‘n Soeke van Helde . Морган Райс

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу ‘n Soeke van Helde - Морган Райс страница 5

‘n Soeke van Helde  - Морган Райс Die Towenaar Se Sirkel

Скачать книгу

ek van plan verander.”

      Thor se drie broers nael na die koetswa, stralend. Thor merk op dat sy pa ook straal.

      Maar hy was bekaf toe hy hulle agterna kyk.

      Die soldaat draai en beweeg aan na die volgende huis. Thor kon dit nie meer verduur nie.

      “My Heer!” roep Thor luideliks.

      Sy pa draai om en gluur hom aan, maar Thor gee nie meer om nie.

      Die soldaat kom tot stilstand, sy rug op Thor gedraai, en draai stadig om.

      Thor gee twee tree vorentoe, sy hart kloppend, en stoot sy bors uit sover as wat hy kan.

      “U het my nie oorweeg nie, my Heer,”se hy.

      Die verbaasde soldaat bekyk Thor van kop tot tone, asof hy ʼn grap is.

      “Het ek nie?” vra hy en bars uit van die lag.

      Sy manne bars ook uit van die lag. Maar Thor het nie omgegee nie. Dit was sy oomblik. Dit was nou of nooit.

      “Ek wil by die Legioen aansluit!” se Thor.

      Die soldaat gee ʼn tree in Thor se rigting.

      “So jy wil?”

      Hy lyk geamuseerd.

      “En is jy ooit veertien jaar oud?”

      “Ja, ek is my Heer. Twee weke terug.”

      “Twee weke terug!”

      Die soldaat skree soos hy lag, en al die manne agter hom.

      “In daardie geval, sal ons vyande beslis bewe as hulle jou sien.”

      Thor voel hoe hy warm word van verontwaardiging. Hy sal iets moet doen. Hy kon dit nie daar laat nie. Die soldaat draai om weg te stap---maar Thor kon dit nie toelaat nie.

      Thor tree na vore en skreeu: “My Heer! U maak ʼn fout!”

      ʼn Verskrikte snak na asems is hoorbaar vanuit die groep mense wanneer die soldaat stilstaan en weereens stadig omdraai.

      Nou is die soldaat grimmig.

      “Onnosele seun,” se sy pa, gryp Thor aan die skouer, “gaan binne toe!”

      “Ek sal nié!” skree Thor, en skud sy pa se hand weg.

      Die soldaat tree nader aan Thor, en sy pa staan terug.

      “Weet jy wat is die straf as jy die Silwer beledig?” vra die soldaat kortaf.

      Thor se hart klop in sy keel, maar hy besef ook dat hy nie gaan terugstaan nie.

      “Vergewe hom asseblief, my Heer,” se Thor se pa. “ hy is ʼn jong kind en----“

      “Ek praat nie met jou nie,” se die soldaat. Met ʼn vernietigende blik, forseer hy Thor se pa om weg te draai.

      Die soldaat keer terug na Thor.

      “Antwoord my!” se hy.

      Thor sluk, nie in staat om te praat nie. Dit was nie hoe hy dit afgespeel het in sy kop nie.

      “As mens die Silwer beledig is dit so goed as om die Koning direk te beledig,” antwoord Thor bedees, ʼn herhaling van dit wat hy gememoriseer het.

      “Ja,” antwoord die soldaat. Wat dit beteken is dat ek jou veertig houe mag gee as ek so verkies.”

      “Ek het nie ʼn belediging bedoel nie, my Heer,” se Thor. “Ek wil ook gekies word. Asseblief. Ek droom hieroor my lewe lank. Asseblief. Laat my toe om aan te sluit.”

      Die soldaat bekyk hom goed, en stadigaan versag sy uitdrukking. Na ʼn rukkie, skud hy sy kop.

      “Jy is jonk, seun. Jy het ʼn trotse hart. Maar, jy is nie gereed nie. Probeer weer wanneer jy gespeen is.”

      Daarmee draai hy om en storm weg, met skaars’ ʼn blik na die ander seuns. Hy bestyg sy perd vinnig.

      Thor, moedverlore, kyk hoe die optog aan die beweeg kom; so vinnig as wat hulle daar aangekom het, so vinnig was hulle weg.

      Die laaste ding wat Thor sien, was sy broers, waar hulle in die laaste koetswa sit, na hom staar, afkeurend en spottend. Hulle word weggeneem voor sy oë, weg van hier af, na ʼn beter lêwe.

      Binne-in hom voel Thor soos die dood.

      Die opwinding om hom bedaar, en die dorpenaars sluip terug in hulle huise.

      “Besef jy hoe dom jy was, jou onnosele seun?” vra Thor se pa boos, en gryp hom aan die skouers.”Besef jy dat jy jou broers se kanse kon ruïneer?”

      Thor stoot sy pa se hande rof van hom af weg, en sy pa kom terug en gee hom ʼn oorveeg deur die gesig.

      Thor voel die brand van die klap en gluur sy pa aan. ʼn Deel van hom wil vir die eerste keer, sy pa terug klap. Maar hy beheer homself.

      “Gaan haal my skape en bring hulle terug. Nou! En as jy terugkom, moet jy nie ʼn maaltyd van my verwag nie. Jy sal nie kos kry vanaand nie, sodat jy kan dink oor wat jy gedoen het.”

      “Miskien kom ek glad nie terug nie!” skree Thor wanneer hy omdraai en weg storm, weg van sy tuiste, in die rigting van die heuwels.

      “Thor!” skree sy pa agterna. ʼn Paar dorpenaars wat in die straat agtergebly het staan stil en hou hulle dop.

      Thor begin weg draf, dan hardloop hy voluit, hy wil so ver as moontlik van dié plek af wegkom. Hy let skaars op dat hy huil, die trane stroom oor sy wange, terwyl al sy drome om hom vernietig is.

      HOOFSTUK TWEE

      Thor het vir ure op die heuwel rondgedwaal, briesend, totdat hy uiteindelik ‘n heuwel kies en gaan sit, met arms gekruis oor sy bene en die horison dophou. Hy kyk hoe die koetswaens verdwyn, hy kyk hoe die stofwolk vir ure daarna nog luier.

      Daar sou nie nog besoeke wees nie. Dit is nou sy bestemming om hier in die dorpie te bly vir jare, wagtend vir ‘n ander kans--- as hulle ooit weer terugkom. As sy pa dit ooit sou toelaat. Nou sal dit net hy en sy pa wees, alleen in die huis, en hy is seker dat sy pa die volle mag van sy wrag op hom sal ontwaan. Hy sal steeds sy pa se kneg wees, jare sal verbygaan, en hy sal op eindig soos sy pa, vasgekeer om n kleinlike, onbenullige bestaan te voer---terwyl sy broers glorie en roem sou bereik. Sy are brand met die onregverdigheid daarvan. Dit was nie die lewe wat hy bestem was voor nie. Dit het hy geweet.

      Thor het sy kop voos gedink oor wat hy kon doen, enigiets wat die situasie kon verander. Maar daar was niks. Dit was die kaarte wat die lewe aan hom gedeel het.

      Na ure van sit, staan hy moedeloos op en begin sy weg baan opwaarts teen die welbekende heuwels, hoër en hoër. Onvermydelik keer hy terug na die kudde, terug op die hoogste hewel. terwyl hy klim, sak die eerste son in die hemelruim, met die tweede son wat sy hoogste piek bereik het, ‘n groenerige skynsel weergee. Thor vat sy

Скачать книгу