Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg. Lilian Paramor

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor страница 5

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor

Скачать книгу

te stel. Huil is bloot Baba se eerste vorm van taal: sy manier om met jou te kommunikeer.

      Moenie oorhaastig voorkomend reageer op elke geluidjie wat ’n baba uiter nie. ’n Baba sal dikwels eers ’n paar geluidjies maak, ’n bietjie kerm, dan rondwriemel en weer uit sy eie tot rus kom. Los hom eers ’n rukkie en stel vas of hy regtig iets nodig het. Dit beteken nie dat jy hom lang tye aaneen bitterlik moet laat huil nie; bloot dat jy nie outomaties moet aanvaar dat dit wel gaan gebeur nie. As Baba huil, oorweeg eers die volgende moontlikhede voor jy na ernstiger oorsake begin soek:

      •Is Baba se doek nat of vuil? Stel gereeld ondersoek in en ruil dit om indien nodig.

      •Is Baba dors of honger? Voed na behoefte, nie volgens ’n skedule nie.

      •Kry hy te warm of te koud? Onthou dat babas gouer koud én warm kry as volwassenes en dat jy moontlik ’n laag of twee klere of komberse sal moet byvoeg of verwyder.

      •Is sy ongerieflik, moontlik omdat sy te lank op een sy gelê het en een van haar ledemate slaap? Verander haar posisie af en toe as sy klaerig is.

      •Is hy moeg en vryf hy sy ore of oë? ’n Wandeling, ligte kloppies, susbewegings of sang sal hom aan die slaap help sus.

      •Raak hy teen laatmiddag ongedurig, soos byna alle babas? Gaan stap ’n entjie, bad jou baba of dra hom in ’n buidelsak rond; dit is ou beproefde rate.

      •Is sy dalk verveeld? Speel speletjies wat gepas is vir haar ouderdom.

      Party babas huil om aandag te kry, en dit is ’n ernstiger saak. Die meeste babas het hope aandag nodig en as jy jou baba taamlik baie aandag gee, behoort hy ge­lukkiger te wees. Moenie ’n baba as “stout” etiketteer nie – emosionele aandag is ’n geldige behoefte. ’n Drasak is dikwels die oplossing vir die probleem van huil ter wille van Ma of Pa se nabyheid. As Baba aanhoudend knieserig bly on­danks jou pogings, kan dit moontlik ’n aanduiding wees van ’n hoë behoeftevlak of dat sy homeopatiese Chamomilla-tablette nodig het. Babas se persoonlikhede verskil net soveel soos volwassenes s’n, en jy mag soms voel dat hulle glad nie sulke aangename wesens is nie!

      Indien ’n baba ’n keisersnee- of moeilike geboorte gehad het, kan Arnica-tablette gebruik word om die gevolge van spanning te verminder. Sulke ongelukkige babas reageer ook goed op massering.

      Ander oorsake van huil wat spesiale aandag verdien, is koliek en tande kry. Lees elders in hierdie boek meer hieroor.

      Nadat alle ander redes uitgeskakel is, moet jy laastens vasstel of ’n onge­lukkige baba dalk huil omdat hy koors het of siek is. Wees gedurig oplettend – vra jouself af of Baba koorsig voel, dalk van sy melk af is en of sy nat doeke ’n kenmerkende reuk het wat byvoorbeeld op ’n blaasinfeksie kan dui.

      WEEK SES

      Ses weke is ook ’n kritieke tydstip in jou lewe saam met ’n baba. In Suid-Afrika is dit tans die tydstip waarop immunisering begin en wanneer ’n gesnuffel, toe neuse en verkoues die eerste keer voorkom. Baba behoort binnekort nog ’n groei­versnelling te beleef; benader dit presies soos die driewekeversnelling. Jy voel moontlik nogal uitgeput nadat jy ses weke lank harder gewerk het as ooit tevore, en terselfdertyd voel jy miskien dat jou kraamverlof – jou kosbare tydjie saam met Baba – besig is om verby te vlieg.

      Oormatige mukus of slym is die oorsaak van die meeste geringe en baie van die ernstiger algemene kinderkwale, en babas en klein kindertjies is meer geneig om hieraan te ly.

      Algemene oorsake van oormatige mukus op hierdie ouderdom is:

      •Sensitiwiteit vir suiwel- en sojagebaseerde melkformules;

      •Baie suiwel- en graanprodukte in die dieet van ’n ma wat borsvoed;

      •’n Koue, droë klimaat;

      •Immunisering;

      •Te vroeë gebruik van babapap in ’n poging om Baba snags langer en beter te laat slaap.

      Neem kennis van die volgende wenke:

      ALGEMENE KWELLINGS VAN DRIE TOT SES WEKE

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Koliek

      •Klewerige ogies

      •Milia (baba-aknee)

      •Babaskilfers

      •Sproei

      •Veluitslag

      •Beperk jou suiwelinname terwyl jy bors­voed.

      •Skakel oor na ’n spesiale allergie- of intole­­ransie-melkformule.

      •Voeg 5 druppels bloekomolie by Baba se bad­water terwyl jy die warm water intap: die dampe sal die lugweë oop­maak.

      •In koue, droë klimate kan ’n warmlugbe­vogtiger snags gebruik word. Voeg ’n paar druppels bloekomolie by. Maak die bevog­tiger elke oggend skoon om te voorkom dat dit deur bakterieë besmet word.

      •Moenie in hierdie vroeë stadium babapap gee nie.

      •Sien die afdeling oor gesondheid in hierdie gids vir wenke rakende immunisering.

Low%20Gi23155.tif

      SPELETJIES VAN DRIE TOT SES WEKE

      Blaas liggies teen Baba se voetsole.

      •Ry fietsie met Baba se bene.

      •Vat Baba se arms liggies vas en vou en ontvou hulle herhaaldelik voor hom terwyl jy vriende­like, bemoedigende geluide maak.

      Ses weke tot drie maande

      Julle gaan al hoe meer pret hê, want Baba begin nou tevrede en bewonderend reageer op alle interaksie. Jy hanteer hom makliker en jy voel dat jy sy persoonlikheid nogal goed begin leer ken.

      MYLPALE

      •Baba sal beter nekbeheer hê, maar jy sal nog steeds die kop moet ondersteun wanneer hy nie in die regop posisie gehou word nie.

      •Baba volg toenemend bewegende voorwerpe met sy oë, selfs oor die middellyn.

      •Let op hoe hy langer op spesifieke voorwerpe fokus.

      •Sy sal met haar hand na voorwerpe reik wat binne ’n armlengte van haar af hang.

      •Hy is dol daarop om na gesigte te kyk wat op ’n papierbord geteken is, maar hy sal met joune ook tevrede wees!

      •Sy sal wegkyk en weier om oogkontak te maak wanneer sy moeg of oorgesti­mu­leer is.

      Beproef hierdie wenke om jou tydjies saam met jou baba gedurende hierdie weke genotvol en betekenisvol te maak:

      •Troetel en druk jou baba

Скачать книгу