Bybelboodskappe. Jan Hulme
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Bybelboodskappe - Jan Hulme страница 6
14 Die “1 000 jaar” van vrede wat gelowiges tans ervaar, het begin by Jesus se geboorte. Die engelkore het vrede op aarde besing, vir die mense in wie God sy welbehae bewys het met Jesus se geboorte. In Johannes 14:27 sê Jesus: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.” Die duisend jaar van vrede waarvan hier bo sprake was, is ’n simboliese getal wat strek tussen die eerste en tweede koms van Christus, want ons gelowiges se vrede duur tot in alle ewigheid. Ons as gelowiges ervaar God se vrede nou hier op aarde, want ons is onder die drie-enige God se beskerming en ook onder die beskerming van engele wat die Here vir ons voorsien. In Johannes 17:15 vra Jesus vir God om ons teen die bose te bewaar in hierdie wêreld. Ons as gelowiges is dus veilig, solank ons ons nie ooplaat vir die duiwel en sy demone nie.
|
Boodskap 3 Kersfees |
Skrifgedeelte
Jesaja 9:5
Vir ons is ’n Seun gebore,
aan ons is ’n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
Preekskema
Inleiding
In Jesaja 40:3 lees ons van die voorganger uit die woestyn wat vir Jesus die pad moes kom oopmaak. Ons lees dit ook in Matteus 3:1, Markus 1:1–4, Lukas 1:5–38, Johannes 1:6, almal dissipels van Jesus wat vertel van Johannes die doper wat as boodskapper die pad vir Jesus kom gereed maak het. Toe Jesaja dit voorspel het, was Jesus nog nie gebore nie – Hy sou eers op Kersdag as Verlosser en Saligmaker gebore word.
Elke Kersfeestyd hoor ons oor en oor van Kersfees. ’n Mens wonder of daar nog iets kan wees wat nog nie voorheen oor dié dag gesê is nie. Ons almal ken Kersfees al vandat ons ná geboorte so iets kon verstaan. Kersfees maak ons altyd opgewonde. Dit is vakansietyd. Dit is geskenketyd. Dit is feestyd. Ons geniet al die liggies, die Kersvaders, die jolyt van die wêreld, die winkels met pragtige uitstallings in hul vertoonvensters …
MAAR vir Christene het dit ’n heel ander betekenis. Ons kan onsself vra: Wat sal ek doen vir iemand wat ek baie liefhet en wat in nood verkeer? Wat sal ’n ouer alles vir sy kind doen? Sal hy nie selfs sy lewe waag vir sy kind nie.
Wat het God vir ons gedoen?
Hy het sy eniggebore Seun, vir wie Hy baie lief is, gegee om geoffer te word vir ons. Die geliefde en bekende vers Johannes 3:16 lui só: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Dan kan ’n mens mos sien Hoe lief jou hemelse Vader jou, sy kind, het.
Hoe het God dit laat geskied?
Maria wat nog nooit gemeenskap met ’n man gehad het nie, is deur die werking van die Heilige Gees laat swanger word (Matt 1:21). So het dit gekom dat Jesus uit die koninkryk van God as ’n mens na die aarde verplaas is.
Jesus het dus grootgeword tussen die mense, baie wonderwerke gedoen soos om water in wyn te verander, siekes en blindes te genees, dooies, soos Lasarus, op te wek, duiwels uit mense te dryf, mense sy volgelinge gemaak en hul sondes vergewe, en nog baie meer.
Wat doen Jesus?
Ons lees in Lukas 4:43 hoe Hy die mense die waarheid geleer het en vertel het wat in God se koninkryk aangaan. Hy herstel die koninkryk van God hier op die aarde wat met die sondeval van die mens skeefgeloop. Sedertdien word ons almal in sonde gebore, maar Jesus se menswording was ons redding. Hy ontmasker die duiwel en sy volgelinge, soos valse profete en leraars, valse owerstes, ongelowiges wat Jesus nie wou ken as die gestuurde wat hulle kon verlos nie.
Hy moes as een persoon en as Middelaar vir die hele wêreld aan die kruis sterwe. As dit nie gebeur het nie, sou die hele mensdom in Satan se kloue beland het en sonder enige hoop op die hiernamaals in sonde gesterf het.
Jesus is die derde dag deur God opgewek uit die dood, Hy het ter helle neergedaal en Satan gestroop van al sy magte en sy heerskappy oor die aarde afgevat. Jesus het beheer geneem en die aarde wat aan die mens gegee was om daaroor te regeer, herstel en dit aan die mens teruggegee (Jes 8:23). Satan is onttroon en oorwin.
Waaroor gaan Kersfees vir gelowiges?
Ons as gelowiges vier daarom elke Kersfees die verjaardag van Jesus, wat opgevaar het na die hemel en wat aan die regterhand van God die Vader sit. Dit gaan vir ons as gelowiges oor baie meer as die gee van mooi geskenke of ’n oordadige Kersmaal.
Ons herdenk met blydskap sy geboorte as ons Verlosser en Saligmaker.
Ons maak ons met groot verwagting gereed vir sy wederkoms.
Ons bevestig ons geloof in Hom.
Ons grootste Kersgeskenk is volgens Matteus 16:19 die sleutels wat ons van Jesus ontvang het vir toegang tot sy koninkryk, deur sy Woord.
’n Persoonlike vraag aan jou
Ek vra jou vandag of jy gered is? Het jy die Jesus wie se geboorte ons met Kersfees vier, al aangeneem as jou persoonlike Verlosser? Is jy gereinig deur sy bloed? Is jy nie dié Kersgeskenk aan jouself verskuldig nie?
Mag hierdie Kersfees vir julle elkeen ’n besonderse Christusfees wees!
Amen.
|
Boodskap 4 Twee soorte mense |
Skrifgedeelte
Lukas 12: 8–12; 16–34
8“Ek sê vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God. 9Maar hy wat My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word.
10“Elkeen wat teen die Seun van die mens iets sê, kan vergewe word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, kan nie vergewe word nie.
11“Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, 12want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.”
16Toe vertel Hy hulle ’n gelykenis: “’n Ryk man se grond het goed gedra. 17Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. 18Toe besluit hy: Dít sal ek doen. Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. 19Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ 20Maar God