Emma en die geheime gang. Marianna Brandt

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Emma en die geheime gang - Marianna Brandt страница 3

Emma en die geheime gang - Marianna Brandt

Скачать книгу

dit gou haal.”

      “ ’n Mens raak nogal honger later in die aand,” sê Willa en maak haar blik wat sy saamgeneem het eetsaal toe vol met eetgoed van ’n tafeltjie af. “Ek sit ekstra in, vir jou ook. Jy moet vir jou ’n blik aanskaf.”

      “Ja … ek sal,” sê Emma. Sy het so baie geëet, sy kan nie dink sy sal later die aand enigiets wil hê nie.

      Anja kom by die trap af met ’n groot ronde koekblik en maak dit vol eetgoed. Voor sy loop, vat sy ’n hand vol grond­boontjies en gooi dit in haar mond.

      “Ek wil vroeg in die bed kruip. Môre is skool en meneer Snopke duld nie laatkommers nie. Hy is ’n baie streng skool­hoof,” sê sy en stap met die trap op kamer toe.

      Emma en Willa volg op haar hakke.

      “Meneer Snopke? Is hy mevrou Snopke se man?” vra Emma.

      “Ja. Die koshuis behoort aan hulle. Die grond was eers deel van die Snopkes se familieplaas. ’n Deel daarvan word nog steeds vir melkboerdery gebruik,” vertel Willa. “Hulle is ryk mense, maar hulle doen hulle deel vir die gemeenskap. Meneer Snopke het ’n oop hand. Hy gee vir baie mense op die dorp werk.

      “Die bakkery bak al die brood en koek wat ons hier en by die skool kry. Die groente kom van ’n groot plaas wat meneer Snopke huur. Daar werk baie mense van die dorp op die plaas.

      “Dan gee hy ook nog vir die ouetehuis en pre-primêre skool verniet melk. O ja, en natuurlik ook vir die kinderhuise, amper vergeet ek. Die kinderhuiskinders gaan almal verniet hier skool,” vertel Willa.

      “Ek het nie geweet nie,” sê Emma. “Dan moet hy baie ryk wees. Waarmee maak hy sy geld? Of het hy ryk geërf?

      “Meneer Snopke is ook die dorp se burgemeester,” gaan Willa aan. “Jy moet die ketting sien wat hy om sy nek dra vir foto’s. Hy is gereeld in die koerant oor goed wat hy vir die dorp en sy mense doen.”

      “Wat van dié wat nie uit kinderhuise kom nie? Ek weet nie wat my pa vir my en my broer hier betaal nie, maar dit moet seker vreeslik baie wees. Ek het nog nooit so ’n kos­huis gesien nie.” Emma se kop werk oortyd van al die vrae. As burgemeester van die dorp kry die man seker ’n groot salaris. Mevrou Snopke lyk ook nie na ’n vrou wat aan min gewoond is nie.

      “Daar’s nie so baie privaatkinders hier nie,” sê Willa. “Nè, Anja?”

      “Nee, daar is nie. Ons is bevoorreg.”

      “Nou hoe het julle in die kinderhuis beland?” vra Emma en besef skielik dis dalk ’n teer saak vir hulle, en dat hulle mis­kien nie daaroor wil praat nie. Maar dis te laat.

      Willa gooi haar nagrok oor haar kop en gaan sit met ’n sug op die bed. “Wil jy regtig weet?” vra sy.

      “As jy nie daaroor wil praat nie, is dit oukei.”

      “Jy sal dit in elk geval nie glo nie. Wanneer ek vir mense vertel, dink hulle ek het dit uit my duim gesuig.” sê Willa en staan van die bed af op. Sy trek ’n pienk kamerjas en pantoffels aan. “My ma het my in ’n klein bruin skoolkoffertjie voor die klooster se deur gelos, die klok gelui en weggehardloop. Ek was net in ’n kombersie toegedraai. Pasgebore. Hulle het my ma nooit gekry nie.”

      Emma se mond val oop. “Regtig! Ek is jammer …”

      “Ek is baie beter af sonder my ma. Sy sou my nooit in so ’n wonderlike skool en koshuis kon sit nie.” Willa glimlag. “Daaroor is ek glad nie jammer nie. Ek mis dit net om broers­ en susters te hê.”

      “Nou wil jy seker my storie ook hoor?” sê Anja en kom sit langs Willa op die bed.

      “Jy hoef nie as jy nie wil nie,” sê Emma.

      “Ek is nie skaam oor my verlede nie. Ek kan niks daaraan doen nie. Dit het gebeur en hier is ek.” Anja vee ’n blonde stringetjie hare van haar voorkop af weg.

      “My ma en pa was al twee enigste kinders, met familie oorsee met wie hulle nooit kontak gehad het nie. Ons was met vakansie op pad see toe, toe is daar ’n groot ongeluk. My ma en pa is op slag dood. Ek was vyf jaar oud en is reg­uit kinderhuis toe. Wanneer ek een-en-twintig word, sal daar vir my geld wees waarmee ek kan gaan studeer.”

      Emma sluk die knop in haar keel weg. Hoe bevoorreg is sy en Hendrik nie, dink sy. Sy het nog nooit eens daaraan ge­dink hoe dit moet voel om sonder ouers groot te word nie.

      “Dit moes erg gewees het, Anja.”

      Anja haal haar skouers op. “ ’n Mens kom oor alles,” sê sy en glimlag. “Vandag het ek goeie vriende en ’n lekker skool­ en koshuis. Die kinderhuis is ook glad nie so sleg nie.”

      “Ek is bly. Ten minste is julle gelukkig. Daar is ook aaklige kinderhuise,” sê Emma en dink aan die stories wat sy al van sulke plekke gehoor het.

      “Wat van jou? Hoekom is jy hier in Kosterkloof?” vra Anja.

      “My storie is maar vaal teen julle s’n. Ons was in die stad op skool, ek en my broer, Hendrik. My arme pa moes ons elke Vrydag gaan haal en weer Sondae terugvat. Later was dit te erg vir hom. Toe verkoop hy die plaas en koop een na­by Kosterkloof nadat hy gehoor het van die goeie skool en koshuis op die dorp. Dis maar my storie. Niks besonders nie,” sê Emma en kruip onder die duvet in.

      “Nou moet julle my verskoon, ek is nogal moeg. Nag, julle.” Emma sit haar bedliggie af.

      Laat daardie aand skrik Emma wakker van ’n gefluister en gevroetel. Sy besluit om nie haar lig aan te sit nie. Toe haar oë die donker gewoond is, sien sy dit is Anja en Willa wat besig is om uit hulle koekblikke te eet.

      “Is jy wakker?” hoor sy Willa fluister toe sy op haar ander sy draai.

      Emma antwoord nie. Sy sien nie nou kans vir ’n middernagfees nie.

      3

      Die volgende oggend, toe Emma gereed is om eetsaal toe te gaan, sukkel Anja en Willa nog met hulle skoolrokke.

      “Help ’n bietjie hier,” sê Anja. “Ek kan dit nie verstaan nie. Voor die vakansie het my rok nog gepas.”

      “Myne ook,” sug Willa. “Ons sal hulle ná skool naald­werk­kamer toe moet vat sodat tannie Rien dit wyer kan maak, as daar nog nate is om uit te laat.”

      “Trek jou maag in en haal diep asem,” sê Emma. Sy trek die ritssluiter van Anja se skoolrok met moeite op. Toe Anja weer ontspan, lyk dit of die rits enige oomblik gaan oopbars.

      “Ek weet nie of dit gaan hou nie. Jy beter vandag niks eet nie,” waarsku Emma.

      “Wil jy hê ek moet doodgaan van die honger!”

      “Ons moet maar net versigtig sit,” sê Willa en lag dat haar oë eintlik agter haar wange verdwyn.

      Die klok lui vir ontbyt. Emma stap saam met haar kamer­maats eetsaal toe. Die geur van gebraaide spek en wors tref hulle toe Willa die eetkamerdeur oopstoot.

      “Ek het nogal verlang na die koshuis se ontbyt,” sê Anja en stap na die tafel waar hulle altyd sit. “By die kinderhuis kry ons net ’n

Скачать книгу