Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 11

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux

Скачать книгу

oor enigiets gestry het nie. ’n Mens stry tog nie met jouself nie, tensy jy sukkel om jouself te aanvaar. Dan is dit ’n innerlike stryd …

      Die woord “wederhelf” is romanties maar problematies: My ander helfte. Jy’s klaar volledig. As jy iemand anders nodig het om jou volledig te maak het jy ’n probleem. Net jy kan jouself volledig maak. Buitendien is jy klaar volledig, miskien weet jy dit net nie.

      Die beginsel is egter reg: Dat die een nie sonder die ander wil (of kan?) klaarkom nie. Julle speel in dieselfde span, maar in verskillende posisies. En soms speel julle teen mekaar. Dan is dit goed om te besef: Niemand gaan eintlik wen nie, maar saam-saam kán julle, solank julle nie teen mekaar speel nie.

      Julle is twee mense met jul eie, individuele giere en geite. Kortom: Julle is saam, bymekaar, maar nie een nie.

      Mite 3: Ons verhouding is perfek!

      Dis wat julle gedink het, daar reg in die begin van jul verhouding, toe die bril se lense nog pienk was.

      Dit het so gevoel ook. Baie beter as Antony en Cleopatra se verhouding, beter as Richard Burton en Elizabeth Taylor, Abelard en Heloise, Tristan en Isolde, Romeo en Juliet … Julle is tog Herklaas en Lientjie, dan nie?

      Maar toe kom julle terug aarde toe en besef die dele waaruit jul verhouding bestaan (jy + hy), is nie perfek nie. Hoe kan julle verwag die verhouding self moet perfek wees as die onderdele nie is nie?

      Maar wie’t gesê julle móét twee perfekte mense in een perfekte verhouding wees? Dit kan bra vervelig wees …

      Mite 4: Ons is nog net so verlief soos die dag toe ons mekaar ontmoet het

      A successful marriage requires falling in love many times,

      always with the same person.

      – Mignon McLaughlin

      Dis nou ’n jaar of wat later en die verliefdheid is verby.

      Verstaan dat dit vir áltyd verby is. Aanvaar dit en dink daaraan met ’n glimlag en mooi herinneringe. Anders het jul verhouding nêrens heen gegaan nie. Julle sou nie gevorder het tot die veel standvastiger tweede en derde stadium van die liefde nie.

      “Ek het jou lief.”

      Dis wat uiteindelik tel, nie die verbygegane verliefdheid nie. Jy kan meer as een keer – oor en oor – verlief raak, maar nooit twee keer op dieselfde mens nie, anders as wat Mignon McLaughlin sê. Dit gebeur eksklusief.

      “Ek raak sommer van voor af verlief op jou,” is wel ’n mooi erkenning dat jul liefde nou beter daaraan toe is. Daardie euforiese gevoel gaan hoogstens by spesiale geleenthede terugkeer.

      Mite 5: Ons gaan mos nie skei nie

      Mos nie?

      Dis wat almal gesê het.

      Voor hulle geskei is.

      Daar is geen waarborge nie.

      Dis die tweede ding wat jy ’n kind moet leer: Jy kan hoop, maar daar is geen waarborg nie. Min dinge is seker.

      Dis deel van die moderne verbruikerskultuur: Die artikel wat vir twaalf maande gewaarborg is, breek gewoonlik in die dertiende maand. As dit in die tweede maand breek, dring die winkel aan op die verpakking voordat hulle die ding terugvat.

      “Die boks, Meneer, waar is die boks?”

      Wat lankal weggegooi is.

      Boonop kom ’n verhouding of huwelik nie so netjies in sy eie boks nie. Stel dus maar daardie voorhuwelikse kontrak op al is dit nie die romantiese ding om te doen nie …

      Mite 6: My man/vrou is my beste vriend

      Marriage changes passion – suddenly you’re in bed with a relative.

      – Anoniem

      Platonic love is love from the neck up.

      – Thyra Winsolow

      Dit word dikwels aangevoer as die rede vir ’n goeie verhouding: Ons is beste vriende. Trouens, daar’s sielkundiges wat beweer vriendskap is ’n voorvereiste vir ’n gelukkige verhouding en baie paartjies glo dit self. Bekende getroudes sê dit gedurig in die media (vóór hul egskeiding).

      Ja, julle is goeie vriende wat op ’n dag agterkom daar is iets meer tussen julle en skielik is julle in die eerste stadium van die liefde.

      Die sleutel hier is “iets meer”, maar dan is julle nie meer vriende nie. Liefde is immers baie meer as net vriendskap. Die liefde tussen vriende kan glad nie vergelyk word met erotiese liefde nie. Die een is platonies, die ander veel dieper en sexy.

      As jou man/vrou jou beste vriend is, waar laat dit jou beste vriend/vriendin? Tweede beste?

      Buitendien, ’n mens is nie veronderstel om by jou beste vriend te slaap nie …

      Tog doen mense dit, ja.

      Volgens die plaaslike Nasionale Kommunikasie-peiling oor MIV/vigs (gedoen in 2009 onder 9 728 respondente, 16 tot 55 jaar oud), slaap 10% van mans by hul vriendinne en 4% van vroue by hul vriende.

      “Vriende met byvoordele.”

      Die voordeel is glo ongekompliseerde seks ter wille van seks. Party mense betaal selfs hul vriende daarvoor …

      ◊◊◊

      Vroue vorm beter en langduriger vriendskappe onder mekaar as mans, is in ander studies bevind. Hul vriendskappe is meer emosioneel, dit beteken meer. Die oksitosien vloei.

      Mans vorm vriendskappe volgens ’n wat-kan-ek-daaruit-kry?-beginsel. Hulle het dikwels meer sakekennisse as vriende.

      Vroue wil werklik weet as dit sleg gaan met ’n vriendin. Mans is net vaagweg daarvan bewus dat dit nie heeltemal so goed gaan met ’n vriend nie.

      “Hy’t dan gesê dit gaan goed.”

      9. Hoe weet jy hy’s die regte een?

      4 mites wat jou die verkeerde man kan laat kies

      If only one could tell true love from false love as one can tell mushrooms from toadstools.

      – Katherine Mansfield

      Dikwels val ’n vrou rond van die een man na ’n ander en niks werk uit nie. Dan kom die vraag: Hoekom raak ek altyd deurmekaar met die verkeerde man?

      Hier’s die antwoord: Jy’s dalk net nie die regte vrou nie …

      Boonop meen Frank Pittman, Amerikaanse psigiater en gesinsterapeut, die “regte” man of vrou is ’n mite.

      “Elke huwelik is onversoenbaar,” sê hy, ietwat oorrealisties. “Elke huwelik is tussen mense uit verskillende families, mense wat dinge verskillend sien. Die magic is om verkyker-visie te ontwikkel, om die lewe te sien deur jou maat se oë sowel as deur jou eie.”

      Mite 7 (1): Ek het genoeg liefde vir ons albei

Скачать книгу