So lig soos klip. Jacques Pretorius

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу So lig soos klip - Jacques Pretorius страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
So lig soos klip - Jacques Pretorius

Скачать книгу

met ’n potlood gegooi om sy aandag te trek. “Hei, gaan sê vir die SB, hy moet kom vir lyfstraf,” het hy gesê en op sy tafel na nog ’n potlood gesoek. Hulle het ’n stasiebevelvoerder altyd ’n SB genoem.

      Die studentekonstabel het ’n oomblik na die AKB gekyk, terwyl hý voortgegaan het om iets in die VB (voorvalleboek) te skryf. Die studentekonstabel het weer vinnig na Steyn gekyk, maar hý het afgekyk na sy wriemelende vingers.

      Die studentekonstabel het met die koue, donker gang met sy rooibaksteenmure afgestap, bruisend van opwinding en senuagtigheid. Dit is die eerste keer dat hy met die kaptein sou praat! Hy het voor die beige deur gaan staan, ’n sekonde of twee geaarsel om die saluut-en-eerbewys in sy kop te oefen, en toe geklop.

      “Binne.” Die stem was afgetrokke.

      Die studentekonstabel het die deur oopgemaak en trots gestrek, soos hy geleer is en in sy kop geoefen het. Net strek, want jy mag nie sonder ’n hoofdeksel salueer nie. Die kaptein, wat sy pet opgehad het, het teruggesalueer, en die studentekonstabel het soos ’n laerskoolkind op ’n prysuitdeling geglimlag. “Middag, Kaptein. Kaptein, sersant Drotski sê Kaptein moet kom vir lyfstraf. Ek bedoel, daar is iemand vir lyfstraf en Kaptein moet kom.”

      “Dankie.”

      “’M, Kaptein?”

      “Ja?”

      “Mag ek maar saamkom, Kaptein?”

      “Wil jy kyk?”

      “Ja, Kaptein.”

      “Ja, orraait.”

      “Dankie, Kaptein.”

      Terug in die aanklagkantoor was die studentekonstabel steeds opgewonde, maar niemand het hulle aan hom gesteur nie. Nou is hy ’n slag aan die ander kant wanneer geboelie word. Het Steyn dan nie gesien dat hy altyd aan die ontvangkant was nie? Waarom sien Steyn hom nie raak nie? Hoekom sit hy net daar in die hoek, en so besorg oor sy eie lot? Kyk my in die oë en erken tog net wie ek was! wil die studentekonstabel skreeu. Op skool het nie eens die naamloses hom raakgesien nie. Dit is sy oomblik van glorie, maar niemand merk dit op nie. Soos op skool sien niemand hom raak nie. Roland Steyn sit koponderstebo in die hoek, vroetel bewerig met sy hande, asof hy sy vingers tel. Die studentekonstabel is sowel verlig as teleurgesteld dat Steyn nie sy opgewondenheid opmerk nie. Verlig omdat hy nie om Steyn se onthalwe skuldig oor sy eiewaan sou hoef te voel nie, maar teleurgesteld dat sy glorie so min impak het.

      Die kaptein kom met ’n lang rottang in en glimlag joviaal. “Right, wie se gat gaan brand?” vra hy.

      Steyn steek ’n bewerige hand op en glimlag skeef, ooglopend in die vergeefse hoop dat, indien hy vir die kaptein se grappie lag, hy ’n bietjie genade sal ontvang.

      “Ja, ou maat, jy is nie ’n sissie nie is jy?” Die kaptein glimlag nog breër.

      “Nee, Kaptein.” Steyn probeer dapper lyk. Die kaptein se vriendelikheid laat hom weer hoopvol glimlag.

      “Kom, stap saam,” sê die kaptein en loop met lang treë na een van die sydeure.

      Steyn volg gedweë, sy hande diep in die sakke en arms styf teen sy sye gedruk, asof hy koud kry.

      Die studentekonstabel het agter hulle aangeloop, deur die binnehof na die selle waar ’n swart konstabel een van die deure oopgesluit het. Hulle het die koue, donker sel binnegegaan en Steyn het onmiddellik met sy rug teen die verste muur gaan staan en die kaptein smekend aangekyk. Die studentekonstabel het nie geweet wat hom nou te doen staan nie en het skaapagtig geglimlag terwyl die kaptein die rottang met ’n paar oefenhoue deur die lug laat blaf het. Die studentekonstabel kon Steyn se vrees aanvoel en het self senuweeagtig begin word. Ná die derde oefenhou het Steyn begin huil.

      “Ag nee, kom nou! Jy’t mos gesê jy’s nie ’n sissie nie,” smaal die kaptein en laat sy rottang nog ’n keer blaf.

      “Ek’s bang, Kaptein.” Daar is nou ’n kermklank in Steyn se stem.

      “Jy maak my nou net die moer in.” Die kaptein se glimlag is weg. “Jy wil my nie die moer in maak nie, wil jy? Wil jy nou hê ek moet jou harder bliksem?”

      Steyn maak sy keel skoon, gooi sy kop effens dramaties agteroor en sug diep. “Nee, Kaptein.”

      Die studentekonstabel weet die kaptein gaan in elk geval sy beste gee.

      “Ons wag net vir die dokter,” sê die Kaptein meer bedeesd.

      Steyn laat sy kop sak, pers sy oë styf toe en vee met sy regterhand oor sy gesig.

      “Hoekom, Kaptein?” vra die studentekonstabel skielik, deels uit nuuskierigheid en deels uit simpatie vir Steyn.

      “Hy moet die gevonniste voor en ná die tyd ondersoek.”

      “Hoekom, Kaptein?” vra hy weer, weliswaar sagter om nie die kaptein te affronteer nie. Wat hy eintlik wou vra is: Sjoe! Is dit dan so erg?

      “Dis maar die reëls,” antwoord die kaptein terwyl hy ongeduldig heen en weer stap met die rottang wat soos ’n leeumannetjie se stert agter hom kwispel.

      Die dokter is ’n ouerige man met ’n besonderse diep frons. Hy het die deur versigtig oopgedruk en vir die kaptein geknik, sy stetoskoop uit ’n leertas gehaal. Steyn het paniekerig weggeruk toe die dokter sy bloeddruk wou neem. “Hou stil,” het die dokter sag beveel en, nadat hy klaar was, na die kaptein gedraai en met dieselfde gelykmatige stem gesê: “Hy’s reg.” Die dokter het uitgeloop om buite te gaan rook en te wag totdat hy weer geroep word om die finale ondersoek te doen.

      “Trek uit jou klere! Hou aan jou onderbroek.”

      Steyn trek sy klere stadig uit en vou kledingstuk vir kledingstuk sorgvuldig op, so asof hy probeer tyd wen vir ’n wonderwerk om te gebeur. Toe hy sy broek begin opvou, bars die kaptein woedend uit: “Toe, toe, toe! Maak fokken gou!”

      Steyn laat sy halfgevoude broek val en skuifel nader.

      “Right, buk en hou aan die kante van die houtbankie vas. En moenie opspring nie, want dan gaan ek jou niere fokken uitbliksem, en moenie met jou hande keer nie, want dan is jou vingers af. Het jy my?”

      “Ja, Kaptein.”

      “Toe, kom, dis gou verby,” paai die Kaptein. “En ek wil jou nie hoor huil nie.”

      “Nee, Kaptein.”

      Die kaptein het aangetree soos ’n gholfspeler wat afslaan. Hy het sy greep op die rottang reg gekry, die swaaiafstand met ’n wye armbeweging bepaal en toe die treë vir ’n kort aanloop afgemeet.

      Met die eerste hou het Steyn soos ’n hond getjank en spoeg het soos uit ’n sproeier deur sy sidderende lippe geblaas. Sy bene en arms het geruk en bloed het deur sy onderbroek gesypel. Die tweede hou het vinnig daarna geval, asof die kaptein hom wou verras, en Steyn het huilend op sy knieë neergesak, sy hande steeds aan die bankie geklem. Meer bloed het deurgesypel, en daar was nou ook ’n bruin vlek in die middel van sy onderbroek. Die reuk het die studentekonstabel naar gemaak. Hy wou uit, weg uit die vertrek, maar het gefassineerd, soos na ’n ongeluk bly staar. Hy kon sy oë nie van Steyn afhou nie, en het net kort-kort na die kaptein se verbete gesig geloer. Dit doen hy aan ’n wit man en nogal ’n mede-Afrikaner? het die

Скачать книгу