Anna Atoom en die seerower se dolk. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die seerower se dolk - Elizabeth Wasserman страница 1

Anna Atoom en die seerower se dolk - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

>

title.jpg

      Tafelberg

      Ander titels deur dieselfde skrywer:

      Speurhond Willem op reis (2010)

      Speurhond Willem en die seerowers (2011)

      Speurhond Willem en die wilddiewe (2011)

dedication.jpg

      Alfabetiese lys van begrippe

      AardWag – Die weerstasie met al sy gesofistikeerde toerusting, geleë op MonPetit-eiland, word die AardWag genoem omdat die aarde se klimaat daar dopgehou word.

      ArmAlarm – ’n Toestel so groot soos ’n polshorlosie wat jy aan jou arm kan dra. Dit waarsku jou as enige groot voorwerp, byvoorbeeld ’n haai, nader kom as jy swem.

      BioGolf – ’n Klankgolf met ’n spesifieke frekwensie wat alge en ander selle kan stimuleer om te verdeel of te sterf.

      BioTron – ’n Mens of dier wat gedeeltelik ’n robot is. Gewoonlik lyk ’n BioTron net soos sy maats, maar het ’n rekenaar vir ’n brein. Sommige spiere en sintuie kan versterk wees met elektronika. Daarom kan ’n BioTron soms verbasende dinge doen, maar dit hang af van watter funksies ingebou is.

      Breingolf-herkenner – ’n Sekuriteitstelsel wat in admiraal Atoom se ruimtestasie gebruik word. Die onsigbare elektriese veld om jou brein vorm ’n unieke patroon – dis net soos jou vingerafdrukke iets wat jy met niemand deel nie. Die Breingolf-herkenner lees en herken jou breingolwe om byvoorbeeld ’n deurslot te aktiveer.

      Hologram – ’n Driedimensionele beeld wat geskep word met ligstrale.

      Kloning – Met moderne tegnologie word ’n kopie van ’n dier of mens gemaak deur genetiese materiaal kunsmatig te dupliseer. ’n Nuwe liggaam word gebou wat presies net soos die oorspronklike een lyk.

      MonPetit-eiland – Een van die kleiner eilande in die Seychelle-groep, net suid van die ewenaar, in die Indiese Oseaan. Dit behoort aan die Atoom-familie en hulle woon daar.

      Persoonlike Kommunikeerder – ’n Kompakte kommunikasietoestel wat elke lid van die Atoom-familie aan die arm dra soos ’n polshorlosie. Dit het ’n klein beeldskerm waarop jy die persoon kan sien met wie jy kommunikeer.

      Kunsmatige intelligensie – Rekenaars wat slim genoeg is om vir hulleself te kan dink. Hulle kan dinge op hulle eie doen sonder om bevele van mense te ontvang.

      Molekulêre Verplaser – Hierdie apparaat kan die aantrekkingskrag tussen die molekules in jou liggaam kanselleer. Dan kan jou losgemaakte molekules teen ’n hoë spoed na ’n ander plek verplaas word en daar weer aanmekaargesit word in jou oorspronklike vorm. As dit werk, sal dit ’n fantastiese manier wees om van een plek na ’n ander te reis. Verkeersknope sal iets van die verlede wees! Ongelukkig kon niemand nog ’n Molekulêre Verplaser bou wat veilig werk nie.

      Molekulêre Versteller – ’n Instrument wat tydelik die beweging van die molekules in jou liggaam verander. Dit kan gebruik word om sekere siektes te genees, en ook om jou breingolwe en denkpatrone te verander. Admiraal Atoom het dit oorspronklik ontwerp om dit makliker te maak om met gevaarlike diere te werk, aangesien die Versteller hulle heeltemal mak kan maak – minstens vir ’n tydjie lank.

      Ondergrondse Skandeerder – ’n Instrument wat die samestelling van grondlae en voorwerpe onder die grond ondersoek. Dit werk met klankgolwe en is amper soos ’n X-straal van die grond of seebodem.

      Onderwater-verkenner – ’n Klein duikboot wat die Atoom-familie gebruik om die see te verken. Dis toegerus om verskillende opmetings van die water en die seebodem te doen. Dit versamel ook monsters vir verdere ontleding in die laboratorium op MonPetit.

      PokMasels – ’n Soort rekenaarvirus wat BioTrone infekteer. Dit maak hulle siek en veroorsaak ’n kenmerkende ligblou uitslag oor die hele lyf.

      RuimteArk – Dis die ruimtestasie waarin admiraal Atoom bly. Dit dien ook as versamelplek vir alle dierespesies op aarde. ’n Wyfie en ’n mannetjie van elke spesie word daar bewaar ingeval iets rampspoedigs met die aarde sou gebeur.

      Waterlong – ’n Klein toestel waarmee jy suurstof direk uit die water kan suig, baie soos die kieue van ’n vis. Dit stel jou in staat om so lank as wat jy wil onder die water te swem sonder die lomp suurstofbottels wat duikers gewoonlik gebruik.

      Die karakters in die boek

anna.jpg

      Anna Atoom

rule.jpg

      Anna is twaalf jaar oud. Sy het kort, donker hare wat net nie plat wil lê nie. Sy is mal oor die see en hou seeslakke aan vir troeteldiere. Sy het ’n boetie genaamd Pip.

sabatina.jpg

      Professor Sabatina Atoom

rule.jpg

      Sy is Anna en Pip se ma. Sy is ’n wetenskaplike wat die weerstasie op MonPetit-eiland monitor. Haar werk hou haar baie besig.

abraham.jpg rule.jpg

      Admiraal Abraham Atoom

      Anna en Pip se pa. ’n Ongeluk vroeër met ’n Molekulêre Verplaser het die aantrekkingskrag tussen die molekules in sy liggaam verbreek. Daarom kan hy nie meer die swaartekrag van die aarde weerstaan nie en moet hy in die ruimte bly.

pip.jpg

      Pip Atoom

rule.jpg

      Anna se boetie. Hy is ’n BioTron en dus half mens, half robot. Hy kan wonderlike dinge doen, maar soos die meeste kleinboeties pla hy net meestal vir Anna.

ton.jpg

      Ton

rule.jpg

      Hy werk vir die Atoom-familie en kan alles doen. Hy kook, hy neem Anna elke dag met die motorboot na die skool op die groot eiland, en hy bou allerhande slim elektroniese toerusting. Ton is reusagtig groot en baie sterk. Niemand weet waar hy vandaan kom nie, of wat hy voorheen gedoen het nie.

hodoul.jpg

      Hodoul

rule.jpg

      ’n Berugte seerowerkaptein wat meer as tweehonderd jaar gelede ’n skrikbewind

Скачать книгу