Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Boer kry ’n Vrou - Jan van Staden страница 7
“Hoekom vra jy, Sus?” wil Juan weet.
“Geen twee mense kyk so die hele aand na mekaar sonder dat daar ‘iets’ is nie. Dink julle ek is onnosel? Kom, uit met die waarheid!” beveel Yvonne.
Marissa raak rooi in die gesig en gaan sit.
“Daar is niks om te sê nie, Sus,” sê Juan. “Kom ons gaan aan. Hier is my vereistes. Kyk of jy daarmee saamstem,” probeer hy die onderwerp vermy.
“Nee, Juan, so maklik is dit nie. Uit daarmee!” Yvonne verseg om bes te gee. “Julle speel met vuur, Marissa, en jy, van alle mense, behoort dit te weet!”
“Wat wil jy hê moet ek sê, Yvonne? Jy weet ek kan nie my gevoelens wegsteek nie. Daarvoor ken jy my te goed,” verdedig Marissa haar.
“Juan, wat de hel het jy nou weer aangevang?” tier Yvonne voort. “Jy speel met mense se gevoelens! Is Marissa jou jongste slagoffer?”
“Yvonne, asseblief, dit is nie net sy skuld nie,” skerm Marissa.
“So, dan slaap julle wragtig saam. Jou pa sal jou en Juan vermoor as hy dit moet weet!” Yvonne gaan sit langs Marissa. “En jy, mannetjie, kan jy nie vir een oomblik jou gulp toehou nie?” sê sy vir Juan. “Nou verlei jy my vriendin ook nog. Hoeveel gaan daar nóg wees?”
Marissa begin saggies snik. “Ek is lief vir hom, al sê jy wat, Yvonne. Ek weet dit sal nooit werk nie … nie met my pa nie.”
Juan kan dit nie meer hou nie. Hy trek Marissa op en druk haar teen hom vas. Hier het ek nou lekker opgefok, dink hy.
“Hoe lank gaan dit al aan, Boet?” vra Yvonne.
“Maak dit saak, Sus? Ons weet dit sal nooit kan uitwerk nie,” antwoord hy. “Haar familie sal my nooit aanvaar nie en ons het vrede gemaak daarmee.”
“Nou wat is julle planne vorentoe? Julle twee pollevink en rol in die bed rond, maar wil ook Boer soek ’n vrou se tyd mors?” vra Yvonne met ’n tikkie sarkasme.
“Ons het besluit, hoe moeilik ook al, dat dit die oplossing is vir ons verbode liefde,” sê Marissa.
“Ai-ai-ai, julle speel met vuur en ek hoop nie julle verbrand julle vingers nie! Maar kom ons gaan voort,” sê Yvonne beslis. “Jou lyf en gesig behoort ’n goeie bate te wees vir die program, Boet. Maar vir die meisies beteken dit moeilikheid … om nie eens te praat van daai ding tussen jou bene wat net heeltyd gat soek nie. Jy sal jou moet gedra, want dit klink of hulle weer vyf meisies na die boere se plase toe gaan stuur. En jy kan nie eens jou hande van één afhou nie.”
“Sus, Marissa is nou my maatstaf. As daar enigeen soos sy is, belowe ek jou ek trou met haar en sweer ewige trou.”
“Nee, Juan, ek het vir jou gesê dit is nie reg nie,” sê Marissa en wys haar vinger na hom, “nie teenoor die meisies nie. Elke vrou het haar eie eienskappe.”
Juan wens sy wil daai vingertjie tussen haar bene druk en dan in sy mond sodat hy weer haar liefdesap kan proe … eisj!
Dit is al laat wanneer hulle die vorms vir Boer soek ’n vrou ingevul het en Juan stel voor dat hy agter Marissa aan ry tot by hulle huis om seker te maak sy is veilig. Marissa is al in haar kar wanneer hy Yvonne groet.
“Jy is ’n bliksem, weet jy?” sê sy. “Ek weet jy gaan vanaand by haar slaap, want dominee Van Graan is mos met vakansie.”
“Koebaai, Sus. As jy nie my suster was nie, het jy al lankal deurgeloop,” terg hy haar.
Op pad na Marissa se huis maak Juan ’n plan oor wat om met sy kar te doen. Ou tant Flora langsaan sal definitief skinder, want sy Jeep is alombekend in die dorp. Marissa weet dit nog nie, maar hy gaan vannag met haar liefde maak dat sy môre skaars sal kan sit.
Toe hulle by die huis kom, maak sy die hek en die deur van die dubbelmotorhuis oop. Toe sy stilhou, stop hy langs haar in die motorhuis voor sy die knoppie kan druk om die deure te laat toegaan.
Marissa spring verbaas en met groot oë uit haar BMW. “Wat dink jy doen jy, Juan?” Sy kyk hom agterdogtig aan.
Hy stap na haar toe, vat haar in sy arms en soen haar dat die sterretjies aan die hemel vir hulle knipoog. Hy steek sy hand onder haar minirok in en begin haar deur haar broekie bewerk. Sy wil eers teëstribbel, maar hy oorrompel haar. Wanneer sy wil praat, soen hy haar. Sy hand is nou in haar broekie en hy voel hoe sy wyer staan sodat hy sy vinger in haar kan kry. Toe weet hy hy het die stryd gewen.
Sy maak die deur wat in die huis in lei oop. Hulle stroop hul klere af en klou aan mekaar asof hulle nooit weer van mekaar wil afskeid neem nie.
Dit voel na ’n baie vreemde terrein en Juan hoop nie dominee Van Graan het êrens versteekte kameras nie. Marissa lei hom na haar kamer. Hulle is nou poedelnakend.
Juan druk haar op die bed vas en maak haar bene wyd oop. Sy hart en penis klop teen ’n gevaarlike tempo wanneer hy sy mond oor haar liefdeslippe sluit. Hy voel of hy haar kan opvreet van lekkerte … haar klit is hard en styf … sy is sopnat … en hy suig en lek haar asof hy nie genoeg kan kry nie.
Sy kry ’n orgasme en breek amper sy neus soos sy haar heupe op en af ruk. Juan kan nie langer wag nie en druk hom diep in haar. Sy snak na haar asem en gooi haar bene oorkruis oor sy heupe. Hy penetreer haar saggies met kort steke en wissel dit af met ’n paar lang hardes. Haar skaamlippe vou saggies maar styf om sy skag en hy druk dit tot teen haar baarmoeder vas. Haar naels boor in sy rug.
Dit is ongelooflik lekker om haar kaal, ferm lyf in sy arms te hou as sy haar heeltemal aan hom oorgee. Hy voel haar vagina begin saamtrek, sy knaters begin vol pomp en hy voel of hulle gaan ontplof. Hy weet nie wie van hulle twee die hardste gil toe hulle kom nie, maar die klank weergalm deur die pastorie.
“Mmm, dis lekker! Ek wil nog hê, asseblief!” smeek Marissa.
Ná die derde ronde pluk hy sy voël uit en soen haar van kop tot tone en lek en suig haar kwakkie mooi skoon as sy weer haar heupe begin wikkel en kreun van lekkerkry. Daarna gaan lê hulle moeg geploeg langs mekaar.
“Nou is ek dors,” sê sy en staan stadig op. Sy vat sy grootmeneer in haar hand en gee dit ’n drukkie. Toe sy voel hy begin weer stuiptrekkings kry, spring sy op en hardloop badkamer toe om te gaan piepie. Terwyl Juan vir haar lê en wag besef hy net weer hoe ’n vroulike wese ’n man se brein kan beïnvloed. Dit laat jou die simpelste dinge sê en doen, kan jou kniediep in die moeilikheid laat beland, stel jou soms in die grootste verleentheid, kan jou hele toekoms opneuk vir die paar minute of ure wat jy die heerlikste genot daaruit put … maar eisj, dit bly die moeite werd, al is dit die laaste oomblik van jou bestaan. Konings, presidente, dominees, mense met aansien en groot verantwoordelikhede het hul gatte al geheel en al gesien met die voel en sien van die wonderlike, misterieuse, vroulike vagina. Die ergste van alles is dat jy nie genoeg daarvan kan kry nie. En die grootste wonder is dat geen moemfie dieselfde proe, lyk of reageer nie.
Ou Faantjie, wat pas getroud is, het dit nou die aand goed gestel in die kroeg: “Manne, hoe dit lyk en hoe dit smaak maak nie saak nie, dit bly die lekkerste gereg op ’n man se bord.”
’n Gevoel van eensaamheid en hartseer kruip weer onverwags oor hom omdat hy die laaste tyd iemand begeer wat hy elke dag kan bederf, respekteer