Die landheer van Koningshof. Schalkie van Wyk
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Die landheer van Koningshof - Schalkie van Wyk страница 7
“Maar ons moenie te fel oordeel nie, my liefietjie. Ek twyfel of jou ma ooit werklik geluk geken het sedert sy met soveel bitterheid van Evert Mynhardt geskei is. Ek dink ook nie dat sy glad nie vir jou lief is nie, maar jou teenwoordigheid herinner haar elke dag daaraan dat sy hom weggestuur het. Dit is waarskynlik vir haar te pynlik om aan haar foute te dink, daarom dat sy jou van Evert af weggehou het sodat sy hom nie hoef te sien nie. Daarom gee sy ook so min aandag aan jou, want sodoende hoef sy nie aan haar verkeerde optrede herinner te word nie.”
“Dit kan wees,” gee Erika toe.
“Ai, die arme ongelukkige Evert,” sug tant Lallie. “Hy was sestien jaar ouer as jou ma, ’n innemende man, skraal en aantreklik, en welgesteld genoeg sodat Phoebe nie hoef te gewonder het oor die opregtheid van sy liefde vir haar nie. Evert Mynhardt was ’n gesogte man onder die ongetroude meisies.”
Haar pa was ’n skaamtelose flirt soos sy vanmiddag was, dink Erika skuldig en krap die slaai op haar bord met haar vurk deurmekaar. “Was … was my pa altyd getrou aan my ma, tannie?” vra sy effens hees, en wonder waarom sy skielik lus voel om te huil.
“Ongetwyfeld, hartjie. Ek oordryf nie, Erika. Vir byna twee jaar lank was jou ouers soos ’n pasgetroude paartjie wat hulle wittebrood gevier het. Ek het nog oor my oorle Willem getreur, maar ek onthou hoe dankbaar ek was dat hy nie daar was om my hartseer oor Evert se egskeiding te deel nie. Evert het nie net sy ongebore kind verloor nie, maar ook die liefde van die eerste vrou wat hy ooit werklik liefgehad het.”
“Is my pa nie weer getroud nie, tannie?”
Lallie glimlag verras. “Nou vra jy my iets wat ek nie weet nie, liefietjie. Ek het soms daaroor gewonder, maar ons kan die goeie Jasper vra. Het hy nie vanmiddag uitdruklik gesê hy het al die jare in verbinding met jou pa gebly nie?” Sy frons bekommerd en vra aarselend: “Of … of is dit die sjampanje wat nou praat? Haai, gesiggie, ek moet liewerster die drank los, want ek dink dit tas my geheue aan.”
Erika onderdruk ’n laggie, bly dat tant Lallie die vermoë het om haar op te beur. “Daar skort niks met tannie se geheue nie,” sê sy en vervolg tergend: “Sjoe, ou mense se ernstigste siekte is hulle ryk verbeelding.”
“So praat die wysheid van die jeug,” kom dit kamma geraak van Lallie, maar dan glimlag sy. “My verbeelding werk oortyd, seker maar omdat ek nie ’n swak indruk op die goeie Jasper wil maak nie, my liefietjie. Ek bedoel, dit sal verskriklik wees as Jasper dink ek is ’n vrou wat my gereeld aan drank vergryp, selfs al is dit net ’n paar glasies sjampanje.”
“Oom Jasper ken tannie te goed om so iets te dink, tant Lallie. Kom ons vier my toekoms as ’n suksesvolle sielkundige met ’n bakkie roomys. Ek is nie lus vir alledaagse kos nie.”
“Ek kan nie aan ’n beter voorstel dink nie,” antwoord Lallie ingenome en staan op.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.