Eindstryd. Willie Esterhuyse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Eindstryd - Willie Esterhuyse страница 17

Eindstryd - Willie Esterhuyse

Скачать книгу

organisasie die aangewese en bes toegeruste staatsinstelling was om die proses te bestuur en te beheer. Te veel akteurs, soos byvoorbeeld buitelandse sake en selfs minister Chris Heunis se departement belas met grondwetlike beplanning, kon politieke kortsluitings veroorsaak. Dié departemente was natuurlik nie deeglik ingelig oor die informele en vertroulike gesprekke wat reeds plaasgevind het nie. Toe Fanie Cloete, ’n politikoloog en later professor, en Kobus Jordaan, ’n intelligente en toegewyde mens, voelers as amptenare van die departement van grondwetlike sake na ’n informele gesprek met die ANC uitgesteek het, is hulle veiligheidsklarings summier opgehef. Die NI was ook gekant teen die departement van buitelandse sake en veral die altyd té entoesiastiese minister Pik Botha se pogings. Dié is op subtiele maniere gekelder. Pik Botha was ook nie ’n sleutelspeler in De Klerk se onderhandelingspan nie.

      * * *

      ’n Meer sensitiewe en problematiese poging was dié van Richard Rosenthal, iemand wat ek by die Stedelike Stigting leer ken het. Hy was ’n hoogs intelligente regsgeleerde, maar ook baie emosioneel wanneer dit by politieke kwessies gekom het. In ’n stadium was hy só pessimisties oor die Botha-regime se hantering van die politieke konflik in Suid-Afrika dat hy, soos baie ander mense, dit oorweeg het om te emigreer. In 1987 doen hy iets wat baie mense wou gedoen het, maar nie die moed gehad het om te doen nie. Hy skryf aan PW Botha ’n brief en sê dat hy bereid is om ’n proses te fasiliteer wat tot formele onderhandelinge met die ANC kan lei. Of Botha self dié brief gelees het, is onseker. Adjunkminister Stoffel van der Merwe van grondwetlike beplanning, ’n ondersteuner van Chris Heunis, sy minister, beantwoord Rosenthal se brief. Van der Merwe skep die indruk dat Botha met Rosenthal se idees saamstem. Oor die volgende agttien maande speel Rosenthal ’n tussengangerrol by veral Thabo Mbeki. Rosenthal is deur die Switserse regering gesteun. Thabo Mbeki lig my gedurende 1988 oor die kontak met Rosenthal in en vra wat ek daarvan dink. Dit word ’n baie lastige affêre. Ek en Rosenthal ontmoet ’n paar keer. Die NI het my versoek om hom sover te kry om sy inisiatief te staak voordat dit in ’n openbare dilemma ontaard. Ek, toe reeds betrokke by die NI se inisiatief en later bewus van die gesprekke met Mandela, bevind my in ’n onmoontlike situasie. Ek kan Rosenthal nie volledig inlig oor alles wat reeds aan die gang was nie.

      Stoffel van der Merwe, so is my meegedeel, het geen mandaat vir die inisiatief wat hy geneem het nie. Dis nie iets wat by hom en sy departement tuis hoort nie. Dit gaan “in sy gesig ontplof”. En dit het, so is my meegedeel, tydens ’n private besoek van Botha aan Switserland in 1988. Tydens ’n onthaal vir Botha sê ’n Switserse regeringslid dat hulle die Rosenthal-Van der Merwe-inisiatief steun en baie dankbaar daarvoor is. Later die aand knor Botha teenoor mense in sy afvaardiging. Hy is behoorlik moerig vir Van der Merwe. Wil hom selfs afdank, sê hy teenoor een van sy min vertrouelinge. Botha was myns insiens nie volledig, of dalk glad nie, oor dié inisiatief ingelig nie. Van der Merwe was toe bloot ’n adjunk. Hy kón nie die sleutelrol speel waarop hy gehoop het nie. Die NI was in elk geval sterk gekant teen iemand van Grondwetlike Beplanning wat met behulp van ’n persoon wat hulle nie geken het nie, ’n “baie delikate operasie” aanpak. Daar was, so is beweer, nie goeie beheer nie en ook nie voldoende aanspreeklikheid nie. Rosenthal was uiteindelik baie mismoedig, soos sy boek Mission Improbable: A Piece of the South African Story getuig.

      President PW Botha was tydens die Switserse ontmoeting op besoek aan Europa om die konserwatiewe Beierse politikus Franz Josef Strauss se begrafnis by te woon. Hy het by dié geleentheid ook met die Duitse kanselier, Helmut Kohl, samesprekings gevoer. Margaret Thatcher en Kohl het gereeld met mekaar oor Suid-Afrika gesprek gevoer, veral oor die Namibië-kwessie, waar daar ook Duitse belange was. Albei het algaande frustrasies opgebou oor die stadige hervormingspas in Suid-Afrika en die “militarisering van Suid-Afrika onder PW Botha”. In gesprekke met mense uit die Thatcher- en Kohl-omgewing het ek die woord “militarisering” al hoe meer gedurende die tagtigerjare gehoor. In Wes-Duitsland was dié woord, gegee die geskiedenis, ’n bloedrooi vlag, gesien saam met die heersende noodtoestand in Suid-Afrika. PW Botha het natuurlik ’n groot behoefte aan geloofwaardige buitelandse ontmoetings gehad. Daar was min. Sy hervormingsinisiatiewe was te karig en te laat. Dit het nie diplomatieke deure oopgesluit nie. Die internasionale konsensus oor wat moes gebeur, was die hervormingsinisiatiewe vooruit.

      * * *

      Die Coetsee-Mandela-Barnard-gesprekke het gedurende 1989 uitstekende vordering getoon en op die ontmoeting tussen PW Botha en Nelson Mandela op 5 Julie daardie jaar uitgeloop, drie weke ná die viering van die (jeug)opstand in Soweto en op ander plekke. Hierna was dit net ’n kwessie van tyd voor die onderhandelingsproses meer amptelik in alle erns kon begin. Wat die meeste van diegene wat in daardie stadium die foto gesien het wat van Botha en Mandela tydens die ontmoeting geneem is, egter nie geweet het nie, was dat daar ook ’n ander proses aan die gang was: gesprek deur Afrikaners met die buitelandse vleuel van die ANC, met die medewete van Niel Barnard. Van dié gesprekskanaal het selfs Mandela lank nie geweet nie. Tambo en Mbeki was oor albei kanale ingelig. Dit het aan hulle ’n mededingende voordeel bo die “geweerdraers” in hulle eie geledere gegee. Dieselfde het natuurlik vir die onderhandelingsgesindes binne die regime gegeld. Terwyl die sekurokrate ’n noodtoestand gesteun het, het die onderhandelingsgesindes agter die skerms gewerk aan die ontginning van politieke geleenthede wat in ’n moontlike onderhandelingsproses opgesluit gelê het. Intense dialoog was hiervoor die voertuig.

      Die ANC het in die vroeë tagtigs dialoog en kontak met (wit) Suid-Afrikaners as ’n onderdeel beskou van ’n strategie om die heersende politieke stelsel te ondergrawe en druk uit te oefen. Die regerende elite, wat die ANC baie suksesvol geïnfiltreer het, wou weer verdeeldheid, verwarring en selfs konflik binne die bevrydingsbeweging aanstig. Die model was: revolusionêr versus kontra-revolusionêr. Dié strategiese denkraamwerk, aanvanklik vasgelê in ideologiese beton, moes deurbreek word. Die nou beroemde tronkgesprekke was ’n belangrike beitel. Die Afrikaner-ANC-gesprekke was ’n ander beitel. En die NI-ANC-gesprekke in Switserland en later in Pretoria was nóg ’n beitel wat ’n nuwe pad help oopkap het. Idasa en ander organisasies, lande en leiersfigure ook.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RnIRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBkAAAAEBAAMAAAABCgAAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzow OToyNCAxMjowMTo0MgAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAGEIAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC E

Скачать книгу