Boos en Bisar. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boos en Bisar - Chris Karsten страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Boos en Bisar - Chris Karsten

Скачать книгу

van moord, twee van menseroof, twee van roof met verswarende omstandighede en aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy vonnis albei tot 28 jaar effektiewe tronkstraf.

      Die doodsrit

      Uiteindelik weet die ouers wat daardie Paassondagoggend net ná middernag gebeur het toe Brett en Richard van Craig Port se huis in Bakoven weggestap het.

      Shawaan Marlie bestuur sy BMW waarin hy, Clinton Davids, Jade Wyngaard en Nurshad David die Saterdagaand laat uit die middestad van Kaapstad in die rigting van Kampsbaai ry, op soek na ’n voertuig om te steel.

Davids & Marlie.jpg

      Clinton Davids en Shawaan Marlie verlaat die hof ná die vonnisoplegging

      images24.co.za/Die Son/Peter Abrahams

      Shawaan en Jade het elkeen ’n semi-outomatiese 9 mm-CZ75.

      Net ná middernag sien hulle Brett en Richard in Victoriaweg in Bakoven.

      Clinton sê hulle moet die twee mans beroof en hul kar steel, die donkerkleurige Polo. Hulle stop by Brett en Richard.

      Die vier klim uit en Shawaan rig sy vuurwapen op Brett en Richard.

      Jade deursoek een en Clinton en Shawaan die ander een. Hulle vat hul selfone, ’n kredietkaart en motorsleutels.

      Brett en Richard word verskrik in die BMW gedwing, en Jade en Nurshad ry met die Polo agterna. Hulle ry op deur Kampsbaai na Kloofnek en daarvandaan in die rigting van die sweefspoorstasie op Tafelberg.

      Op pad trek die twee motors af en almal klim uit. Clinton beveel Brett en Richard om al hul klere uit te trek, ook hul skoene. Hulle hou net hul sokkies aan. Die aanvallers gooi die klere teen die berghang af.

      Clinton sê Jade moet hom help om Brett en Richard vas te bind. Die plan is om hulle kaal daar te los.

      Maar toe lui Jade se selfoon. Hy skrik en trek ’n skoot met sy vuurwapen af.

      Clinton vat die vuurwapen. Maar nou is die aanvallers onrustig oor die skoot in die nag. Hulle is bang iemand ontbied die polisie. Hulle besluit om Brett en Richard elders te gaan los.

      Clinton bind Brett en Richard vas en dwing die twee kaal agter in die Polo se bagasiebak.

      Shawaan en Clinton ry met Brett en Richard in die Polo weg, en Jade en Nurshad ry met die BMW na ’n huis in Kildastraat in Crawford.

      In ’n oop stuk veld met dennebome, naby die afrit van die M5 by Klipfonteinweg, trek Shawaan en Clinton die Polo onder die bome in. Maar toe sit die kar vas. Brett en Richard word uit die bagasiebak gehaal en beveel om die Polo te help stoot.

      Hulle kry nie die kar uitgestoot nie.

      Brett en Richard word beveel om langs mekaar op hul mae te gaan lê.

      Clinton gee ’n vuurwapen na Shawaan en sê hy moet hulle skiet as hulle beweeg. Hy wil bel om hulp te ontbied om die Polo uit te kry.

      Skielik skree een, dit is onseker of dit Brett of Richard is. Shawaan begin skiet. Hy skiet elkeen twee keer agter in die kop.

      Shawaan en Clinton bel Zubair Davids en Yazeed Eyssen om te kom help met die vasgevalde Polo. Hulle bring Shawaan se BMW om die Polo uit te trek. Hulle het ook ’n graaf en ’n tou. Die tou breek en een sny ’n veiligheidsgordel van die Polo af as tou.

      En hulle ry weg, los vir Brett en Richard daar onder die dennebome, reeds dood.

      Vyfuur die oggend is Shawaan en Clinton terug in die strate, met Brett se kredietkaart. Rameez Sayeed is saam met hulle toe die polisie hulle omstreeks vyfuur die oggend in Kampsbaai voorkeer.

      Shawaan is die pa van ’n babadogtertjie en het vorige veroordelings weens diefstal. Clinton studeer vir sy N4-sertifikaat en het geen vorige veroordelings nie.

      Denise Goldin sê sy is tevrede, maar sy sal nooit afsluiting kry nie. “’n Vrou wat haar man verloor, word ’n weduwee genoem. ’n Kind wat sy ouers verloor, is ’n weeskind. Maar as ’n ouer ’n kind verloor, kan jy dit nie beskryf nie. Die pyn is so intens, so ondraaglik.”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAgEBLAEsAAD/4Rd1RXhpZgAASUkqAAgAAAAHABIBAwABAAAAAQAAABoBBQAB AAAAYgAAABsBBQABAAAAagAAACgBAwABAAAAAgAAADEBAgAeAAAAcgAAADIBAgAUAAAAkAAAAGmH BAABAAAApAAAANAAAADAxi0AECcAAMDGLQAQJwAAQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTMiBNYWNpbnRv c2gAMjAwODowMzoxMSAwOTozMzoxNwADAAGgAwABAAAAAQAAAAKgBAABAAAAAwcAAAOgBAABAAAA PgoAAAAAAAAAAAYAAwEDAAEAAAAGAAAAGgEFAAEAAAAeAQAAGwEFAAEAAAAmAQAAKAEDAAEAAAAC AAAAAQIEAAEAAAAuAQAAAgIEAAEAAAA/FgAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAEAAAD/2P/gABBKRklG AAECAABIAEgAAP/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSAAAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBEL CgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsN Dg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM DAwM/8AAEQgAoABuAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYH CAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAABBAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQh EjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHxY3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXi ZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIE BAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKy gwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dX Z3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A846xY+zMl42kMaNsg9uxbKl0XEszMl9DXbW7DY9vO8MIc2st lu7dZsQup2Nsyi5p7QZ11kqfSMlmNlF9j/Ta5jmk7DYTMfo9jX0/zkbP5xJA2etxLLnMYIDnhpm6 SS9oPv8ATMD0aGO9mypRy8z1xZidNYLbWiLriP0NI

Скачать книгу