Wysheid. Benescke Janse van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wysheid - Benescke Janse van Rensburg страница 3

Wysheid - Benescke Janse van Rensburg

Скачать книгу

van ’n politieke ooreenkoms met ’n ongelowige vrou van ’n vyandige nasie van Israel getrou het. Hierna het hy nog sewe honderd ander vroue en drie honderd byvroue (heelparty uit ongelowige nasies) tot sy harem bygevoeg. Die gevolg? Die vroue het mettertyd vir Salomo van God af weggerokkel. Onder hulle invloed het hy selfs in ’n stadium voor ’n afgodsbeel gebuig!

      Hoewel Salomo besef het dat hy gesondig het en na God teruggekeer het, moes hy ’n duur prys vir sy dade betaal. Geen wonder hy gee in Spreuke 2:1–2 en 16–19 hierdie raad aan sy seun nie: “My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan … Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af, die vrou met die verleidelike praatjies, wat haar eie man verlaat en die verbond van haar God vergeet het. Haar huis lei ’n mens na die dood toe, haar spore bring jou by die dooies uit. Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie; hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie.”

      Die huweliksverbond is vir God heilig. Dit is daarom te verstane dat die vyand alles in sy mag sal doen om huwelike aan te val en te verwoes. Hierdie aanvalle kom gereeld in die vorm van “onskuldige” e-posse of SMS’e van iemand buite jou huwelik. Dit gee aan jou ’n gevoel van opwinding. Staak jy dit nie, gee jy dit krag. En net soos Dirk word jy al dieper in die lokval ingelei wanneer ’n onsigbare band tussen jou en die persoon buite jou huwelik gevorm word – terwyl jou huwelik daaronder ly. Hy wuif vir jou. Sy glimlag vir jou. En God sien alles. Gaan jy dit stopsit? Beskerm jou huwelik sodat jy nie in daardie kamer beland waar die koggellag jóú begroet nie.

      Gebed vir ’n getroude leser

      Vader God, dankie dat ek my huwelik aan U kan opdra. Ek bid vir bonatuurlike beskerming sodat geen planne van die Bose sal slaag nie en U my deur u Heilige Gees sal versterk om van elke versoeking weg te stap. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Gebed vir iemand in ’n buite-egtelike verhouding

      Vader God, ek kom vandag na U toe in die Naam van Jesus Christus. Ek besef dat ek betrokke geraak het by iets wat my eie en ook my gesin se lewens geweldige skade kan aandoen. Ek smeek U om my te versterk om weg te stap van hierdie verkeerde verhouding. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1 Lees Spreuke 2:16–19 en Spreuke 22:13 en 26–28. Wat is die gevolge van ’n buite-egtelike verhouding? Hoe kan ons ons huwelike daarteen beskerm?

      2 Lees Spreuke 2:1–5. Wat is die waarde van wysheid in jou lewe?

      3 Lees Spreuke 2:6–13. God gee kennis en wysheid. Watter voordele hou dit vir regverdige mense in wat kies om Hom te volg?

      4 In Spreuke 2:12–15 sê die Spreukeskrywer dat wysheid ons van verkeerde mense wat verkeerde dinge verkondig sal weghou. Is daar mense in jou lewe wat jy liefs moet vermy? Hoe kan jy dit taktvol doen?

      5 Lees Spreuke 2:20–22. Wat is die belofte aan mense wat onberispelik leef? En wat is die waarskuwing aan bedrieërs?

      6 Watter teksverse het vir jou in Hoofstuk 2 uitgestaan? Hoekom?

      3 Doen goed aan ander

      Spreuke 3

      1My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, 2want dit sal vir jou ’n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy ’n vol lewe het. 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ’n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: 8dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. 9Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn. 11My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, 12want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ’n vader doen met sy seun. 13Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, 14want dit bring meer winste in as silwer en lewer ’n groter opbrengs as goud. 15Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. 16Die wysheid gee met die een hand ’n lang lewe en met die ander rykdom en eer. 17Die wysheid bring ’n ryk en ’n vol lewe. 18Dit is ’n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou. 19Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig. 20Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog. 21My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, 22dit sal vir jou ’n mooi lewe verseker en soos ’n pragtige halssnoer vir jou wees; 23jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; 24jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. 25Moenie bang wees dat ’n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, 26want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik beland nie. 27Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. 28Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie. 29Moenie kwaad teen iemand beplan terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. 30Moenie ’n man sommer aankla as hy jou nie kwaad aangedoen het nie. 31Moenie ’n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie, 32want die Here het ’n afkeer van ’n slegte mens, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue. 33Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is. 34Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is. 35Wyse mense verkry eer, maar dwase kom al hoe meer in die skande.

      ’n Hartseer vrou, ’n mank vrou en ’n honger bedelaar – drie mense wat God se hand beleef het omdat drie gelowiges gehoorsaam was aan sy roepstem. Hier volg uittreksels uit drie e-posse wat ek van lesers ontvang het:

      Leser 1, Ansie: “My hart was baie seer toe ek by die winkel uitstap. My ma was toe slegs ’n paar uur vantevore begrawe en binne my was my emosies in ’n warboel. Ek moes vinnig na ’n sneesdoekie gryp om die trane weg te vee toe ’n stortvloed van trane my oorweldig. In die straat het ’n onbekende vrou by my verbygestap. Skielik het sy my aan die arm gevat met die woorde: ‘Ekskuus tog, maar jy is mos hartseer?’ Daar was ’n sagtheid in die vreemde vrou se stem. Steeds in trane het ek net geknik. ‘Kan ek vir jou ’n gebed doen?’ het die vrou gevra. Ek was onkant betrap, maar het geknik. Daar in die straat het die onbekende weldoener my omhels en die mooiste gebed van vertroosting gebid. Toe sy klaar gebid het, het sy my ’n stewige druk gegee, vriendelik gegroet en verder gestap. Nie een maal het ek ongemaklik gevoel nie, maar onwetend het sy my hartseer baie ligter gemaak.

      Leser 2, Dawid: “Op ’n dag het my dogter, Mariki, in ’n straat in Nieu-Seeland gaan staan. Die pyn in haar heup was ondraaglik. Sy was toe reeds vir vier heupoperasies. Ná elke operasie sou die pyn net vir ’n tydjie beter wees voordat dit telkens weer teruggekeer het. Die pyn was daardie spesifieke dag so erg dat Mariki gesukkel het om te stap. ’n Vreemde man het van agter sag aan Mariki se skouer getik: ‘Ekskuus tog, hoekom loop jy so mank?’ Half onkant betrap, het Mariki vinnig teruggeantwoord: ‘My heupe pyn.’ Sy volgende vraag het sy nie verwag nie: ‘Kan ek vir jou bid?’ Mariki het ingestem. Daar in die straat het die man liggies sy hande op haar heupe gesit en vir haar gebid. Mariki het ’n vreemde warm gevoel in haar heupe ervaar en toe die man ‘amen’ sê, was die pyn weg. Oorstelp van vreugde wou Mariki hom bedank, maar toe sy opkyk, was hy reeds besig om oor die pad te verdwyn. Die pyn in haar heupe het nooit weer teruggekom nie.”

      Leser 3, Willem: “Dit was ’n warm dag op my roete na my familie se plaas aan die grens van Botswana. By die dorpie Stella, net voor Piet Plessis,

Скачать книгу