Bybelboodskappe. Jan Hulme
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Bybelboodskappe - Jan Hulme страница 3
2 Hy het dit die eerste keer aangekondig in Markus 8:31–33 en Lukas 9:22. Daarna het Hy sy dood en opstanding vir ’n tweede keer aan sy dissipels genoem (Matt 17:22–23: Mark 9:30–32; Lukas 9:43–45). Hy het dit selfs vir ’n derde keer in besonderhede bevestig in Markus 10:32–34.
3 Voor dié dinge sou plaasvind en die tyd van Sy verheerliking sou aanbreek, het Jesus tot God gebid en sy dissipels en bruidskat (ons as gelowiges) aan God opgedra. Lees hierdie wonderlike gebed van Jesus in Johannes 17:6–26.
Die Ou Testament kom in vervulling deur die Nuwe Testament
1 Die woord “testament”, soos in Ou en Nuwe Testament, beteken eintlik dieselfde as verbond. In die Ou-Testamentiese tyd het God gesien dat die mensdom wat Hy met soveel liefde geskape het, heeltemal van Hom afvallig geword het en in sonde verval het. Sedert die sondeval van die mens (Gen 3) word alle mense in sonde gebore. Hy het besluit om ’n lewensboei na die mensdom uit te gooi om hulle van die ewige verdoemenis te red. Dit was die nuwe verbond in Christus (2 Kor 3:5–6; Heb 8:6).
2 In die Nuwe-Testamentiese tyd het God se besluit in vervulling gegaan. Vir die redding van die mensdom het Hy in sy genadige liefde vir ons mense, sy geliefde Seun, Jesus Christus, na die aarde gestuur om die vloek van sonde; wat by Adam en Eva se ongehoorsaamheid begin het, op Hom te neem. Hy het dit gedoen deur sy bloed aan die kruishout te kom stort as versoening vir die sonde van almal wat Jesus aanneem as Verlosser en Saligmaker. Romeine 8:3 sê God “het die sonde binne die sondige bestaan van die mens veroordeel” deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur om self die offer te bring wat nodig was om hul sonde weg te neem.
3 Jesus sê in Matteus 26:53 dat sy Vader meer as twaalf legioene engele sou kon beskikbaar kon stel om Hom te kom beskerm, maar die geskrifte van die profete moes bewaarheid word. En dit het gelui dat Hy moes ly, die smaad, bespotting en straf van die ongelowiges moes verduur en in ons plek moes sterf.
Goeie Vrydag: die kruisigingspad
1 Op hierdie Vrydag was Jesus in die tuin van Getsemane saam met sy dissipels toe een van hulle, Judas, Hom met ’n kus verraai het en Hy gevange geneem is.
2 Jesus is voor die Joodse Raad gedaag en valse getuienis is teen Hom ingebring. Die hoëpriester het Hom na Herodes gestuur, wat Hom weer na Pilatus, die Romeinse goewerneur, verwys het.
3 Die goewerneur kon geen fout met Hom vind nie, maar soos dit die gebruik was met Pase, kon die goewerneur ’n gevangene vrylaat. Hy wou toe weet wie moet hy vrylaat, Barnabas die berugte rower of die onskuldige Jesus? Die skares het gekies om Barnabas los te laat, maar vir Jesus wou hulle kruisig. Dit is nou dieselfde Jesus wat so baie van hulle gesond gemaak, duiwels uit hulle gedryf, dooies opgewek en ander wonderwerke vir hulle gedoen het. Dit was ook die man wat vir hulle die goeie weg van verlossing gewys en hulle vertel het hoe God se koninkryk daar uitsien.
4 Nogtans wou hulle Hom kruisig, want volgens 2 Korintiërs 3:14 was Israel se verstand versluier sodat hulle Hom nie kon of wou aansien vir wie Hy is nie. Terwyl Hy tot hulle voordeel opgetree en wonders vir hulle gedoen het, het hulle hom vereer, maar noudat Hy ’n gevangene was, word hulle maklik opgesweep om Hom te laat teregstel. Ons moet ons nie deur wonderwerke laat beïndruk en verlei nie, maar liewer ons heil soek in Jesus, die Verlosser, self.
5 Goewerneur Pilatus het sy hande voor die skare in onskuld gewas. Die hele volk het aangedui dat hulle en hul kinders die verantwoordelikheid vir die vergieting van Jesus se bloed sal aanvaar. Die goewerneur het Jesus toe laat gesel en Hom aan die gepeupel oorhandig om gekruisig te word. Tot vandag toe het God nog nie weer die Israeliete besoek soos in die tyd van die Ou Testament nie. Met die vernietiging van Jerusalem deur die Romeine is talle Jode as ballinge weggevoer en ander is opgehang; in die Tweede Wêreldoorlog is ses miljoen Jode vermoor, en tot vandag is hulle nog gedurig met die Palestyne in ’n stryd om oorlewing gewikkel. Maar sê Matteus 21:43 dan nie dat die koninkryk van God van hulle weggeneem en aan ander volke gegee sal word nie – volke wat die vrugte van die koninkryk dra?
6 Op sy lydenspad is Jesus bespot, en uittartend het die soldate ’n “koninklike” pers mantel vir Hom aangetrek en ’n doringkroon op sy kop gedruk. Hulle het kamtig gebuig voor Hom as “die koning van die Jode”; hulle het Hom geklap en selfs op Hom gespoeg. En Hy moes self sy kruishout na Golgota, die plek van teregstelling, dra. Daar is Hy gekruisig saam met twee misdadigers aan weerskante van Hom.
Lydenstyd
Gedurende hierdie swanger tyd het baie merkwaardige dinge gebeur:
1 Daar was duisternis vanaf twaalfuur tot drieuur die middag.
2 Daar was groot aardbewings, die aarde het geskud en rotse het uitmekaar gebars.
3 Gelowiges is uit die dood opgewek en het uit hul grafte uitgegaan.
4 Die soldate het oor die besit van Jesus se kleed die lot gewerp, soos voorspel is.
5 Die voorhangsel van die tempel het van bo tot onder in twee geskeur. Dit was simbolies van die feit dat direkte toegang tot God nou vir mense moontlik gemaak is. Hebreërs 10:19–20 sê deur Jesus se versoeningsdood het sy bloed vir ons die weg gebaan tot in God se Heiligdom.
6 Sommige toeskouers by Jesus se kruisiging is deur alles wat daar gebeur het gedwing om te erken dat Hy werklik die Seun van God was – byvoorbeeld die offisier en die soldate om die kruis.
7 Daar was oomblikke van skok en verbystering, soos by die twee voetgangers saam met wie Jesus ná sy opstanding op die pad tussen Jerusalem en Emmaus geloop het, en hulle Hom nie dadelik herken het nie (Luk 24:13–30).
8 Daardie Paasfees in Jerusalem het baie mense diep geraak en wonderlike dinge laat ervaar. Sedertdien word die kruisiging en opstanding van Jesus steeds herdenk met hernude feesvierings in die geloof, en met die gebruik van die sakrament van brood en wyn, soos Jesus dit pas voor sy kruisiging ingestel het (vgl Luk 22:14–23).
Deel 2
Jesus se kruiswoorde
1 Lukas 23:33–34: “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Hoewel Jesus onregverdig tereggestel word en met die spykers deur sy hande erge lyding verduur, vra Hy God om dié wat dit aan Hom doen, te vergewe. Net so tree Hy tot vandag toe nog vir ons in by God (Heb 7:24–25).
2 Lukas 23:39–43: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” ’n Rower wat langs Jesus aan die kruis hang, bely sy sondes en vra Jesus om aan hom te dink wanneer Hy in sy koninkryk kom. Jesus vergewe die man. Al ly Hy in daardie stadium geweldige pyn en lyding, dink Hy nie aan Homself nie, maar gee in genade aandag aan die man se belydenis. My vriend, sien jy dat dit nie ’n hele seremonie hoef te wees om gered te word nie. Al is jou sondes hoe groot, kan jy dit net in opregtheid bely en Jesus as jou Verlosser aanneem (Heb 4:6–7).
3 Johannes 19:25–27: Jesus sê aan sy moeder: “Daar is u seun” en aan die dissipel vir wie Hy baie lief was, sê Hy: “Daar is jou ma.” Ons leer hieruit dat ons vir mekaar moet omgee as broers en susters in Jesus (vgl 1 Pet 1:22–23).
4 Matteus 27:45–46: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” God het Hom aan Jesus onttrek terwyl Hy aan die kruis gehang het. Dit was omdat die Seun die las van die bittere kruisiging alleen moes dra, sonder enige hulp van die Vader. Weet dan dat, as jy die dag alleen voel, Jesus daar is vir jou, want Hy weet hoe dit voel.
5 Johannes 19:28: