Kies die lewe. Solly Ozrovech

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Kies die lewe - Solly Ozrovech

Скачать книгу

Februarie

      Efesiërs 3:14–21

      Innerlike krag

      Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. – Ef 3:16–17

      ~

      Dit is verstommend om te sien hoeveel mense die geestelike ontwikkeling van hul lewe verwaarloos. Hulle sal oneindig moeite doen om hul liggame op te bou en hul verstand te ontwikkel maar die gees totaal verwaarloos. Hulle is onbewus daarvan dat die groot motiverende krag in hul lewe juis in die gees gesetel is.

      ’n Kleinlike, gemene mens ken nie die warmte en koestering wat ontspring uit ’n kennis van God se liefde nie. So loop hy een van die grootste ervarings van die lewe mis en ontbeer hy ’n bron van krag en inspirasie wat deur niks anders geëwenaar kan word nie. Wanneer ’n mens bewus word van God se teenwoordigheid, ondervind jy sy krag en word jy bewus van die rykdom en skoonheid van die lewe self.

      As Christus in jou teenwoordig is, is dit onmoontlik om jouself nie be­skikbaar te stel vir die invloed van God se Heilige Gees nie. Dit is ’n lewens­ver­an­derende ervaring met talryke seëninge. Dan word ons geloof ’n praktiese be­lewenis. Christus leef dan in en deur jou. Soos die loot sy krag uit die wingerdstok put, so is jy gekoppel aan ’n onuitputlike Bron van krag. Hy beheer jou gedagtes, emosies en dade. Jou lewe verkry ’n nuwe dimensie, doelgerigtheid en word bestraal met sy heerlikheid.

      Meester, U wat die ware wingerdstok is, laat die krag waarmee U my vervul in my daaglikse lewe tot openbaring kom.

      4 Februarie

      Psalm 90:1–17

      Leef een dag op ’n slag

      Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. – Ps 90:12

      ~

      Gister is ’n herinnering wat ons nooit weer kan terugbring nie; môre is ’n belofte waarvan ons die inhoud nie ken nie. A1 wat ons wesenlik besit is vandag.

      Oor gister mag ons ons nie bekommer nie. Ons moet saam met Paulus die dinge wat agter is, vergeet. Gister met sy foute en bekommernisse, sy mislukkings en teleurstellings, sy droefheid en smart, hoort nou eenmaal tot die verlede. Dit is vir ewig verby. Om te probeer om in die verlede te lewe is selfvernietigende dwaasheid.

      Oor môre mag ons ons ook nie bekommer nie. Môre is in die hand van God. Daar is miskien laste, beproewings, droefheid en pyn, maar wanneer die tyd kom, sal God ons die krag gee om dit te hanteer. Môre sal die son in glorie verrys – al is dit half agter onheilswolke verskuil. Totdat dit gebeur, het ons geen reg daarop nie, want dit is ongebore.

      Vandag is al wat oorbly. Geen mens kán meer as een dag op ’n slag hanteer nie. Dit is nie die ervarings van vandag wat mense knak nie: dit is die selfverwyt en berou, die bitterheid van dinge wat gister gebeur het of die vrees vir môre wat ons verrinneweer. Wanneer ons die ondraaglike laste van gister en môre by vandag voeg, vou ons dubbel onder die juk.

      Skenk my u genade, o Here, net vir vandag. Ek begeer nie om verder te sien nie – tree vir tree wil ek op die pad gaan wat U vir my berei het.

      5 Februarie

      Romeine 8:18–30

      God van hoop

      Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. – Rom 8:18

      ~

      Dit is heel natuurlik dat daar droefheid sal wees wanneer die dood ’n familiekring binnedring. Dit is eg menslik om jou eie hartstogtelik lief te hê en met pyn verlies te ervaar. Tennyson sê tereg: “But o for the touch of a vanish’d hand, and the sound of a voice that is still!”

      Dit is die genadegawe van hoop in jou hart wat op so ’n dag jou vrees in vertroue, jou droefheid in stille vreugde, jou twyfel in sekerheid en jou eensaamheid in heilige geloofsgemeenskap omskep. “Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie” (1 Tess 4:13). Hoop is daardie verwagting wat ons hart met blydskap vul. Dit is die Christen se onwrikbare vertroue in die ewige goedheid van God. Hoop is een van die drie onsterflikes, met geloof aan die linkerkant en liefde aan die regterkant (lees 1 Korintiërs 13:13).

      Geloof is leeg en liefde betekenisloos sonder hoop. Dit is die anker waar­aan jy kan vashou in enige storm (lees Hebreërs 6:19).

      Hoop gee aan jou ’n onoorwinlike gees. Wanneer hoop lewe, lewe alle dinge. Hoop sê vir jou dat hierdie lewe slegs die voorwoord is tot die opwindende boek van die ewige lewe.

      As die wêreld vra: “Is jy bang?”, dan antwoord hoop: “Nee! Want my Here is daar!”

      Ewige God, van wie ek kom en tot wie ek terugkeer, dankie vir u Woord wat altyd nuwe hoop bring wanneer storms my bedreig. Versterk my daagliks in die onblusbare hoop wat die erfdeel van u kinders is.

      6 Februarie

      2 Petrus 1:3–7

      ’n Dinamiese innerlike kragbron

      Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. – 2 Pet 1:3

      ~

      Elke mens het ’n bron van inspirasie nodig wat sy lewe sal ophelder en aan hom krag en besieling sal gee wanneer terneergedruktheid oor hom toesak.

      Hierdie bron verskil van mens tot mens. Vir sommige lê dit in kuns en musiek; vir ander in die skoonheid van die skepping; vir nog ander in diens aan die samelewing.

      Dit is goed om ’n plek, ’n persoon, ’n fontein te hê wat jou kan versterk in tye van geestelike behoefte. God het deur Jesus Christus aan ons die Heilige Gees gegee om vir ons ’n kragbron te wees.

      Die Geesvervulde kind van God ontdek spoedig dat dit ’n onoortreflike kragbron is. Ware besieling en inspirasie begin met jou kennismaking met Jesus Christus, wat die volmaakte oorsprong is van alle innerlike krag. Wanneer jy Hom ken en liefhet, begin jy in gees en waarheid aanbid en jou lewe word ’n loflied tot sy eer.

      Jou geloof in Jesus en jou liefde vir Hom word steeds deur die vlam van die Heilige Gees gevoed. Dit is die fondament waarop jou geloofslewe gebou is en die oorsprong van jou innerlike krag. Hiervandaan vloei sy krag en liefde na elke terrein van jou lewe.

      In oomblikke wanneer jy swaarkry, sal die Heilige Gees jou leiding, nuwe hoop en moed skenk vir elke dag.

      O Heilige Gees, vervul my hart met die krag van omhoog sodat ek in geloof en liefde vir God in hierdie wêreld mag leef.

      7 Februarie

      Filippense 1:1–11

      God boaan my lewensagenda

      Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal

Скачать книгу