Hoop in tye van nood. Benescke Janse van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg страница 3

Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg

Скачать книгу

begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

      Lees weer die vers. Bêre dié belofte in jou hart en vertrou op God vir jou uitkoms. Ek kan jou waarborg, Hy gaan jou nie net deurdra nie, Hy gaan jou sterker aan die anderkant uitbring – én met ’n storie waarmee jy diegene rondom jou se lewens kan inspireer.

      Gebed

      Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U presies weet wat in my lewe aangaan. Ek plaas (noem hier wat ook al vir jou ’n hindernis is) vandag voor u troon neer. Neem dit asseblief oor en laat u wil in my lewe geskied. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1. Het jy jouself al in ’n situasie bevind waar jy moed wou verloor? Hoe het jy die situasie hanteer?

      2. Lees Psalm 37:3–4. Watter rol speel vreugde in ons lewens? Lees ook Nehemia 8:10.

      3. Lees Psalm 37:1–3, 6–7, 9, 17. Waarom moet ons ons nie oor skurke en skelms kwel nie? Wat is die uiteinde van diegene wat op God vertrou?

      4. Lees Psalm 37:8. Waarom moet jy nie kwaad word of toelaat dat woede jou oorweldig nie?

      5. Lees Psalm 37:18–20, 22. Wat is die voordeel vir diegene wat op God vir sy voorsiening vertrou? Watter gevolge wag op die goddeloses?

      6. Lees Psalm 37:23–29. Wat is die waarde daarvan om God in al ons weë te ken?

      7. Lees Psalm 37:32–34, 38–40. Wat moet ons doen wanneer goddeloses ons ondergang wil bewerkstellig?

      3. Laat God jou lewe verlig

      Psalm 23

      1’n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

      Volgens sterrekundiges ontstaan hierdie “gat” oftewel donker molekulêre wolk in die hemelruim omdat ’n groot konsentrasie stof en molekulêre gas al die lig van die sterre in die agtergrond absorbeer en dit dan ’n donker voorkoms gee. Hoewel dit nie heeltemal duidelik is wat tot ’n Barnard 68 aanleiding gee nie, is bevind dat hierdie plek, wat as die koudste en mees geïsoleerde plek in die heelal beskryf word, die plek is waar nuwe sterre gevorm word.

      In ons lewens bevind ons onsself ook van tyd tot tyd in ’n Barnard 68-fase waar dit voel asof ’n “donker molekulêre wolk” die sprankel en vreugde in ons lewens absorbeer en uitwis. Hierdie wolk kom in verskillende vorms voor. Soms is dit bitterheid oor die verlede of ’n onvergewensgesindheid in ons hart. Ander kere is dit stres by die werk, ’n onredelike kollega of werkgewer, ’n uitdaging met een van ons kinders, vrees dat ons nie ons rekeninge aan die einde van die maand sal kan betaal nie, ’n gebroke verhouding of die hartseer na die afsterwe van ’n geliefde.

      Wat is jou reaksie in hierdie fases? Isoleer jy jouself of kies jy om soos die Psalmdigter na God te gaan met die wete dat Hy jou sprankel kán en wíl herstel? Luister weer na die woorde in Psalm 23:1, 3, 6: “Die Here is my herder … Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil … Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae” (1953-vertaling).

      Sit jy vandag met ’n Barnard 68-fase in jou lewe? Onthou, God kan hierdie donker fase gebruik om jou karakter te vorm en jou nader aan Hom te trek terwyl Hy terselfdertyd nuwe, helderder sterre in jou lewe skep. Kom ons kies dus om aan Hom vas te hou terwyl ons vertrou dat Hy die donker wolke sal opklaar om ons in staat te stel om ’n lewe te lei wat van sy goedheid en guns getuig.

      Gebed

      Vader God, baie dankie dat geen donker situasie in my lewe ooit te donker is vir U om te herstel nie. Kom verkwik my siel en lei my op die spore van geregtigheid, om u Naam ontwil. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1. Het jy jouself al in ’n Bernard 68-gat bevind waar dit vir jou gevoel het asof jy hoop op ’n uitkoms verloor? Wat het jy gedoen om nuwe hoop te vind? Het jy in hierdie tyd nader aan God gegroei?

      2. Lees Psalm 23:1. Wat beteken die uitdrukking: “Die Here is my herder …” vir jou?

      3. Lees Psalm 23:2. Wat leer ons uit die teksvers van God se voorsiening?

      4. Lees Psalm 23:3–4. Kan jy getuig van ’n situasie waarin God jou met nuwe krag gevul het toe jy dit nodig gehad het?

      5. Lees Psalm 23:5–6. God se goedheid, guns en liefde sal jou agtervolg. Waarom is dit belangrik om op die goeie dinge in plaas van die slegte dinge in jou lewe te fokus?

      4. God is ons toevlug

      Psalm 62

      1Vir die koorleier. ’n Belydenis. ’n Psalm van Dawid. 2Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. 3Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. 4Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, ’n man wat reeds is soos ’n muur wat wil omval, ’n klipmuur wat omgestoot word? 5Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela 6Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. 7Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. 8God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. 9Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug. Sela 10Mense is verganklik, mense is niks: op ’n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks. 11Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. 12Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het 13en ’n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.

      Tydens die Viëtnamese oorlog is ’n groep Amerikaanse soldate as krygsgevangenes deur die vyand in hegtenis geneem. In die tronkselle het die soldate gespanne gewag dat die vyand hulle een vir een kom haal en martel in die hoop dat hulle oorlogsinligting sou bekend maak.

      Teen die einde van die oorlog het hierdie groep soldate na Amerika teruggekeer sonder dat enigeen van hulle enige inligting aan die vyand verstrek het. Verstom oor hul vermoë om te swyg, wou die Amerikaanse weermag weet hoe hulle dit reggekry het. Die bevelvoerder van die groep, ’n kaptein, het vorentoe getree en vertel: “Ek is eerste uit die tronksel laat haal. Net voordat die deur agter my toegegaan het, het een van my troepe my aan die skouer gevat en gesê: ‘Kaptein, keer met waardigheid terug.’ In die daaropvolgende ure van marteling waartydens ek gebrand, geskok en amper verdrink is, het ek telkemale aan sy woorde gedink. Dit het my gehelp om my fokus te behou.”

      Die

Скачать книгу