Ridders van die grondpad. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ridders van die grondpad - Deon Meyer страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Ridders van die grondpad - Deon Meyer

Скачать книгу

man!” het ek in verbasing en verwondering uitgeroep.

      Skielik was een van mý tjommies deel van daai groep ouens in die skool wat ’n motorfiets gehad het. Hoeveel aande het ons net nie in Bellville se strate op daardie motorfiets deurgebring nie. Soms was ons drie of vier op hom. Op pad na iewers tussen êrens en nêrens. “Sit jou hand oor die exhaust en dan maak jy so oop en toe. Dan klink hy nes ’n XT 500,” onthou ek nog vir Francois sê wanneer ons laat saans rondrits.

      Dit was waar dit alles begin het. Die uitlaatgasse sypel seker maar by ’n mens se bloed in en so word motorfietsry deel van jou hele wese.

      In matriek kry ek toe ’n stukkende Suzuki PE 250 by so ’n goor kêrel wat krediete by my suster wou probeer koop. Ek, Francois en nog ’n vriend, Loeki, het daai hele motorfiets tot op die raam uitmekaar gehaal. Ons het sy suierslag-ruimte na 300cc geboor en hom weer aanmekaar gesit met ’n paar moere en boute wat oorgebly het.

      Goeie genade! Toe ons hom daarna in Ionastraat aan die lewe skop, was dit asof ons ’n monster in die buurt losgelaat het. Sy tweeslag-power band was legendaries en het talle mense in die buurt saans wakker gemaak.

      Ek het die sandwoestyn by Atlantis menigmaal met hom deurkruis. Ek het hom oor die Cederberge gestuur, by gedeeltes van die Weskus op en in die middel van die nag deur Bellville se strate sonder ’n knaldemper gery. Toe ek egter eendag te vinnig by die huis se inrit injaag en die onbeskofte agterband op my pa se grasperk sluit, het ek te ver gegaan. Ek was al te groot vir ’n pak slae, maar sy verbale loesing oor die sloot wat ek agtergelaat het, is vandag nog vars in my geheue.

      In die infanterie aan die Grens het ek maar net met verlange na die berede eenheid en hul manewales gekyk. Dis nogal iets om te aanskou wanneer 30 Honda XR 500’s almal grommend en gesinkroniseerd deur die veld jaag. Gedurende my studiejare op technikon het ek ’n tweedehandse XT 600 Ténéré gekoop met my onwillige pa se hulp. “Jong, hierdie ding lyk gevaarlik,” en “Ry tog asseblief net versigtig,” was sy vermanings toe ons met my bankboekie by Volkskas instap.

      Ek het natuurlik nie altyd versigtig gery nie, maar daardie ysterperd het my na plekke gevat waarvan ek toe nog net gedroom het. Ek is deur die Transkei met hom en het ook die hele Namakwaland platgery. As ’n jong natuurbewaarder in Springbok het ek die motorfietsryery met perdry afgewissel. Al twee dié diere neem jou na plekke waar jy gewoonlik nie kan kom nie. Al twee spuit straaltjies adrenalien in jou bloedstroom.

      Kameras en motorfietse

      Aan die begin van my motorfiets-wedervaringe het ek altyd ’n kamera en twee lense in my tenksak saamgery. Die groot EOS-1N met sy batterypak en ’n vinnige lens weeg nogal ’n paar kilogram. Boonop moes ek dit mooi beskerm, wat min plek vir enigiets anders gelaat het. Die goed wat ek gedurende die dag wou gebruik, moes ek maar in ’n rugsak dra.

      Maar my kameras is getrou saamgeneem. Net vir in geval ek iets aangrypends sien. Een van ’n fotograaf se grootste vrese is immers dat hy “daardie moment” sal misloop. Ek het spesifiek my filmkameras gebruik omdat dit te duur sou wees om my digitale kamera te vervang as ek dalk met moeder aarde sou kennis maak. Ek kon natuurlik ook nie sonder my klein driepoot gaan nie en dit is agter op die fiets saam met die res van my bagasie vasgebind.

      Wanneer ek alleen gereis het, was al die toerusting en my gereelde stilhouery om foto’s te neem natuurlik nie ’n probleem nie. Dit was egter ’n ander storie wanneer ek saam met ’n paar kamerade gereis het. Nie dat hulle vreeslik daaroor gemor het nie, maar dis ook nie net van skiet uit die saal nie. ’n Mens moet eers stilhou, jou valhelm afhaal en handskoene uittrek en dan die toerusting uithaal en gereed kry. Teen die tyd dat ek die foto geneem, alles weggepak het en weer aangetrek was, was die konvooi al besig met hul tweede drankie in Middelpos se kroeg en het die rustydfluitjie vir die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks al geblaas.

      Weldra het dit net nie meer vir my gewerk om die hele gedoente deur te gaan nie, veral nie wanneer ek in ’n konvooi gery het nie. Tog kan ek nie sonder ’n kamera nie. Dit sou wees soos om sonder ’n knipmes deur die lewe te gaan. Die oplossing het gekom in ’n kleiner digitale mik-en-druk waarmee ek vinnig oomblikke kon vaslê sonder om my helm af te haal, danksy die kamera se skermpie. Die kameras was egter nie net ’n dooiegewig nie. Etlike jare gelede het ek een keer saam met Deon en Jan du Toit op ’n roete gery wat ons oor die Prins Alfred-pas sou neem. Ek was op ’n BMW Dakar met ’n agterband wat al beter dae gesien het en ek het ’n hele sak vol kameratoerusting op my rug gehad. Ons was in Knysna se donker woud toe Deon die volgende oomblik om ’n draai gly. Ek het gedink dis omdat hy versnel het, maar toe is dit al die tyd weens water wat uit die kant van die pad loop en ’n fyn lagie seepgladde modder veroorsaak.

      Deon het regop gebly en ek het gedog ek sou ook. Toe nie! Hy het knopbande gehad terwyl ek op afgeleefde slangvelle was. Ek het in die draai net aan die versneller geraak en toe pens en pootjies op my rug beland. Ek sou my rug dalk baie seergemaak het as dit nie vir die kamerasak was wat my val daardie dag ’n bietjie gebreek het nie. Die kameras het niks oorgekom nie, maar ek sal liewer nie uitwei oor my knie wat die grond eerste getref het nie.

      * * *

      Ek ry op die R355 in die Tankwa-Karoo teen ’n bogemiddeld hoë spoed en staan op die rug van my KTM 950 soos ’n wafferse perdejoggie. ’n Groot glimlag oorval my skielik … ek ervaar die allerheerlikste gevoel van amperse bomenslikheid. Al my sintuie is geaktiveer en vlymskerp. Elke reukie wat die veld oplewer, slaan in my neusgate op.

      Die geringste verandering in die pad en die gepaardgaande hantering van die meganiese monster tussen my bene lei tot ’n hoër vlak van bewuswording. Die perspektief van bo is soveel anders as wanneer jy sit en ry. Elke nou en dan loer ek vinnig om na die stofwolk wat my agtervolg. Daar is iets hipnoties aan daardie stofstreep.

      Ek is op ’n harde tweespoor-veldpaadjie en ek sien die vertes in. ’n Langerige draai in die pad lê voor, ek draai die versneller en hoor hoe die toere klim tot by daardie meganiese skreeugeluid wat vir my so mooi is. Ek verwonder my oor die geluid en die motorfiets se nuwe geaardheid. Ek het hom kwaad gemaak en hy probeer van my af wegkom in die draai. Ek voel hoe die agterwiel wil uitbeweeg en die gevolglike beheerde gly om die draai.

      Ervarings word in sekondes en millisekondes gemeet. Soos die tyd stadig verbytik, dink ek aan niks behalwe die impulse wat my sintuie na my brein stuur nie. Alles wat my pla, is ook al lankal langs die pad agtergelaat.

      Ek sien die pad en voel die motorfiets. Ek ervaar verligting sonder enige meditasie. Ek is deel van die motorfiets. Ek ís die motorfiets.

      [no image in epub file]

      Om ’n boek te doop

      Die moeilikste deel aan hierdie boek se samestelling was om die regte titel daarvoor te kry. Nie net omdat dit ’n aweregse alles-in-een-roetegids, fotobeeld, ysterperd-filosofie en teoretiese handboek is nie. Die groot probleem was semanties: Wat noem ’n mens dié motorfietse wat soos ’n Switserse knipmes omtrent alles kan doen?

      Sommige joernaliste verwys heeltemal tereg na die groot avontuurtoer-motorfietse as “dubbeldoel”- of “dubbelsport”-modelle, want hulle is ewe tuis op die grond as op die teer. Maar daar is baie van die kleiner veld-rygoed wat dié eienskap deel – dink maar aan die ou Yamaha XT 500. Gemaklike langpad-toerfietse is hulle egter nie.

      Ons weet ook dit is nie net dubbeldoel-motorfietse

Скачать книгу