met hom moet praat. Sy slordige voorkoms kan die beeld van die SGU ernstig skaad.

      Kasselman is dadelik uit haar gedagtes toe sy Elton se kar in die oprit hoor stilhou. Agtuur. Snaakse tyd vir hom om by die huis aan te kom. Gewoonlik is hy dan lankal weer vort. Sy stap kombuis toe om te kyk wat in die yskas is. Dalk dring hy aan op ’n ete.

      Hy kom in met ’n KFC-houer in die hand. Brom net iets in haar rigting voor hy agter die kombuistafel inskuif om te eet.

      Nuwe broek en baadjie, merk sy op. Waar sou hy die geld gekry het? Roulettetafel?

      “Mooi baadjie,” sê sy.

      Hy kyk gesteurd op. “Nou en dan verdien ek ook my eie geld. So ek kan seker koop wat ek wil.”

      “O, nie geweet jy’t ’n job nie.”

      “Ek help een van my IT contacts om ’n klomp websites te bou,” brom hy. “Hy’t nie bedags altyd tyd nie, daarom moet ons dit snags doen. Ek moet hom juis môrenag weer gaan help.”

      Sy kan aan sy ontwykende oë sien hy lieg.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RLRRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTg6MDI6MTQgMTA6 NDI6NTQAAAAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAARlwAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/APUkkkklKSSSgpKU klqkkpRQ3IkKDgUQgoXIbkVwQ3BSBikjKiFMhMGp6yl9YSTxokgmn//Q9SSSlBzMunCw782+fRxq 33Wlok7a2mx+0f1WpKcdn1ZzWOucerXu9Wm+loO4hjry7ZfX+m/nKN3/AKT9H/Bwf9V+ovZW13Wb /wBENoMPkjcLP0n6x793+f8A0f8A0d32jY6bmjqHTsTPaw1DLprvFbtS0WNbZsd/V3Kzqm8A7fiz fesu/EP8WH/evNf80Mwth/Wck7a9rWg2BpcW1Vu9eMj1baP0T/

Скачать книгу