Anderkant uit. Hanlie Retief

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anderkant uit - Hanlie Retief страница 4

Anderkant uit - Hanlie Retief

Скачать книгу

wat sóék ek hier, dan sê ek maar nee, dis ’n lekker uitdaging.”

      Veral as die joggie ’n diesel-Mercedes-Benz met die groen pomp volmaak en die motor begin ruk-ruk twee kilometer straataf.

      Sy klink soos ’n gesoute vulstasie-vrou: “Sê tog vir almal: As die verkeerde brandstof in jou kar beland, moenie ’n tree verder ry nie!”

      Die plek het oor hul pad gekom. Haar man het die grond, wat opsygesit is vir ’n vulstasie, besit. “Hy’s die entrepreneur, ek’s meer die doener. Dis ’n goeie kombinasie.”

      En dis wat jy moet wees as jy en jou 35 werknemers soveel dinge gelyk moet laat gebeur, van brandstof tot broodrolletjies tot die griller wat perfekte patties moet bak. “Jy moet sien hoe slaan ek ’n Wimpy-burger saam. My kinders is natuurlik ekstaties hieroor.”

      Die hele ding van 24 uur oop bly, laat haar soms in die middel van die nag wakker skrik.

      “Dan wonder ek of die personeel orraait is.”

      As jong meisie het sy gedroom van ’n groot huis met houtvloere en honde en kinders wat die trappe op- en afhardloop.

      “Nou’t ons nie houtvloere nie, maar ek het darem twee kinders en ’n klein hondjie! ’n Mens se drome word seker nooit presies bewaarheid nie. Maar die beste van my drome hét ek: my twee kinders. Hulle is waaroor my lewe eintlik gaan.”

      En haar huis hét trappe, sê sy stil.

      “Daar gaan seker nie ’n dag verby wat ek nie sê dankie Here, ek kan daardie trappe uitklim nie.

      “Toe ons daar ingetrek het, het ek steeds gesukkel met naarheid as gevolg van die chemoterapie.

      “Weet jy hoe voel dit as jy moet boontoe of ondertoe, maar jy’s so uitgeput jy bly maar liewer sit?

      “Daai moeg-moeg.

      “Ek weet nie hoekom nie, maar die trappe het vir my simbolies geword.”

      Van genesing. En groei, en dankbaarheid.

      Oktober 2011

      Nie ’n takkie om te breek nie

      Die broers Michal en Hennie Zeelie bly alleen in die Goudveld staatsbos naby Rheenendal – die laaste houtkappers in die Knysnabosse. Die onderhoud is in Desember 2012 buite hulle plankieshuis gevoer.

      Dis oë sonder agterdog wat jou groet by die paaltjieshek wat styf vasgewoel is met ’n ou stuk tou. Gesigte vars, agter die verweer, agter die baardstoppels.

      Bosmanne.

      Michal en Hennie Zeelie.

      Laaste houtkappers van die Knysna-bosse.

      Ons gaan sit op boomstompe onder ’n koejawelboom. Die broers sit hande op die knieë, regop, gemaklik, gewoond om so te sit. Drie beeste vreet gras hier om ons. Kolletjie, Witkwas “en die derde een is net ’n kalf”, sê Michal. Michal is 59, Hennie 58.

      “Dis nou 11 jaar wat ek en my broer hier in die losplankiehuis bly. Net ons twee. Al die anner is nou al weg; ons neef is ook al oor.”

      Hul lappie grond is langs die Goudveld-staatsbos naby Rheenendal. Sonder krag, afgesluit van die wêreld.

      Verlede jaar was hulle ’n paar oomblikke op die SABC2-reeks, Shoreline, as laaste stemme uit ’n vergange era.

      Vergooi en verwaarloos.

      Deesdae het die Zeelies ’n permit nodig om in die bos rond te loop, die bos wat hulle soos ’n agtertuin ken.

      “As jy nou deur die heining klim, moet jy betaal. Voorheen het ons sommer ingegaan en hout gaan saag en water haal by die fontein. Nou’s die bos vir ons toe.”

      Nou’s hulle vasgekeer tussen bunny huggers en holistic horse riders van die arty Rheenendal Ramble, teenaan hierdie bos, waar hulle soveel koninklike kalanders laat val het.

      Michal: “Onse oupa Michal-hulle was die eerste houtkappers. Uit 1885 se dae. Ons is die nasate.

      “Toe ons opgeskote raak, onse staan kry, het ons op Bramekraal gebly.

      “Hendrik Vonk was oorlede pa se bynaam. Skraal soos ons, maar hy was ’n haastige man.”

      Hennie gaan haal ’n foto’tjie uit die huis. Wys stywevinger. Werkershande, sien jy. Hulle ken die vat van ’n byl, die vou om ’n treksaag.

      “Dis oupa Michal en ouma Jacoba onder die akkerbome op Bramekraal, en onse ma se suster Cornelia en onse ma Maria Magdalena.”

      Hy raak weemoedig. “Ai.”

      Dik blokke ysterhoute en kalanders en stinkhoute het Oupa-hulle met ’n span osse die klippad af Knysna toe gekarwei, vertel Michal.

      “Smôrens halfvier is ons op pad. Af met die ou Phantompas, en onder by die ou rooi brug is dit eers ’n uitspanning; dan drink die oumense koffie.

      “Dan is dit deur die drif anderkant uit na die fabriek óf by Parks óf by Thesens.

      “Ons het ook begin kap toe ons jong laaities was. Ons het súlke blokke gesaag. Hiérdie hoogte,” wys hy. “Ja. Ja.”

      Nou hoe kap mens ’n boom?

      “Nee, jy vat ’n gewone byl.”

      Hy soek in die hoop vuurmaakhout rond. “Waar’s die byl nou? Jy tjip hom, tjip hom voor,” beduie sy hande.

      “En dan saag jy hom agter met die treksaag. Jy kyk op na die kroon toe. Jy meet hom, kyk: gaan die wind hiernatoe of daarnatoe.”

      Vir die Zeelie-broers het ’n boom nog nooit verkeerd geval nie.

      “Ou George Barnard, hy’t ’n Dodge-lorrie gehad, hy’t ook so bos gewerk.

      “Net hier op die rug, toe kap hulle ’n ysterhoutboom. Hulle’t nooit gesien bo in die boom hang ’n los stuk tak nie, en toe ou George die boom trek, val daai stuk tak hom middeldeur. Net hierso,” druk hy teen sy borskas.

      “Toe hulle die tak uit hom trek, toe spring die bloed uit.”

      Hy’s dood?

      “Hy’s dóód, ja.”

      En daar’s Jan Plan gewees.

      “Hy was nie heeltemal all there nie.

      “Die middag laat, toe wonder hulle: Hoekom kom Jan nie aan nie? Sy pa dink: Ag wat, hy bly seker maar vanaand in die bos, slaap daar by die skerm; hy’t mos kos by hom.

      “Die volgende dag kom hulle daar, huh-uh, hy is nie by die skerm nie.

      “Oulaas kry hulle hom by Krisjan-se-Nek, waar die boom hom vasgelê het. ’n Week lank het hy daar gelê. Al vol brommers.”

      Wanneer was dit? Die Zeelies raak vagerig. Seker ook so… tussen die 18de en die 19de eeu, ja.

      Krisjan-se-Nek.

Скачать книгу