Kopreis. Gerrit Rautenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kopreis - Gerrit Rautenbach страница 1

Kopreis - Gerrit Rautenbach

Скачать книгу

section>

      Kopreis

      Gerrit Rautenbach

      Queillerie

      Vir Pa Fanus – want sonder hom was ek woordeloos.

      Wat seg, sonder hom was ek nie …

       Kruger.jpg

      Dis Juniemaand, ek is vyf jaar oud en lê grootoog in die bed onder ’n dik verekombers. Heeltemal te opgewonde om te kan slaap. Want laasjaar hierdie tyd het ek nie geweet wat vir my wag nie. Hierdie jaar weet ek wel. Môreoggend gaan ons Wildtuin toe. En dis die lekkerste lekker.

      Dis nou vrek koud hier waar ek in Johannesburg lê en probeer slaap. Maar môre ry ons somer toe. Dis altyd somer in die wildtuin. Ek onthou nog laasjaar toe ons by Numbihek gestop het. Die sand onder my kaal voete op pad na die ontvangskantoor was warm. Lekker warm. Groot glansspreeus het oor my kop geswiep, op die grasdak van die geboutjie gaan sit en koggel. Geelbekneushoringvoëls het oopbek in wag-’n-bietjies gelag.

      In die ontvangsgeboutjie onthou ek dadelik drie goed. Die blinkgepoetste bruingeel vloer is koel onder my voetsole. In teenstelling met die warm sand. Die reuk van teerpale en grasdak slaan dik in my neus op. En die swart tweerigtingradio kraak ’n metaalstem te voorskyn. Iemand soek iemand op die Satarapad.

      Ek onthou ons wegry, die eerste paar treë die wildtuin in. Skielik stadiger, want die gejaag is verby. Ons is hier. Met oop vensters soek ons ons eerste wild. Want dis warm in die wildtuin. En ’n mens kan nie wild kyk deur ’n ruit nie. Jy moet in kontak wees. Ons vat weddenskappe. Wie gaan wat eerste sien? Dan, om die volgende draai, stop my pa. ’n Driedraai-koedoebul staan en vreet aan ’n mopanie, horings agteroor om by te kom. My eerste wilde dier, in lewende lywe in die wildtuin.

      Ek onthou my eerste ruskamp. Onder-Sabie. Ek het uitgeklim en rivier se kant toe gehardloop. Daar was ’n groot stuk gras voor my. Drie treë oor die gras, toe stop ek. My kaal voete brand. Duwweltjies. Ek het gaan sit om hulle uit te trek. Toe brand ek gatkant langs. Ek druk op die grond en vlieg vervaard op. Toe brand my hande. Ek is vier jaar oud en begin huil. My pa het my kom haal. Maklik met sy skoene aan sy voete. Want hy was al hier.

      Ek onthou slaaptyd in die rondawel. Ronde grasdak met teerpale. Wild. Lekker. Gestyfde wit lakens met ’n blou strepie op wat lees “Custos Naturae”. Geel gordyne met prentjies van diere op. Leeus, luiperds, olifante, buffels. (Later het ek uitgevind dis oorspronklik geteken deur Hilda Stevenson-Hamilton, die eerste veldwagter – James Stevenson-Hamilton – se vrou.)

      Ek onthou die rooijakkalse wat dwarsdeur jou lyf uitskree na die nag terwyl hiënas hartseer huil totdat jy na jou ma verlang. Al lê sy net drie treë van jou af in dieselfde rondawel. Totdat jy tussen hulle loop inklim, jou oë toemaak en veilig verder slaap. My pa, hy skrik mos nie vir die goeters nie.

      Ek onthou vroeg opstaan in die donker saam met Pa. Dan vuur toe. Eers vir koffie en dan vir pap maak. Dis donker, dis stil. Dis joune. Alles gebeur in die gloed van die hardekoolvuur. Silhoeëtte van ’n Afrikadag wat dreig om te breek. Die pap is styf ingeroer en staan en prut geduldig eenkant op drie kooltjies. Dan … terug kar toe om eerste by die hek aan te kom. Ek, Pa en Broer ry uit.

      “Soek die leeus,” sê Pa. Ons stop in elke drif.

      “Dis ’n luiperdlopie,” verduidelik Pa. Jy sien partykeer baie diere. Jy sien partykeer minder. Maak nie saak nie, dis lekker. Jy ruik die bos. Die dag staan op.

      Dit was laasjaar. En môre gaan dit alles weer gebeur. Ek wéét mos …

      In dié stadium stap my pa by my kamer in waar ek toegewoel onder die verekombers lê.

      “Is jy reg vir die wildtuin, Kleinman?” vra hy toe hy by my kom sit en my nog stywer toewikkel.

      “Ja, Pa, maar ek kan nie slaap nie. Vertel my meer van die wildtuin? Was dit nog altyd daar?”

      En my pa vertel. Die veld en die diere was nog altyd daar. Maar toe het die aarde se grootste roofdier gekom. Die Europeërs. Hulle het wild en wakker onder die wild begin maai. Want daar was mos baie. Hulle het nie net vir kos geskiet nie. Skiet was hulle besigheid. En vir sommige ’n “sport” of “avontuur”. Soos ene William Cornwallis Harris en Roualyn Gordon Cumming wat derduisende wild geskiet het en net soveel gekwes agtergelaat het.

      Mettertyd het van die boere bekommerd geraak. Hulle het druk op die regering begin sit om jag te beperk. Hier en daar het van hulle sukses behaal. Maar die land was groot en die wette was moeilik om toe te pas. Die man met die grootste visie was president Paul Kruger. Eindelik het hy die magtiging gehad om wildbewaring af te dwing. Maar alhoewel die Sabi-wildreservaat in 1898 in die lewe geroep is, het niks van krag gekom tot ná die Britte die Anglo-Boereoorlog gewen het nie.

      Ná die Vrede van Vereeniging het die Sabireservaat regmatige status gekry. Wetgewing is ingestel en ’n man is aangestel as opsiener van die verwaarloosde wildreservaat. ’n Man wat 44 jaar lank alles gegee het om die voortbestaan van eers net die Sabi en later die Sabi- en Shingwedzi-reservate te verseker, tot die uiteindelike vorming van die volwaardige Krugerwildtuin van twee miljoen hektaar groot. G’n ander individu het ’n groter rol gespeel om te verseker ’n stuk van Afrika is vandag nog bewaar soos dit was nie, vir baie geslagte vorentoe om dit nog te ervaar.

      Hy was James Stevenson-Hamilton, ’n man van Skotse afkoms wat ná die oorlog nie kans gesien het om terug te gaan na die vervelige lewe in Brittanje nie. James was ’n kort mannetjie, maar kragdadig en rusteloos van geaardheid. Hy het g’n nonsies gevat nie. Ook net sowel, want die blootstelling en verlatenheid van die verantwoordelikheid het gevra vir ’n man wat kan. En hy kon. Dis ook waar sy bynaam vandaan kom. ’n Bynaam wat vandag nog voortleef in die Kruger: Skukuza, oftewel “die man wat alles skoonvee”.

      Hy het meedoënloos die gebied teruggebring na ’n oorspronklike toestand, deur enige mense wat daar gebly het buite die gebied te hervestig. En deur sonder skroom jag te maak op jagters. Tussen hakies, dis die enigste jagtery waaraan hy deelgeneem het. Self het hy en sy personeel nooit in die wildtuin gejag nie.

      Alhoewel sy werk en werkplek wild en woes was, was James ’n verfynde man. ’n Koloniale gentleman wat homself omring het met die nodige. Vleklose tafellinne, silwer teeservies, ’n biblioteek, studeerkamer, ensovoorts. Hy was ook ’n uitstekende fotograaf en skrywer wat doelgerig dagboek gehou het van alles en ook vier boeke gepubliseer het: Animal Life in South Africa (1912), The Lowveld – its Wild Life and its People (1927), South African Eden (1937) en Wild Life in South Africa (1947).

      Hy het tot op sestig die pad alleen geloop, totdat hy in 1928 ’n jaar lank terug is Brittanje toe. Daar ontmoet hy ’n 27-jarige meisie, Hilda Cholmondeley. Dit was sulke tyd. Sy is saam terug Wildtuin toe. Eers het sy by ’n ou skoolvriendin gebly, maar sy is op 30 Augustus 1930 met James getroud en is saam met hom Skukuza toe. James was nog altyd ’n man wat kan en drie kinders is gebore.

      Op 10 Desember 1957 is James op 90 dood op sy plaas Gibraltar naby Witrivier. Maar dit wat hy in die Kruger gedoen het, leef voort.

      Alhoewel James formidabel was, is tweemiljoen hektaar effe groot om alleen te bemeester, selfs vir ’n man van sy vermoë. Daarom het hy gou na steunpilare begin soek. Die eerste twee veldwagters wat hy aangestel het, kon nie hierdie rowwe bestaan baasraak nie en het elk net ’n paar maande gehou.

      Maar toe ontmoet James ’n derde kandidaat. Henry Charles Christoffel Wolhuter, alias Harry. ’n Man wat eers mooi gaan dink het oor die aanbod. En toe sy besluit geneem het. Op 17 Augustus 1902 het hy die pos as veldwagter in die wildtuin aanvaar. ’n

Скачать книгу