Hoop in tye van nood. Benescke Janse van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg страница

Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg

Скачать книгу

cover.jpg

      Hoop in tye van nood

      Oordenkings oor Psalms

      Bybelstudie vir kleingroepe en individue

      Benescke Janse van Rensburg

      LUX VERBI

      Ek dra die boek op aan almal wat tans deur ’n moeilike tyd gaan. Moet nooit moed opgee nie. As jy deur die storm is, wag ’n reënboog op jou!

      Vyf wenke vir die gebruik van hierdie studiegids

      1. Tydsduur

      Vir individuele studie kan die studiegids oor ’n tydperk van 31 dae bestudeer word. In groepsverband kan die gids vir ’n tydperk van 31 weke gebruik word as die groep besluit om elke week ’n ander hoofstuk te behandel. Kleingroepe kan vooraf besluit hoe lank elke ontmoeting gaan wees. ’n Goeie riglyn is om sowat ’n uur en ’n half aan die bespreking af te staan.

      2. Groepbespreking

      Die studiegids sal die beste werk as elke deelnemer in die groep ’n eksemplaar van die studiegids het. Individue wat aan die bespreking deelneem, kan vooraf deur die Psalm-hoofstuk en dagstukkie lees en aantekeninge maak van die teksverse of waarhede wat vir hom of haar uitstaan. Die dagstukkies kan dan weer in die groep gelees word voordat die besprekingsvrae behandel word. Die doel van die groepbespreking is om saam te ontdek hoe die Psalms vandag steeds van toepassing is in ons moderne samelewing.

      3. Besprekingsvrae

      Aan die einde van elke dagstukkie is besprekingsvrae wat in die groep of individueel behandel kan word. Neem die vrae bloot as vertrekpunt vir die gesprek. Nie elke deelnemer hoef by elke vraag te antwoord nie, maar laat genoeg geleentheid vir gesprekvoering.

      4. Bybelvertalings

      Die 1983-Bybelvertaling, 1933-vertaling, die Lewende Bybel, Die Boodskap asook Die Bybel vir almal is in hierdie studiegids gebruik. Dit is nuttig om verskillende vertalings te gebruik aangesien dit die studie verryk.

      5. Addisionele materiaal

      Kleingroepleiers kan gerus ’n draai maak by die webwerf www.benescke.co.za om bykomende materiaal te verkry wat die besprekingstyd in die groep kan verryk. By sommige dagstukkies word byvoorbeeld verwys na foto’s en videogrepe wat van die webwerf afgelaai kan word.

      Let wel: Die Psalms word nie in chronologiese volgorde bespreek nie.

      Tien wenke vir fasiliteerders

      Hier is verdere riglyne vir fasiliteerders:

      1. Kies vir jou ’n goeie span om jou te ondersteun

      Kry vir jou ’n goeie mede-aanbieder sodat hy of sy in jou plek kan waarneem indien iets voorval en jy nie die groep kan bywoon nie. Dit sal ook die druk van jou afhaal indien iemand ’n vraag vra wat jy nie onmiddellik kan beantwoord nie.

      2. Wees vriendelik en gasvry

      Die groepslede het moeite gedoen om na jou huis toe te kom. Laat hulle welkom voel en sorg vir iets te ete en te drinke. Julle kan ook as groep ’n rooster volg waarvolgens elkeen vir een week se eet- en drinkgoed tydens die byeenkoms verantwoordelik is.

      3. Wees jouself en moenie die groep probeer beïndruk nie

      Mense kom gou agter as jy iemand anders probeer na-aap of voorgee dat jy al die wysheid in pag het. Erken dit as jy nie ’n antwoord het nie en vra om verskoning as jy ’n fout begaan het. Onthou, julle is saam as groep op reis deur die boek Psalms om iets meer omtrent God se karakter te ontdek.

      4. Berei goed voor

      Sorg dat jy vooraf deur die spesifieke Psalm-hoofstuk en dagstukkie gewerk het sodat jy die besprekingsvrae maklik kan hanteer. Kyk ook of daar addisionele materiaal op www.benescke.co.za is wat jy kan gebruik om die byeenkoms verder in te kleur.

      5. Bid vir die lede

      Moet nooit die krag van gebed onderskat nie. Maak ’n lysie van almal in die groep en sorg dat jy vooraf vir elkeen afsonderlik bid vir beskerming en dat niks sal voorval wat sal verhoed dat hulle die byeenkoms kan bywoon nie. Bid ook dat God hul harte deur sy Heilige Gees sal voorberei om oop te wees vir dit wat Hy deur elke les in hul lewens wil deponeer.

      6. Laai die oudiogreep af

      Op die webwerf www.benescke.co.za is daar ’n oudiogreep vir elke hoofstuk se dagstukkie. Jy kan dit vooraf van die webwerf aflaai en as inleiding gebruik voordat julle na die besprekingsvrae oorgaan. As jy nie toegang tot die internet het nie, kan jy vooraf met een van die lede afspreek om die stukkie te lees. Kies iemand met ’n sterk stem wat die groep se aandag sal behou.

      7. Moenie dadelik self die vrae beantwoord nie

      Soms is daar stilte nadat jy die vraag gestel het. Laat die groepslede toe om daaroor te dink. Sodra iemand geantwoord het, kan jy beleef vra of iemand anders iets wil byvoeg voordat jy jou antwoord op die vraag gee. Maak ’n punt daarvan om almal te betrek en skep ’n geleentheid vir groepslede om die vrae waarmee hulle worstel aan die groep te stel. Baie keer sukkel van die ander lede met soortgelyke vrae en groei die hele groep as een lid die moed bymekaarskraap om dit te opper.

      8. Sorg dat die les vloei

      Moenie te vinnig van een vraag na die volgende beweeg nie, maar moet ook nie te lank by een vraag stilstaan nie, tensy jy voel dat ’n enkele vraag genoeg is. Vra of enigeen graag ’n paragraaf of Skrifgedeelte wil voorlees. In plaas daarvan om iemand te kies, vra eerder dat iemand vrywillig aanbied en wag dan geduldig totdat iemand in die groep begin voorlees. Onthou om daarna vir hom of haar dankie te sê.

      9. Verdeel soms in kleiner groepies

      Dit is soms makliker om in kleiner groepies te gesels. Dit verseker dat al die groepslede ’n geleentheid kry om deel te neem en met vrymoedigheid vrae te stel. Julle hoef nie tydens elke les in kleiner groepies op te deel nie. As fasiliteerder kan jy vooraf besluit of die spesifieke les hom daartoe leen.

      10. Sluit die les af met gebed

      As van die groepslede nie gemaklik voel om hardop voor ander te bid nie, kan jy voorstel dat twee of drie mense ’n kleiner groepie vorm en saambid. In die groot groep kan jy eers op die ry af vra hoe dit met elkeen gaan en of daar iets spesifieks is waarvoor julle kan bid. Daarna kan julle in die kleiner groepies saambid.

      1. Is jy ’n kolibrie of ’n aasvoël?

      Psalm 59

      1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. ’n Gedig, na aanleiding daarvan dat hulle, in opdrag van Saul, Dawid se huis omsingel het om hom dood te maak. 2Red my van my vyande, my God, beskerm my teen my teëstanders, 3red my van die mense wat onreg doen, bevry my van hierdie moordenaars! 4Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak, hulle wil my aanval. Maar ek het nie gesondig nie, ek het nie oortree nie, Here! 5Ek is onskuldig en tog bestorm hulle my en val hulle my aan. Kom help my tog! Kyk wat doen hulle! 6U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel! Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies! Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie. Sela 7Hulle kom altyd in die aand terug, hulle grom soos honde en loop in die stad rond. 8Die skuim staan om hulle bekke, en hulle wys hulle tande, want hulle dink niemand

Скачать книгу