[vii]. Gilbert Gibson
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу [vii] - Gilbert Gibson страница 3
in die son wat wil
weerkaats in ’n leë krip
weet ek nou jy kan die reën
manipuleer water stuur
van hoek tot kant
as ek my asem ophou
sal rietspruit bly vloei
met dieselfde oordrewe ywer
as wind
[11]
daar’s ’n stilte wat om jou
drapeer soos ’n langbroek met ’n goeie snit
jou heupe die heilige muur
ek betree jou
sonder aankondiging met hande
wat in jou soek soos woestyndiertjies na water
die asem deur jou tande vlug
rondom jare se fluoried
die bloed in jou lyf
met vaste voorneme
ek smeer spoeg aan jou kuiltjie
dik nes kwik
die liefde klam soos potplantgrond
daar’s ’n stilte wat om jou
drapeer in die beskutting wat struike bied
jou hart is ’n plant
bewaar in vermikuliet
[12]
beoordeel my aan sluimering
so oordadig daar’s ’n inval
in irak ek’s mans genoeg
gesluipskutter en bomonskadeliker
ek’t net genoeg asem vir
don’t go gentle into that en
al daardie net
nag genoeg
dat jy kan slaap
[13]
pieter het ’n sleutel of iets aan
die punt van ’n lang tou
en die gedoente wirr-wirr
bokant sy kop plaasskoolgewapen totdat
die lyn breek daar trek die sleutel
toe attie en willie die tweeling mekaar
met pendorings in hulle windties
skiet en sy pa attie moes
vashou dat hulle dit met
’n tang kon uittrek
by die van rooyens se lyndraad vertel
hansie reynecke oor sy perd net een spring
sanet pieter se sussie teken saam
met orna pouses op die bord
die skooltjie se voorstoep buig onder klere
en voete wat soos voëlneste
van ons maer lywe hang
die nagels van port nolloth slenter huis
toe oor verskroeide aarde
die haastige wip van ’n kwikkie
wat net so vinnig verdwyn soos
ek die kind en die sleutel
aan pieter se tou se punt
[14]
word wakker in die portaal van ’n gevalle
kerk die donderweer al flitsend
tot teen die gewelf en oor
die mure met hul vervaagde
fresko’s bokant die bruin banke
asof instrumente vir navigasie
in ’n donker en onstuimige
en daar buite ’n afvaardiging
kareebome met hier en daar turksvy
en ander sku vetplante oor die kaal grond
daar is ’n kruis
teen een van die mure
’n dwaling vir oë en
op my tong die smaak van vrees
vir filistyne in swawel
en houtskool en salpeter en
’n nasmaak frank voor ander
drome oor die grond
waarin ons eendag sal slaap
sonder bloed en sonder
iets soos bloed
vir ’n lang tyd
so stil gelê
en in die donker geluister
en niks gehoor nie
[15]
jou oë lê soos dooie vullens
bokant jou wange na ’n uit-
breking van perdesiekte
die wenkbroue daaroor
die kleur van brommers in die son
soos klippe in die veld lê jou oë
en ’n roering wat die wind oor die gras
aan skaduwees heg
waai deur jou mane
jou oë dryf in bloed onder jou voorkop
die