Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 8

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux

Скачать книгу

die sogenaamde major histocompatibility complex (MHC), en dis dié MHC wat in elke mens ’n unieke reuk het.

      Wedekind het nuwe T-hemde van katoen vir ’n klomp manstudente gegee. Hulle moes vir twee nagte daarin slaap (alleen), reuklose seep en naskeermiddel gebruik, geen skerpgegeurde kos, alkohol, rook of seks sodat niks kon inmeng met hul natuurlike reuk nie. Bedags is die T-hemde in verseëlde plastiekhouers bewaar.

      Toe moes vrouestudente, elkeen op haar eie, aan ’n skoon T-hemp as kontrole ruik en daarna aan die studente se beswete T-hemde. (Hulle het nie die mans geken nie sodat hulle nie dalk beïnvloed kon word deur ’n bekende reuk nie.) Hulle moes sê watter T-hemp ruik die lekkerste gemeet aan: a. sexy, b. aangenaam en c. intensiteit.

      En beduidend het die vroue daardie T-hemp gekies van mans wie se immuunstelsel van hul eie verskil het.

      Net wat intensiteit betref, het dit nie ’n verskil gemaak nie – ’n té sterk reuk het die vroue afgesit, of hul MHC nou dieselfde of verskillend was, waarskynlik omdat ’n sterk liggaamsreuk op siekte kan dui. (Skisofrenie en diabetes ruik blykbaar soet, maar sommige kenners meen só ’n stelling is onsinnig. Skisofrene verwar wel soms reuke – ’n appel ruik soos ’n lemoen. In 2003 het navorsers in Australië ook aangetoon moontlike skisofrene kan vooraf op grond van reuktoetse as hoërisiko-gevalle uitgewys word.)

      ’n Man mag dus sweet, maar nie te erg nie. Dan word dit ’n passiedoder. En hopelik ruik die man wat jy in die oog het ook nie na jou pa of broer nie, hoewel jy ’n man soos jou pa verkies.

      Terloops, vroue se reuksintuig is baie beter as mans s’n. Hulle kan ’n affair op ’n afstand ruik as hy nie die ander vrou se reuk verdoesel nie … terwyl ’n vrou haar eie affair agter parfuum kan wegsteek.

      Omdat die MHC uniek is aan elke mens kies die vrou ’n man wat vir háár sexy, sterk en lekker ruik. ’n Ander vrou kan dieselfde man se reuk afstootlik vind. ’n Bleeksiel wat lekker ruik, tel weliswaar meer in die oë van ’n vrou as ’n blonde reus wie se reuk haar nie aanstaan nie. Die blonde reus sal dink dis nie regverdig nie.

      Dis die eerste ding wat jy ’n kind behoort te leer: Die lewe is nie regverdig nie. Daar sal altyd ’n dwaas wees wat drie keer meer geld verdien as jy, maar hy sal altyd ’n dwaas bly. En as die lewe nie regverdig is nie, waarom sal verhoudings regverdig wees?

      Verderaan volg nog ’n paar dinge wat jy ’n kind moet leer sodra hy/sy begin verstaan. Dis dié dinge wat ’n kind behoort te weet om verhoudings later hopelik makliker te maak, en in die geval van ’n seun, om vroue beter te behandel, en vir ’n dogter om te weet hoe om daarop te reageer.

      In elk geval, dit maak dus sin dat ’n vrou eerder ’n man se reukweerder en naskeermiddel kies. Net so sal dit sin maak dat ’n vrou parfuum tussen haar borste spuit, waar die man se aandag reeds is, of agter haar ore, waar die man dit sal ruik wanneer hy haar omhels of soen. En net so maak dit sin dat jy nié parfuum aan jou woelmuis spuit nie, waar dit sal inmeng met jou natuurlike feromone.

      In ’n soortgelyke eksperiment (2009) as Wedekind s’n is vrouestudente blootgestel aan mans se “normale sweet” (nadat die studente na opvoedkundige video’s gekyk het) en “seksuele sweet” (ná erotiese video’s). ’n Mens sweet blykbaar nie altyd dieselfde nie vanweë die verskillende soorte sweetkliere. Dit hang van die aktiwiteit af: Sweet ná tuinwerk ruik glo nie dieselfde as sweet ná draf nie. (Moenie vra hoe hulle dit uitgewerk het nie …)

      Die vrouestudente kon nie tussen die verskillende sweetreuke – “normaal” en “seksueel” – onderskei nie, maar magnetiese resonansie het gewys die verskille het wel in verskillende dele van hul brein geregistreer. Wat die navorsers laat aflei het seksuele sweet het ook ’n “emosionele” komponent.

      Dié “reuk van die liefde” lê in twee kolletjies in jou neus, een in elke neusgat. Dis die vomeronasale orgaan (VNO), verbind aan die reuksentrum in jou frontale brein, waarmee jy as ’t ware ’n nuwe liefde eers “uitruik”. Maar die VNO funksioneer nie meer in die mens nie, het wetenskaplikes reeds sowat tagtig jaar gelede besluit. Party navorsers vermoed dis steeds daar, maar net te klein om op te spoor.

      Dit verander egter nie die rol van feromone in die brein nie, sê navorsers wat sedert die jare tagtig opnuut belangstel in feromone en die VNO. Hulle het aangetoon die VNO werk ook nie meer in muise nie, maar muise reageer steeds op feromone.

      Nes walvisse.

      Feromone is in elk geval reukloos. Dis in die eerste plek nie ’n reuk nie, dis ’n chemikalie en gewoonlik in vloeistofvorm, soos in sweet. Maar dit trek julle na mekaar toe aan en maak onder meer ’n soen so lekker …

      6. Kom ons sit koppe bymekaar

      Só werk ’n soen

      A kiss is just a pleasant reminder that two heads are better than one.

      – Anoniem

      I loved you in the morning, our kisses deep and warm

      Your hair upon the pillow like a sleepy golden storm.

      – Leonard Cohen

      Julle kyk steeds in mekaar se oë, pupille klein, jul koppe kantel na regs – kom nader, kom nader – monde oop, oë toe … Julle het sowaar mekaar se ware reuk gevind.

      O, daardie eerste hiper-ventilerende soen!

      Al wat vir ’n man daarby kan kers vashou, is wanneer hy jou borste die eerste keer kaal sien. Volpunte! Dit sit ’n man in ’n ander wentelbaan van ’n nuwe sonnestelsel.

      Hoekom soen? Hoekom nie sommer reguit na jou bra se knippie toe nie?

      Die Britse dierkundige Desmond Morris het in die laat sestigerjare gereken soene het ontstaan by primaat-ma’s wat kos fynkou om dit mond tot mond vir hul kinders te voer. (In die verliefde stadium het julle dit ook gedoen, maar julle het darem nie eers die tjips en pizza fyngekou nie.) Dan, in tye van kosskaarste, “soen” die primaat haar kind om hom te troos en gerus te stel. Nes ’n ma vandag haar kind se nerfaf knie soen om te troos. En wanneer jy jou vinger raak slaan, bring jy dit dadelik na jou mond toe.

      Só ontstaan soen: Nie meer om te voer of te troos nie, maar as liefdesbetuiging, of groet. Dis egter meer as net lippe op lippe. Boonop soen mans en vroue nie om dieselfde redes nie …

      Soene tussen verliefdes is ’n intense ervaring, die begin van voorspel. Maar as ’n eerste soen misluk, volgens ’n Amerikaanse meningspeiling (2007), is dit ook die einde van ’n verhouding nog voor dit begin het. As hy nie eens kan soen nie, hoe wil hy vry? En wat help dit as sy soene nie fladderinge veroorsaak waar dit moet nie?

      Volgens die meningspeiling was daar nie soseer iets “verkeerd” met die soen nie, dit het net nie “reg” gevoel nie.

      Intieme soene is immers uiters persoonlik en lok emosies uit. Dit sê baie oor hoe julle oor mekaar voel, of julle naby aan mekaar voel of nie so naby nie. Dit jaag jou polsslag, bloeddruk en asemhaling op, jou pupille verklein, en vanweë die begeerte wat dit opwek, dink jy nie meer so reguit nie.

      Die lippe is as ’t ware gemaak vir soen: Dis die plek op jou liggaam waar die vel die heel dunste is met ’n sterk konsentrasie van senuweepunte, wat dit ook gevoelig maak. Dit stuur fisieke en emosionele boodskappe van jou lippe, tong en wangholtes na jou brein met allerhande inligting oor reuke, smake, temperatuur en die liggaam se gereedheid vir seks. Vyf gesigsenuwees

Скачать книгу