Wanneer God jou vashou. Johan Smit
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit страница 15
Ons behoort sonder twyfel ook aan God se kraal; Hy is ook ons herder.
29 Februarie
Die Lam is die Herder
… want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei …” Openbaring 7:17
~
Ons sluit hierdie maand se oordenkings oor die Here, ons Herder, af met sekerlik een van die heel mooiste Bybelgedeeltes wat oor ons Herder handel. Openbaring 7 is die voltooiing van Psalm 23. Wat Dawid ongeveer agthonderd jaar voor Christus se geboorte gesing het, word aan die einde van die tyd tot volmaakte vervulling gebring.
Ek wil graag ander teksgedeeltes uit Openbaring 7 ook met jou deel: “Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!’” (v 9–10). En “Hulle [die groot menigte] sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog” (v 16–17).
Die Herder wat sy lewe vir sy skape afgelê het, word die Lam van God genoem. Hy was die offerlam wat ter slagting gelei is sodat ons sondevergifnis kon ontvang. Die Lam is ook die Herder! En in die nuwe bedeling, op die nuwe hemel en aarde, sal Hy ons steeds lei na die fonteine met waters van die lewe.
Die Lam wat in die middel van die troon is, sal ons Herder wees en ons na die fonteine met die water van die lewe lei.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.