Bybelboodskappe. Jan Hulme

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Bybelboodskappe - Jan Hulme страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Bybelboodskappe - Jan Hulme

Скачать книгу

die koninkryk sal hulle huil en op hul tande kners, omdat hulle daarbuite die ewige straf gaan ontvang.

      2 Net mense wat God se wil gedoen het, ontvang die ewige lewe (Matt 25:46). Geen onreinheid word in God se koninkryk toegelaat nie, sulke mense gaan na die verdoemenis. Volgens 2 Korintiërs 13:5 moet gelowiges hulleself telkens op die proef stel en ondersoek of hulle gered is en in Jesus lewe.

      Christus is die fondasie

      1 Die kerk van Christus se fondasie is 2 000 jaar gelede gelê. Ons hoef nie meer ’n fondament te lê nie, Christus self is ons fondasie; ons moet net sy kerk op aarde uitbou. Óns is die kerk. Ons moet God se boodskap van verlossing in Christus, van sy koninkryk, en van die inwoning van die Heilige Gees ín ons verkondig met onaanvegbare prediking (vgl Tit 2:7–8). Ons is nou sy dissipels en moet lewe volgens sy nuwe gebod van liefde vir God en liefde vir ons naaste (Joh 13:34–35).

      2 Ons woorde en dade, trouens, ons hele wese moet ’n sprekende voorbeeld van ons Christenskap wees, want ongelowiges hou ons doen en late dop as ons sê dat ons Christus se volgelinge is. En as ons woorde en dade nie ooreenstem nie, is dit ’n klad op die naam “Christen”.

      3 Ons weet dat, wanneer ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n vaste gebou in die hemel het, ’n woning wat deur God vir ons voorberei is (2 Kor 5:1).

      4 Ons lewe is soos ’n wolk wat verby trek. Vandag sien ons hom; môre is dit al weer weg. Is jy gereed om uit hierdie lewe te gaan en God te ontmoet? Is jy seker dat jy gaan aansit by die feesmaal in God se Koninkryk (Luk 13:29–30). As jy nie seker is van jou redding nie, neem die belangrikste besluit van jou lewe vandag: om Jesus se verlossing te aanvaar. Lees 1 Johannes 4:7–21, of gaan gesels met ’n predikant of geestelike werker. Môre kan vir ewig te laat wees.

bible_newnew.jpg Boodskap 5 Die tong en die mond

      Skrifgedeelte

      Jakobus 3:1–12

      1My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. 2Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. 3Vir perde sit ons ’n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. 4Dink ook maar aan skepe:al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ’n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. 5So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag.

      ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. 6Die tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. 7Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, 8maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n rustelose kwaad, vol dodelike gif. 9Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. 10Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 11’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12’n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ’n druiwestok vye nie. ’n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

      Wat jy sê, wys wie jy is

      1 Dit wat ’n mens praat, openbaar jou karakter, jou eie ek. Dit is daarom so belangrik dat ’n mens ’n wag voor jou mond moet hê en voor jy praat, moet oordink wat jy wil sê.

      2 Ons sien dit so duidelik in die huwelik. Die huweliksformulier sê twee mense wat trou, word één in die huwelik (1 Kor 6:16). Dit beteken dat die paartjie nie net seksueel vereng nie, maar ook mekaar se taal begin praat, mekaar se intelligensie, kennis, gewoontes, ensovoorts, aanleer, al is hulle steeds ook individue. Die teendeel gebeur wanneer die een se mond- of lyftaal nie meer inskakel by die ander nie – dan kom daar verwydering. Een uit elke drie huwelike in ons land beland in die skeihof.

      3 Jesus sê dat niks wat by die mens van buite ingaan, hom onrein maak nie, maar die dinge wat uit die mens uitgaan, maak hom onrein. Dit wat ingaan, gaan na die maag en word daarna deur die liggaam uitgewerp. Maar wat van binne af uitgaan, kom uit die hart (Matt 15:10).

      4 ’n Mens in wie die Heilige Gees woon, is gevul met liefde en deernis en dit straal uit hom of haar. Dié wat aan Jesus behoort, het hul sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig (Gal 5:24). As die Heilige Gees in ons woon, word sy geaardheid sigbaar in ons lewe; die Bybel sê ons “dra die vrug van die Gees”: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22– 23).

      Sondes

      1 ’n Mens wat Jesus nog nie aangeneem het nie, se hart is vol sonde en onrein. So iemand het nie die vrug van die Heilige Gees in hom of haar nie. Wat uit so ’n mens se hart uitgaan, is praktyke van die sondige natuur: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge (Gal 5:19–21).

      2 ’n Baie groot sondige praktyk in vandag se lewe is hoogmoed. Baie mense sien neer op ander terwyl hulle vergeet dat alles wat ons is en wat ons het, nie uit onsself voortkom nie, maar uit die liefde en genade van God(Ef 1:3–14). Jakobus (4:16) sê duidelik dat God hoogmoediges weerstaan, maar aan nederiges reddende genade betoon.

      3 ’n Ander groot sonde waarvoor ons moet ligloop, is om ander mense te veroordeel. Ons soek tog so so graag fout. Ons sien die splinter in ander se oë, in plaas daarvan dat ons die balk uit ons eie oog te haal. Matteus 7:1 sê so duidelik: “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.”

      4 1 Petrus 2:1 gee verder aan Christene ook die duidelike instruksie dat ons moet ophou met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery.

      Tem jou tong

      1 In Jakobus 3 lees ons baie oor die gevaar van ’n los tong. In verse 2–12 gee die apostel kosbare raad oor die beheersing van die tong. Hy beskryf die tong as ’n klein liggaamsdeeltjie wat egter groot mag het. Hy vergelyk dit met ’n vuur wat ’n hele lewe aan die brand kan steek. Jakobus sê selfs die tong is “’n rustelose kwaad, vol dodelike gif”, en dat geen mens dit kan tem nie. Gelukkig kan God in sy genade en liefde deur sy Seun Jesus se bloed ons reinig van die gif in ons harte. Ons kan tog nie God loof met die tong en dan met dieselfde tong mense vloek wat na die beeld van God geskape is nie. ’n Tong wat onverantwoordelik klets, is soos ’n brak fontein wat nie vars water kan gee nie. Dit beteken vir niemand iets goeds nie. Beheer dus die tong, want dit het mag oor lewe en dood. As jy die beeld van ’n gelowige wil uitdra, moet jy, soos Spreuke 13:3 en 18:21 asook Jakobus 1:26 sê, jou tong in toom en jou mond in bedwang hou!

      2 Volgens Prediker 5:1 moet ons liewer min praat, maar reg praat. Daar is ’n gesegde dat ’n mens jou woorde moet “weeg” voor jy hulle uitspreek. Baie praat kan maklik lei tot onverstandige en onverantwoordelike woorde. Onthou, ons kan vrygespreek of veroordeel word op grond van ons eie woorde (Matt 12:37). Dit laat ’n mens wonder of dit so ’n goeie ding is om ons God met so ’n soms onnadenkende herhaling van woorde moet loof – soos deesdae nogal dikwels in kerke gebeur.

      3 Ons moet ook nie met ’n stortvloed woorde “soos die heidene”

Скачать книгу