Hoop in tye van nood. Benescke Janse van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg страница 2

Hoop in tye van nood - Benescke Janse van Rensburg

Скачать книгу

Sterkte, want U is my veilige vesting! 11My God sal my te hulp kom in sy trou, God sal my laat neersien op my teëstanders. 12Moet hulle nie nou al doodmaak nie, sodat hulle straf nie ongemerk aan my volk verbygaan nie. Breek hulle stadig af deur u mag en laat hulle ondergaan, Here, ons Beskermer, 13oor hulle woorde, die sonde uit hulle mond. Laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed, deur die vervloekings wat hulle uitspreek, en die leuens wat hulle praat. 14Vernietig hulle in u toorn, wis hulle heeltemal uit. Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer. Sela 15Hulle kom altyd in die aand terug, hulle grom soos honde en loop in die stad rond. 16Hulle dwaal rond agter prooi aan en as hulle nie genoeg kry nie, tjank hulle. 17Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ’n veilige vesting, ’n skuilplek in tyd van nood. 18Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.

      In die Doodsvallei-woestyn naby Kalifornië is daar twee soorte voëls: die kolibrie en die aasvoël. Die kolibrie is op soek na die soet bloeisels van die kaktusplante; die aasvoël na verrotte karkasse. Tog vind albei hierdie voëls dít waarna hulle op soek is.

      In ons lewens is dit presies dieselfde. Ons kan, soos die aasvoël, die nuusblaaie fynkam en vaskyk in negatiewe nuus oor moorde, die ekonomiese resessie, verhoogde elektrisiteitrekeninge, korrupsie en vele ander negatiewe nuusberigte wat ons in vrees laat leef. Aan die anderkant kan ons, soos die kolibrie, deur dieselfde koerant blaai en onsself telkens daaraan herinner dat selfs al ís daar negatiewe berigte, God steeds in beheer van die wêreld, ons land en ook ons lewens bly. Hy is soewerein en het in elke situasie die finale sê. Selfs al sou gevaar op ons afstorm, is dit Hy wat ons daarteen beskerm.

      Voel jy vandag oorweldig deur ’n krisis of ’n vrees vir die toekoms? Luister dan weer na die woorde in Psalm 59:10, 11, 17, 18: “Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting! My God sal my te hulp kom in sy trou … Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ’n veilige vesting, ’n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.”

      God is ons beskermer. Haal jou negatiewe aasvoël-bril af en sit jou positiewe kolibrie-bril op. Begin om God te dank vir alles wat jy het. Sodoende sal jy verbaas staan om skielik die soet bloeisels reg rondom jou raak te sien wat God daar geplaas het om jou lewe goed en mooi te maak.

      Gebed

      Vader God, dankie dat U soewerein bly en my te midde van gevaar beskerm. Help my ook asseblief om met ’n positiewe gesindheid deur die lewe te gaan – selfs al dreig negatiewe nuus om my te oorweldig. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1. Is jy ’n kolibrie of ’n aasvoël? Watter effek het jou ingesteldheid, hetsy positief of negatief, op die mense rondom jou?

      2. Lees Romeine 12:2. As jy ’n aasvoël is, hoe kan jy begin om jou denke te vernuwe sodat jy deur ’n positiewe bril na die lewe kan kyk?

      3. Lees Psalm 59:10–11. Hoe het Dawid die situasie hanteer toe Saul se soldate sy huis omring en gedreig het om hom te vermoor?

      4. Was jy al in ’n situasie waar dit in die werkplek, by die huis of in jou gemeenskap gevoel het asof ’n vyand jou omring met die doel om jou te vernietig? Hoe het jy die situasie hanteer?

      5. Lees Psalm 59:17–18. Watter krag lê daarin om God se grootheid te besing terwyl jy jouself steeds in ’n krisis bevind?

      6. Watter klein aanpassings kan ons in ons lewens implementeer om meer positief na die mense rondom ons te kyk?

      2. Is jy besig om hoop te verloor?

      Psalm 37

      1Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, 2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. 3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. 4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 5Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. 7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. 8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. 9Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land. 10Nog ’n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; ’n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie. 11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart. 12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe. 13Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom. 14Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor. 15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word. 16Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses, 17want die mag van die goddeloses sal verbreek word, maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges. 18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe. 19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê. 20Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan; soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn. 21Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help. 22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit; maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word. 23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. 24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. 25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. 26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. 27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon, 28want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word. 29Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon. 30Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg. 31Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie. 32Die goddelose lê die regverdige voor en soek ’n kans om hom dood te maak, 33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. 34Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. 35Ek het al gesien dat ’n slegte, roekelose mens geil opskiet soos ’n plant, 36en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie. 37Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar ’n toekoms. 38Dié wat hulle teen die Here verset, word voor die voet uitgewis, die toekoms van die goddeloses word afgesny, 39maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood. 40Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.

      ’n Ysblokkie wat smelt. ’n Doodloopstraat. ’n Uurglas wat leegloop. ’n Tikkende tydbom.

      As jy eerlik moet wees, beskryf hierdie vergelykings nogal goed hoe jy binne jou voel. Jou hoop is besig om stadig weg te sypel. Dalk het jy onlangs jou werk verloor. Dalk het jy ’n miskraam gehad. Dalk is jy met ’n gevreesde siekte gediagnoseer. Dalk is die bank op pad om jou motor of huis te kom terugvat. Of dalk het jy net ’n aaklige baas en jy weet nie hoe jy deur hierdie dag gaan kom nie.

      Luister dan na wat die Britse staatsman, sir Winston Churchill, gesê het in ’n toespraak wat as die kortste, maar kragtigste toespraak in sy loopbaan gereken word: “Moet nooit moed opgee nie. Nooit, nooit, nooit nie! Nie in die groot dinge nie en ook nie in die kleineres nie. En as jy móét ingee, doen dit net op grond van jou beginsels en gesonde verstand.”

      Luister

Скачать книгу