Gaan Suid-Afrika oukei wees?. Jan-Jan Joubert

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Gaan Suid-Afrika oukei wees? - Jan-Jan Joubert страница 8

Gaan Suid-Afrika oukei wees? - Jan-Jan Joubert

Скачать книгу

aangeblaas het, is gewis in ANC-kringe besef. Enkele dae nadat pres. Cyril Ramaphosa in sy presidentsrede op Loftus Versfeld in Pretoria gesê het niemand moet voel daar word teen hom of haar gediskrimineer op grond van onder meer taal nie, is Lesufi verskuif, weg van onderwys, na finansies.

      Lanklaas was daar soveel blydskap oor ’n politieke aanstelling in die Afrikaanse gemeenskap. Dit het Afrikaanse nuusbulletins oorheers en daar is byna geen Afrikaanse kultuurorganisasie wat nie openlik in die wolke was daaroor nie.

      En toe, twee dae later, word hy heraangestel as Gautengse LUR vir onderwys, om redes wat seker later behoorlik bekend sal word. Dit was een van die grootste nederlae vir die grondwetlike verbintenis tot meertaligheid in baie jare. Die VF Plus het binne ure die gevoel van Afrikaanssprekendes en liefhebbers van die taal (van alle politieke oortuigings) saamgevat met sy stellings dat hulle Lesufi aggressief sal teenstaan en sal poog om alle opposisiepartye in Gauteng teen hom te verenig. Waar was die DA?

      Die vierde geval wat deur bronne in die VF Plus uitgelig is, hou ten nouste met die derde voorbeeld hierbo verband. Dit was die gebeure by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging, wat verkeerdelik geteiken is weens die skool se beleid om Afrikaans as taal van onderrig te gebruik – soos die Suid-Afrikaanse Skolewet onteenseglik toelaat.

      Die skool het die teiken geword van massa-optrede deur politieke partye soos die EFF, asook deur ander drukgroepe, om sy voertaal te verander. Lesufi was voor in die koor om die skool te teiken eerder as om die beheerliggaam te ondersteun. Namate die druk oor dae opgebou het, was die seine uit die DA aanduidings van ongemaklikheid eerder as ondersteuning aan die skool. Die reg op onderrig in Afrikaans is nie pro-aktief en dapper deur die Gautengse onderwyswoordvoerder van die DA – wat tot in daardie stadium basies volstrekte steun onder daardie skoolgemeenskap geniet het – verdedig nie.

      Nogmaals het die VF Plus die geleentheid aangegryp. Na betroubaar verneem word, was dit uiteindelik die nasionale minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, wat uit eie oortuiging ingegryp en die situasie ontlont het deur Lesufi daarop te wys dat dit darem werklik nie regverdig is om van ’n skool te verwag om sonder ewige kennisgewing sy taalbeleid te wysig nie.

      Wat die meriete van die saak ook al, die VF Plus het meer onomwonde as die DA die kant van die tradisionele DA-kiesers, naamlik die skool en sy ouers, gekies. Dit was nie dat die DA spesifiek teen sy kiesers gekies het nie, maar die party was lou, en soos die Bybelboek Openbaring in die brief aan die gemeente van Laodisea waarsku, word die lou water alte dikwels uitgespoeg.

      Die voorbeelde was besig om op te laai, en die gety was besig om te draai.

      Enkele dae later het die gety ’n vloedgolf geword met die vyfde voorbeeld: die Schweizer-Reneke-geval. Schweizer-Reneke is ’n dorp in Noordwes wat besig is om vinnig ’n buite verhouding groot reputasie op te bou vir die uitstuur van omstrede foto’s op sosiale media deur verskillende inwoners. Sjoe.

      In hierdie geval het ’n onderwyseres, Elana Barkhuizen, ’n foto geneem in die skoolbeginnersklas van ’n kollega, waar al die wit kinders bymekaar gesit het en al die swart kinders afsonderlik bymekaar. Die foto is aan ouers van die kinders gestuur en het op sosiale media versprei. Sonder om op ’n verduideliking van die kant van die onderwyser te wag, het die DA se nasionale jeugleier, Luyolo Mpithi, die kwessie as rassisme bestempel. Mpithi is ondersteun deur die DA se nasionale leier, Mmusi Maimane. Ook die DA-leier in Noordwes, Joe McGluwa, het Barkhuizen se skorsing verwelkom.

      Ná ’n paar dae van groot politieke spanning en dreigende geweld in Schweizer-Reneke, wat nogmaals nasionale hoofnuus was met ’n Afrikaanssprekende in die beskuldigdebank, is bevind dat Barkhuizen nie verkeerd opgetree het nie. Haar skorsing is opgehef.

      Tydens ’n dramatiese en emosionele mediakonferensie aangebied deur die vakbond Solidariteit, het Barkhuizen op weerlose en geskokte wyse van haar nare ondervinding vertel. Sy het wyd aanklank gevind as iemand wie se hele bestaan onregverdig en omvattend ontwrig is, en wie se professionele integriteit grof en ongegrond beledig is. Nogmaals was dit veral Afrikaanse mense, en by name Afrikaanse wit mense wat reeds geteiken gevoel het, wat hulle die gebeure aangetrek het.

      Waar die DA Barkhuizen kwaai en verkeerdelik veroordeel het, het die VF Plus eers gewag dat al die feite aan die lig kom, en toe vir Barkhuizen ondersteun. Dit was op elke vlak die regte ding om te doen, en die gebeure op Schweizer-Reneke was die oomblik toe die gety behoorlik gedraai het na die VF Plus. Maar dit was bloot die finale spyker. Die DA-steunverlies onder sommige Afrikaners het ’n lang aanloop gehad.

      Kort voor die verkiesing het die VF Plus munt geslaan uit nog ’n situasie. Die maatskappy MultiChoice het naamlik gedreig om sy borgskap aan die Ghoema-toekennings vir Afrikaanse musiek te onttrek omdat ’n musiekvideo waarin die sanger en politieke polemikus Steve Hofmeyr opgetree het, ’n finalis was vir ’n prys. Die VF Plus het kapsie gemaak en gesê daar word teen Hofmeyr gediskrimineer. Hulle het dit ook uitgebeeld as ’n aanslag op Afrikaanse musiek, op Afrikaans en dus op Afrikaanssprekendes. Hierdie strategie het inslag gevind weens die groeiende belewing van vrees en vervreemding onder die deel van die Afrikanerdom wat vatbaar is vir die VF Plus se boodskap.

      Daar is natuurlik ’n ander, groter deel van die Afrikanerdom wat niks met Hofmeyr te doen wil hê nie, wat – Hofmeyr of geen Hofmeyr nie – nooit in der ewigheid met die VF Plus sal assosieer nie en wie se vrae oor die DA nie die VF Plus as moontlike antwoord insluit nie, maar met hulle het ons gehandel in die hoofstuk oor die DA se uitdagings.

      Tot dusver in hierdie hoofstuk het ons – soos die VF Plus en sy leier self – grootliks gekonsentreer op die faktore wat kiesers van die DA af weggestoot het, met die VF Plus as bykans passiewe ontvanger van kiesersteun. Daar was egter ook dinge wat die VF Plus spesifiek reg gedoen het in die verkiesingsveldtog.

      Iets wat my dadelik opgeval het van die VF Plus se strategie was die plasing van hul plakkate. Jy kon nie in die omgewing van enige Afrikaanse skool beweeg nie, of die VF Plus was skielik ’n faktor op die lamppale. Hulle het ook op ander maniere visgevang waar die vis swem, byvoorbeeld deur in Noordwes spesifiek te fokus op plekke van wit bevolkingsametrekking – ankerdorpe, soos Solidariteit dit noem – eerder as om hul plakkate oor yl bevolkte gebiede te versprei. Dit het beteken plekke soos Rustenburg, Potchefstroom en Klerksdorp kry die leeue-aandeel aan VF Plus-plakkate.

      Die VF Plus het besluit om Hofmeyr as stem van sy radio-advertensies te gebruik, wat baie Afrikaners vurig sou afsit, maar ’n ewe vurige minderheid sou besiel. Hy is by uitstek ’n verdelende figuur oor wie min Afrikaners neutraal voel – sommige meen hy sê wat hulle voel en hy is eintlik ’n lekker ou, terwyl ander hom as platvloers, veragtelik en rassisties ervaar.

      Die VF Plus het voorts geleer en skaamteloos gesteel by die DP-veldtog van 1999, soos die “Slaan terug”-slagspreuk aantoon. Dit was ’n eenvoudige, negatiewe, ietwat kinderlike veldtog. Slaan terug waarmee? Met tien parlementslede? En koop mense regtig nog sulke infantiele slagspreuke soos “Nou of nooit”? Is tien parlementslede “nou” of “nooit”? Maar nou ja, dié strategie het onteenseglik vir die VF Plus gewerk, so geluk aan die party.

      Wat die VF Plus verwoord en verword het was ’n tipe ongefokuste woede en keelvolheid by sommige – en ek benadruk sommige – Afrikaners. Dis ’n gevoel wat ek nie gaan voorgee om te deel nie – ek is ten diepste nie so grootgemaak nie – maar dis iets waaraan ek uit hoofde van my werk baie blootgestel word en na die beste van my vermoë probeer verstaan. Deur openlik te verklaar dat ek dit nie deel nie probeer ek dit ook nie delegitimeer nie. So kom ons kyk hoe mens hierdie woede kan probeer verwoord sonder om daarmee te assosieer.

      Dit is, kortom, die gevoel dat jy geblameer word vir alles wat in Suid-Afrika skeefloop, terwyl jy juis jou bes doen om alles te laat werk deur persoonlik hard te werk. Dis die gevoel dat jou kinders vir ewig geblameer gaan word vir ’n verlede waaraan hulle nie aandadig was nie. En dis die gevoel

Скачать книгу