.

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу - страница 6

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
 -

Скачать книгу

moet van die plaas- en buitelewe hou.

      •Sy moet tegnies, administratief en finansieel aangelê wees.

      •Sy moet goed met mense kan werk om die gaste te hanteer.

      •Sy moet bereid wees om ’n professionele jagter te word.

      •Sy mag nie allergies wees vir bloed of vleis nie.

      •Sy moet kan bak en brou.

      •Sy moet ’n swaarvoertuiglisensie hê. (Wel, dit is ’n wens …)

      •Sy moet ’n ligtevoertuiglisensie hê. (Sal haar stuur vir ’n gevorderde 4x4-kursus.)

      “Waar gaan jy dié supervrou optower?” vra Marissa toe hulle klaar is.

      “Êrens daar buite loop daar dalk ’n los gelukkie. Maar nou moet ons eers ’n lys van my persoonlike vereistes maak.”

      •Sy moet atleties gebou wees.

      •Sy moet mooi voete hê.

      •Sy moet mal wees oor liefde maak en van kinky seks hou.

      •Sy moet getrou wees.

      •Sy moet ’n humorsin hê.

      •Sy moet ’n nudis wees, of net hou van kaalgat wees.

      •Sy moet mal wees oor aanraking.

      Sy hand dwaal na Marissa se liefdesnessie en hy vryf saggies daaroor. “En sy moet ’n mooi koekie hê …”

      “Jy is lekker laf en jy maak my lus.” Marissa bloos en hyg liggies as hy haar klit vertroetel.

      “... en sy moet die lyf en lippe van ’n godin hê,” sê hy wanneer hy haar saggies in sy arms neem.

      Juan besef die naweek staan einde se kant toe en hy moet die geleentheid met Marissa benut, want sy het dit duidelik gestel dat hul verhouding ná die naweek niks meer as ’n platoniese vriendskap sal wees nie.

      “Haai, kom ons gaan maak kos,” sê sy en wikkel haar uit sy omhelsing.

      Sy peester staan nou weer soos ’n tentpaal orent en hy is so lus dat hy dit sommer in die borrelbad se dreinpyp sal indruk.

      Marissa merk dit, draai om en kom sit wydsbeen oor hom. Haar nat lyf voel sag in sy arms wanneer sy hom omhels. Sy druk haar tieties, met stywe tepels, teen sy gesig en hy neem een daarvan in sy mond. Hy begin lek en suig asof hy nog nooit gespeen is nie. Eers die een, dan die ander.

      Haar onderlyf begin dringender reageer. Sy probeer haar kwak teen sy penis vryf en hy glip amper in, want sy is papsopnat. Hy probeer kophou, maar sy is besig om sy selfbeheersing behoorlik te toets … en hy verloor dit. Sy begin nou al hoe intenser beweeg. Sy druk haar tepels om die beurt in sy mond en haar koekie is nou dringend op sy grootmeneer, en hy is bevrees hy gaan ingly.

      Die volgende oomblik verloor Marissa haar selfbeheersing. Sy vat hom styf vas, druk sy stingel teen haar vrug en laat dit sonder skroom inglip. Hy voel hoe haar maagdevlies padgee en sy na haar asem snak. Haar skaamlippe sluit om sy skag en sy begin hom stadig al hoe dieper inry.

      Dit is mos nie wat sy wou hê nie! Wat van haar maagdelikheid? Wat as hy in haar gaan kom? Juan is skoon lam van die skok.

      Sy klou egter aan hom vas en ry hom dat die water oor die kant spat. Sy piel is nou diep en vol in haar. Dit voel hemels. Dit voel of hy droom as Marissa sonder waarskuwing kom en gil: “Oe, dis lekker, Juan! Moenie ophou nie! Asseblief, ek gee nou nie meer om nie. Ek kan nie meer voorgee nie!”

      “En wat van jou maagdelikheid, my lief?” vra hy versigtig.

      “Ag, te hel daarmee,” hyg sy, en hy kan sy ore nie glo nie.

      Hy vertroetel haar klit met sy duim. Sy ry hom of sy besig is om ’n wilde hings vrye teuels te gee. “Ons gaan heelnag deur liefde maak,” fluister sy in sy oor. “Dit is mos wat jy wou gehad het.”

      Juan voel hoe haar spiere weer saamtrek en hy laat hom ook gaan. Hulle kom dat amper die helfte van die jacuzzi se water in die drein om die bad beland. Sy ore en hart sing van plesier.

      Daarna sit hulle ’n ruk lank stil in mekaar se arms. Maar kort voor lank begin Juan se penis weer stuiptrekkings kry, want dit is steeds styf in haar. Dit is onvermydelik dat hulle deur ’n tweede ronde van genot sal gaan.

      Eers ná ’n halfuur kom hulle weer tot verhaal en besluit hulle hulle is nou honger. Dit is groot pret om kaalgat en vrolik vleis te braai, pap en sous te maak en nie hul hande van mekaar af te hou nie.

      Ná nog ’n marathon-liefdemaaksessie lê hulle uitgeput op die matras, en Juan vra Marissa hoe sy oor hom voel en oor die feit dat sy haar maagdelikheid verloor het.

      “Alles in die lewe gaan oor besluite, Juan,” sê sy. “Ek het in die oomblik van passie besluit om my heeltemal vir jou te gee en ek moet vrede maak daarmee.” Sy praat rustig. “Daar is niks wat ek op die oomblik meer begeer as vir jou nie. Jy het eendag onder bespreking gekom toe Yvonne by my gekuier het. Sy het voorgestel dat ek en sy een naweek hier by jou op die plaas kom kuier. Nadat sy vertrek het, het my pa gesê hy sal my onterf en afskryf as ek ooit naby jou kom, laat staan nog verlief raak op jou. Ek het ten spyte daarvan verlief geraak op jou en baie aande oor jou gedroom en gemasturbeer. Veral ná die aand in die parkeerterrein toe jy jou nie kon gedra nie. So, jy moet verstaan, asseblief. My ouers en familie beteken vir my alles, en dit maak dit moeilik.” Sy praat nou sag en hy sien die hartseer in haar oë.

      “Dink jy dit sal help as ek met jou pa gaan praat?”

      “Jy ken hom. Dit sal dinge net vererger,” keer sy. “As jy wil, kan ons gereeld skelm ontmoet. Al is dit al hoe ons mekaar weer te siene gaan kry. Jy ontmoet dalk met Boer soek ’n vrou jou lewensmaat en dan gaan ek definitief terugstaan, hoe moeilik dit ook al sal wees.”

      “Nog ’n ding,” vra hy. “Ons het nie veilige seks gehad nie. Sê nou jy raak swanger?”

      “Moenie bekommerd wees nie, ek het die Pil al so drie maande gelede begin drink. Ek het tóé al beplan om met jou liefde te maak. En nog ’n ding … ek respekteer jou dat jy my versoek gehoorsaam het toe ek in die begin gevra het jy moet my nie penetreer nie. Dit was net ’n toets en jy het dit geslaag. Daarom het ek in die jacuzzi besluit genoeg is genoeg.” Juan kyk haar stil aan. Hy besef weer dat almal behoeftes het en dat dit ons nie rêrig sleg maak nie. Marissa het in ’n pastorie grootgeword en tog ook uiteindelik maar geswig voor die begeertes van die lyf. Hy gaan nie skuldig voel nie.

      Nee, skuldig sal hy beslis nie meer voel nie.

      5

      Met slegs herinneringe oor van die heerlike naweek, kom Juan, Marissa en Yvonne Dinsdagaand ná die rugbyoefening by Yvonne se huis bymekaar sodat hulle hom kan help om vir Boer soek ’n vrou in te skryf.

      Dit is vir Juan moeilik om sy hande van Marissa af te hou. Net die aroma van haar nabyheid ontsenu hom. As hy na haar kyk, sien en ruik hy haar lyf. Op ’n stadium

Скачать книгу