Hoop in tye van nood. Benescke Janse van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg страница 5

Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg

Скачать книгу

pad is nie en lei my op die beproefde pad!

      Die meeste jong kinders ontgroei mettertyd die betowering wat die fiktiewe superheld, Superman, vir hulle inhou. Dít was egter nie die geval met die 35-jarige modeontwerper, Herbert Chavez van die Filippyne, nie. Sedert hy as kind in die 1980’s die eerste keer die rolprent, Superman, met die akteur Christopher Reeve in die hoofrol gesien het, het Herbert memorabilia van dié karakter begin versamel.

      Herbert het egter sy obsessie met Superman tot ’n volgende vlak geneem toe hy in 1995 die eerste keer intensiewe plastiese chirurgie ondergaan het om soos sy kindertydheld te lyk. Hy het oor die jare onder meer snywerk aan sy neus en ken laat doen en inspuitings gekry om sy vel te bleik. Hy het ook silikoon-inspuitings gekry om sy lippe voller te maak en dy-inplantings laat doen om meer gespierd te lyk.

      Herbert stap in Calamba, sy tuisdorp in die Filippyne, met ’n Supermanpak rond wat hy vir homself gemaak het. Die dorp se inwoners sê hy pla hulle nie. Hy bied hulle eerder ’n goeie geleentheid om hul kinders te leer om nie soos iemand anders te probeer wees nie, maar liewer hul eie uniekheid uit te leef.

      Hierdie storie klink dalk absurd, maar hoeveel keer het jy nie ook al (dalk onbewustelik) jouself met iemand anders vergelyk wat mooier of ryker as jy is of met ’n kollega wat gewilder as jy by die werk is? Of selfs met iemand wie se kinders beter op skool of op sportgebied as joune vaar? En hoeveel keer het jy nie al jou eie uniekheid ingeboet om meer soos “daardie” persoon te probeer wees nie?

      Luister weer na die woorde van Psalm 139:16–18: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.”

      Wanneer ons ons eie uniekheid prysgee om meer soos iemand anders te probeer wees, stap ons weg van die unieke plan wat God spesifiek vir elkeen van ons se lewe het. Voordat jy dus weer minderwaardig begin voel wanneer jy jou mooi vriendin, ryk vriend, gewilde kollega of vriende met slim, sportiewe kinders raakloop, herinner jouself daaraan dat hulle nooit oor die potensiaal kan beskik wat God spesifiek vir jóú gegee het om ’n verskil aan die wêreld te maak nie.

      Kom ons gryp dus vandag en elke dag van hierdie jaar elke kans aan om God op ons trots te maak deur die potensiaal wat Hy ons geskenk het ten volle uit te leef. Onthou, ’n tweedehandse weergawe van iemand anders was nog nooit so aantreklik soos ’n unieke weergawe van jouself nie!

      Gebed

      Vader God, baie dankie dat U my uniek geskape het. Help my om myself nie met ander te vergelyk en mis te kyk wat U spesifiek vir my beplan het nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1. Is daar areas in jou lewe waar jy jouself met ander mense vergelyk? Hoe kan jy verhoed dat die vyand jou op hierdie gebied aanval?

      2. Lees Psalm 139:1–4. Wat beteken dit vir jou dat God elke beweging in jou lewe ken en raaksien? Hoe kan jy jouself teen verkeerde gedagtes beskerm?

      3. Lees Psalm 139:5–12. Watter berusting bring dit vir jou dat God ons van alle kante omsluit en ons nie van Hom kan wegvlug nie?

      4. Lees Psalm 139:13–15. Wat sê die teksverse van ons elkeen se uniekheid?

      5. Lees Psalm 139:16. Wie bepaal hoe lank jy gaan lewe?

      6. Lees Psalm 139:17–18. Hoeveel gedagtes het God oor jou?

      7. Lees Psalm 139:23–24. Waarom is ’n rein hart vir God geweldig belangrik?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RHVRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMDowOSAxMzoz MDo1NwAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAHBaADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABCfAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABwAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIE

Скачать книгу