[vii]. Gilbert Gibson
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу [vii] - Gilbert Gibson страница 4
wil van jou besit neem soos
’n slaak van verligting
jou keel is blinkvos jou mond
’n lang dun spleet om
’n geroesde stang
[16]
wou in die nag sonder dat iemand
hoor jou nek van agter
stil af in die paadjie elke
tree in vaste voorneme
tot ek na genoeg aan jou kom
en jou op die kant van die knie
sodat jy balans verloor en ek
gevoude arm om jou keel
met my skouer jou kop
in die teenoorgestelde rigting
’n werwel ontwrig die koord skuif
en jy slap teen my word
jou asem in onreëlmatige horte voor
hande wat verslap en die uit-
eindelike voetstap wat in
die grond syg in die nag wou
[17]
het ’n siek kind sewe
by die huis sy ma
bel koors hoog
’n klam lappie
’n bietjie panado het
’n siek kind die foon
stil ’n skulp teen my
oor sjsjsj donker
geute voor my vingers
stilte kan die koors
laat val dink ek
stilte kan die hart verken
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.