Medusa. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Medusa - Rudie van Rensburg страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Medusa - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

kry. Maar van volgende jaar af gaan ek jou nodig hê. Dan sal daar nie tyd vir skool wees nie.”

      Hy het om hom beduie. “Hierdie huisie gaan ek vir die voorman gee, want ek stel nie weer ’n plaasbestuurder aan nie. Met jou pa se dood het ek besluit om my boerdery heeltemal af te skaal. Ek gaan die meeste van my grond verhuur.”

      Sy hand het afgegly teen haar rug. “Wat sê jy, Lila?”

      “Ek … ek weet nie …”

      “Dit sal vir jou eie beswil wees. Jy wil tog nie in ’n weeshuis tussen ’n klomp wildvreemde kinders gaan sit nie?”

      Sy het hom nie geantwoord nie, en hy het sommer aangeneem sy stem in. “Jy kan die naweek al intrek. Ek sal vir Jakob vra om jou goedjies met die bakkie te kom optel.”

      Nou, terwyl die dominee vra dat hulle die oë vir gebed sal sluit, weet sy nie of sy regtig ’n keuse het nie. Sy sal nie dadelik haar pa se karige spaargeldjies kan kry nie. En ou Knoetze is reg: Al is sy reeds sestien, sal sy weeshuis toe moet gaan.

      Maar die gedagte om alleen saam met hom in daardie kasarm te bly, stem haar onrustig.

      Sy loer na hom. Hy staan met toe oë en grou met ’n stomp voorvinger in sy neus. ’n Groot man, skof soos ’n bees, boep wat laag oor sy gordel hang. Sy sal haarself nie teen hom kan verdedig nie.

      Lila trek haar skouers agteroor. Hy beter nie met haar lol nie. En al is hy groot, weet sy hoe om af te reken met mense wat met haar sukkel.

      5

      Februarie 1991

      Lila byt haar onderlip vas en maak haar oë toe. Ou Knoetze se asem jaag. Hy sleep sy warm tong oor haar maag. Sy growwe hande omvou haar borste en knie dit hard.

      Hy steun behaaglik toe hy op haar gaan lê en homself in haar instamp. Dis al die derde keer sedert die prokureur verlede week hier was. Sy het nie geweet ’n sewentigjarige man kan so spuls wees nie.

      Terwyl hy bo-op haar bons en die bed onder haar skommel, moet sy hard konsentreer om haar gedagtes weg te lei van wat met haar gebeur. Dit was haar keuse en sy moet daarmee saamleef.

      Van die oomblik wat sy verlede jaar haar intrek by ou Knoetze geneem het, het sy dít sien kom.

      Sy hande was te veel op haar lyf. Eers net skouers en rug. Daarna ligte klappies op haar boude en drukkies aan haar bobene.

      Sy is nie opgesaal met enige huistake nie, daarvoor het hy drie huishulpe. Van sy kwansuise behoefte om versorg te word, was daar geen sprake nie.

      Sy het saans haar kamerdeur gesluit, maar het ’n paar keer in die nag wakker geword van ’n gevroetel aan die deurknop.

      Ou Knoetze het haar met net één doel hierheen gelok, het sy besef. Sy was ’n baie makliker prooi as die kinders van die plaaswerkers.

      Haar eerste gedagte was om iets vreesliks aan hom te doen. Soos sy aan Quinton, Wessel en Naomi gedoen het. Maar sy het haar keer op keer vasgeloop teen die manier waarop sy dit kon doen sonder om ’n verdagte te wees.

      Om weg te loop, was ook nie ’n opsie nie. Sy het geen familielede om heen te gaan nie. Haar suster in Johannesburg was nie eens by haar pa se begrafnis nie. Hulle het jare laas kontak gehad, en sy het ses kinders van haar eie. Daar’s nie plek vir Lila nie.

      Die gedagte aan ’n weeshuis het haar met weersin vervul. Net nóg ’n plek waar Lelike Lila Liebenberg gespot sal word.

      Toe verdwyn haar kamersleutel een aand.

      Sy het dadelik besluit om in een van die ander slaapkamers in te trek en die sleutel heeltyd by haar te hou. Maar ou Knoetze het haar voorgespring, want daar was nêrens ’n sleutel in sig nie.

      Lila het haar in die badkamer toegesluit, waar daar genadiglik nog ’n sleutel was. Sy het ’n warm bad getap.

      Ná langer as ’n uur in die bad het sy die besluit geneem. Ter wille van haar toekoms.

      Kaal en net toegewikkel in ’n handdoek, het sy kombuis toe gesluip en die grootste vleismes uit die messelaai gehaal. Met dit agter haar rug is sy na ou Knoetze se kamer.

      Die deur was oop. Hy het net in ’n onderbroek op die bed gelê. Gelyk soos ’n dragtige koei, sy pienk vel styf gespan oor sy bultende pens.

      Lila het voor die bed gaan staan, die handdoek van haar lyf laat val.

      Ou Knoetze se oë het gerek, sy mond het oopgeval. Hy het gretig orent gekom, ’n glinstering in sy blik.

      Sy het die mes agter haar rug uitgehaal en dreigend voor haar gehou.

      Hy het versteen bly sit. Sy kon die skrik op sy gesig sien.

      Sy het met die mes na haar lyf beduie. “Ek weet jy wil dit hê.”

      Toe hy woordeloos na haar staar, het sy dreigend nader getree. “Is ek reg?”

      Hy het onseker geknik, sy oë op die mes.

      “En jy kan dit kry,” het sy gesê.

      Sy het wydsbeen gaan staan, gesien hoe sy oë oor haar lyf dwaal, vassteek tussen haar bene.

      “Maar in ruil daarvoor wil ek ook iets hê. En voor ek dit nie het nie, kan jy nie my lyf kry nie.”

      Ou Knoetze is uiteindelik klaar. Sy logge liggaam rol van haar af. Soos met die vorige twee keer snork hy gou.

      Sy klim uit sy bed en stap in die gang af na een van die gastebadkamers. Tap ’n warm bad om sy sweet van haar af te skrop.

      Sy lê agteroor in die water, tuur peinsend na die plafon. Jy sal oukei wees, verseker sy haarself. Jy is sterk genoeg om deur hierdie ding te kom.

      Die verlange na haar pa knaag nog soms aan haar, maar dit sal ook mettertyd vervaag. Sy sal haar pa ewig dankbaar bly. Van kleins af het hy haar geleer om selfstandig te dink. Omdat haar ma altyd dronk was, was sý saans aan tafel sy geselskap. Hy het met haar oor grootmensgoed gesels asof sy nie net ’n kind was nie. Wanneer sy ’n woord se betekenis nie verstaan het nie, het hy dit verduidelik.

      Later in die skool, as onderwysers die “groot woorde” in haar opstelle bevraagteken het deur daarop te sinspeel dat iemand anders dit vir haar skryf, het sy altyd trots gesê: “Dis my pa wat my daardie woorde geleer het.” Haar pa was nie geleerd nie, maar in haar oë was hy die slimste man op aarde.

      Toe haar ma dood is, het hy haar alles oor testamente geleer. “Jou ma sou al my goedjies geërf het, maar nou is jy my enigste erfgenaam. Jou suster se man sal vir haar sorg.”

      Lila moes op ’n Saterdagoggend saam met hom na die prokureur gaan sodat sy testament verander kon word. En al was sy net elf, het hy dit in die fynste besonderhede met haar deurgegaan en verduidelik hoe alles sou werk as hy doodgaan. Dat ’n minderjarige die erfenis nie dadelik kan kry nie, maar dat dit onder toesig van die meester van die hooggeregshof geadministreer word tot die erfgenaam agtien is. Eers dan is sy meerderjarig en kan sy met die erfgoed doen wat sy wil.

      ’n Testament was die antwoord op haar dilemma.

      En

Скачать книгу