‘n Soeke van Helde . Морган Райс

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу ‘n Soeke van Helde - Морган Райс страница 3

‘n Soeke van Helde  - Морган Райс Die Towenaar Se Sirkel

Скачать книгу

Thor, wie geweet het hy is nié kort nie, het nietemin klein langs hulle gevoel, het gevoel sy gepierde bene is tingerig in vergelyking met hulle boom stompe. Sy pa het geen poging aangewend om enigiets daaromtrent te herstel nie – in teendeel dit het gelyk asof hy genot daaruit put – en Thor gelos om die skape te versorg en wapens skerp te maak, terwyl sy broers toegelaat is om te oefen. Dit was nie ‘n gesproke woord nie, maar altyd verstaan dat Thor sy lewe op die agtergrond sal deurbring en geforseer sal wees om toe te kyk, hoe sy broers presteer en groot hoogtes bereik. Sy lot, as sy pa en broers hulle sin kon kry, sou wees om hier te bly, verswelg deur die dorpie, en vir sy familie die ondersteuning te gee wat hulle eis.

      Erger steeds was dat Thor aangevoel het dat sy broers skynbaar bedreig gevoel het deur hom,en hom miskien selfs gehaat het. Thor kon dit sien in hulle elke blik en blyke. Hy het nie verstaan hoe nie, maar hy het iets soos vrees, of jaloesie, in hulle verwek. Dalk was dit omdat hy anders as hulle was, het nie hulle voorkoms gehad of hulle manier van praat en optrede gehad nie. Hy het nie eens soos hulle geklee nie, sy pa het die beste---die pers en skarlaken mantels, die vergulde wapens---gereserveer vir sy broers, terwyl Thor gelaat is om die grofste vodde te dra.

      Nietemin, het Thor die beste gemaak van wat tot sy beskikking was, ‘n manier gevind om sy klere te laat pas, die hemp met ‘n gordel om sy middel vasgemaak, en noudat dit somer was, die moue afgesny sodat sy gespierde arms gestreel word deur die briese. Sy hemp het gepas by sy growwe linne broek---sy enigste---en stewels van die swakste kwaliteit leer, opgeryg om sy enkels. Dit was nie die kwaliteit van sy broers se skoene nie, maar sy skoene kon die werk doen. Sy uniform was die tipiese uniform van ‘n veewagter.

      Maar hy het nié die tipiese houding gehad nie. Thor was lank en lenig, met ‘n trotse kakebeen, adel ken, hoë wangbene, groen oë en lyk soos n misplaasde krysman. Sy reguit, bruin hare lê golwend op sy kop, net verby sy ore, en agter die krulle, glinster sy oë soos sterre in die maanlig.

      Thor se broers sal toegelaat word om laat te slaap vanoggend, ‘n hartlike ontbyt geniet, en oppad wees na die Verkiesing met die beste wapens en sy pa se seën – terwyl hy nie eens toegelaat sal wees om dit by te woon nie. Hy het een keer vantevore probeer om die kwessie by sy pa te opper. Dit het nie goed afgeloop nie. Sy pa het summier die gesprek beindig, en hy het nie weer probeer nie. Dit was net nié regverdig nie.

      Thor was vasbeslote om die lot wat sy pa vir hom beplan het, te verwerp. Met die eerste teken van die koningklike gevolg, sal hy terug naêl huis toe, sy pa konfronteer, en of hulle nou daarvan hou of nie, himself voorstel aan die Koning se manne. Hy sal saam met die ander staan vir verkiesing. Sy pa kan hom nié keer nie. Hy voel sy maag saamtrek met die blote gedagte daaraan.

      Die eerste son het gestyg, en met die opkoms van die tweede liggroen son, wat ‘n laag van lig voeg by die pers hemelruim, sien Thor hulle raak.

      Hy staan reguit, hare penorent, geëlektrifiseer. Daar op die horison, is die vaê buitelyn van n perde getrekte koets, met stof wolke wat opstyf van die wiele af. Sy hart klop vinniger as hy nog een gewaar; en nog een. Selfs van hier af skitter die goue koetse in die son, soos glimmende visse wat in en uit die water baljaar.

      Teen die tyd dat hy twaalf van hulle getel het, kon hy nie langer wag nie. Met ‘n kloppende hart in sy borskas en vir die eerste keer in sy lewe vergeet hy van sy kudde, Thor draai om en strompel teen die heuwel af, vasbeslote dat niks hom sal keer totdat hulle van hom bewus is nie.

      Thor stop skaars vir asem terwyl hy by die heuwel af naêl, deur die bome, onbewus van krappende take. Hy bereik ‘n opening en sien sy dorpie onder uitgestrek, ‘n lomerige landelike dorpie besaai met wit enkellaag, klei huise met gras dakke. Waar etlike dosyne families woonagtig is. Rook styg vanuit etlike skoorstene, aangesien meeste al vroeg wakker is om oggend ete voor te berei. Dit was ‘n idilliese plek, net ver genoeg---‘n dag se reis---van die Koning se Hof om verbygangers af te sit. Net nog ‘n plaas dorpie op die rand van die Sirkel, nog‘n rat in die wiel van die Westelike Koningkryk.

      Thor bars deur die finale afstand, tot in die dorps vierkant, stofwolke so ver as wat hy gaan. Hoenders en honde spartel links en regs, en ‘n ou vrou, wat hurkend buite haar huis voor n kookpot borrelende water sit, sis vir hom.

      “Stadig, seun!” skree sy as hy verby naêl, terwyl hy stofwolke in haar vuur skop.

      Thor sou nie sy spoed vertraag nie --- nié vir haar nie, nié vir enigiemand nie. Hy draai af in een dwarsstraat, dan nog een, heen en weer oor die pad wat hy so goed ken, tot hy die huis bereik.

      Dit was ‘n klein, onopvallende woning soos al die ander met sy wit klei mure en hoekige gras dak. Soos meeste van hulle, is die enkelkamer verdeel, sy pa wat op die een kant slaap en sy drie broers op die ander kant; anders as meeste van die ander, is daar ‘n klein hoenderhok agter, en dit was hier waarheen Thor verban is om te slaap. Hy het eers by sy broers geslaap, maar met tyd het hulle groter geraak, en wreder and meer eksklusief, en n punt daarvan gemaak om nie vir hom spasie te los nie. Thor was seergemaak, maar nou waardeer hy sy eie spasie, en verkies om uit hulle teenwoordigheid te wees. Dit was vir hom ‘n bevestiging dat hy die banneling in sy familie is wat hy reeds geweet het hy was.

      Thor hardloop tot by sy voordeur en bars deur sonder om te stop.

      “Vader!” skreeu hy, hygend na asem. “Die Silwer! Hulle is oppad!”

      Sy pa en drie broers sit vooroorgeboë by die ontbyt tafel, reeds geklee in hulle beste. Met sy woorde spring hulle op en pyl by hom verby, stampend teen sy skouers, uit die huis en in die straat in.

      Thor het hulle gevolg, en saam hou hulle die horison dop.

      “Ek sien niemand, “ antwoord Drake, die oudste, in sy diep stem. Met die breedste skouers, hare kort geknip soos sy broers, bruin oe, en dun, afkeurende lippe, frons hy soos gewoontlik, vir Thor.

      “Ek ook nie,” herhaal Dross, net n jaar jonger as Drake, en altyd aan sy kant.

      “Hulle is oppad!” se Thor weer. “Ek sweer!”

      “En hoe sal jy weet?” eis hy.

      “Ek het hulle gesien.”

      “Hoe? Van waar af?”

      Thor huiwer; sy pa het hom uitgevang. Hy weet natuurlik die enigste plek vanwaar Thor hulle kon bespied is vanaf die hoogste punt van daardie heuwel. Thor is nou onseker hoe om te antwoord.

      “Ek…het die heuwel geklim---“

      “Met die kudde? Jy weet hulle mag nie so ver gaan nie.”

      “Maar vandag was anders. Ek moes sien.”

      Sy pa gluur hom aan.

      “Gaan onmiddelik in en gaan haal jou broers se swaarde en poets hulle skede, sodat hulle op hulle beste kan lyk voor die Koning se manne arriveer.”

      Sy pa, klaar met hom, draai terug na sy broers, waar hulle in die straat staan en uitkyk.

      “Dink pa hulle sal ons kies?” vra Durs, die jongste van die drie, maar drie jaar ouer as Thor.

      “Hulle sal dwaas wees indien nie,” antwoord sy pa. “Hulle het n tekort aan manne die jaar. Dit was ‘n skraal oes – anders het hulle nié die moeite gedoen om te kom nie. Staan net parraat, die drie van julle, kenne omhoog en borskaste uit. Moet hulle nie reguit in die oog kyk nie, maar moet ook nie heeltemal wegkyk nie. Wees sterk en vol vertroue. Moenie swakheid toon nie. As julle in die Koning se Legioen wil wees, moet julle optree asof julle alreeds daarin is.” “Reg, Pa,” antwoord sy drie seuns tergelyk, en kom in

Скачать книгу