Boos en Bisar. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boos en Bisar - Chris Karsten страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Boos en Bisar - Chris Karsten

Скачать книгу

      Alison ontvang verskeie toekennings vir dapperheid en skryf ’n boek, I Have Life: Alison’s Journey, oor die gebeure van daardie nag en hoe sy dit deur innerlike krag oorwin het.

      Sy wil haar krag met ander mense deel en begin as motiveringspreker optree. Haar praatjies word gou so gewild dat sy ook oorsee genooi word.

       Sy wil haar krag met ander mense deel en begin as motiveringspreker optree. Haar praatjies word gou so gewild dat sy ook oorsee genooi word.

      Dan ontmoet sy vir Tienie. Hulle trou in 1997.

      In 2003 het sy een oggend ’n naar kol op haar maag. Sy gaan dokter toe, en dié bevestig dat dit niks anders is as die begin van ’n swangerskap nie.

      Daniël Murray word op 13 November 2004 gebore, ’n gesonde 3,56 kg.

      En op 23 November 2006 skenk sy die lewe aan Matthew, 3,1 kg. Alison is 39 jaar oud.

Alison_Chris Karsten.jpg

      Alison met klein Matthew

      Chris Karsten

      Maar Matthew se geboorte op George is ’n baie spesiale geleentheid. Die dokter wat help om haar tweede baba in die wêreld te bring, is dr. Tiaan Eilerd van Pretoria. Hy is self nou getroud en pa van twee dogtertjies.

      Die jong student in veeartsenykunde het ná sy traumatiese ontmoeting met Alison daardie Desembernag in 1994 besluit om dokter te word. En ook h´y is al vereer vir sy aandeel daaraan om Alison se lewe te red.

      Alison vertel later in ’n TV-onderhoud van die “reeks wonderwerke” wat haar lewe daardie aand gered het.

      Sy was besig om te versmoor terwyl Frans haar verwurg het. Sy kon nie asemhaal nie. Maar toe sny hulle haar keel so diep oop dat dit haar lugweë open en sy weer kon asem kry.

      “Dit is hoekom ek weer bygekom het om na die pad te kon strompel.”

      Nog ’n wonderwerk is dat al die verwoede messnye nie haar slagare en stembande getref het nie. En toe los hulle haar hemp op haar. Sonder die hemp sou sy nooit haar ingewande kon binnehou nie.

      Die tientalle messteke in haar buik het ook die belangrikste organe, soos die voortplantingsorgane, gemis.

      Dan was daar die volmaan, sodat sy kon sien. En dit was ’n warm nag, wat gehelp het dat haar naakte liggaam die skok van die beserings langer kon verduur.

      Toe daag hulp op in die vorm van ’n student met mediese kennis, terwyl ’n borschirurg by die hospitaal op nagdiens was.

      Dít is al die wonderwerke van daardie verskriklike nag waarvoor sy so dankbaar is, wat haar die innerlike krag gegee het om ook die lewe van ander mense te versterk.

      Vrot appels

      Die troebele subkultuur van tiener-angst, met die rol van popmusiek, groepdruk, hoon en skoolboelies, is die ideale broeiplek vir gewelddadige uitbarstings. Op Dinsdag 20 April 1999 het dit verskriklike gevolge in die Columbine-skool in Colorado, Amerika.

      Twee skoolseuns, Dylan Klebold en Eric Harris, skiet 12 skoolmaats en ’n leerkrag dood, wond nog 24 en pleeg selfmoord.

      Die slagting lei tot debatte oor jong mense se beheptheid met vuur-wapens, skoolklieks, kinders wat op die speelterrein afgeknou word, en gewelddadige flieks en rekenaarspeletjies.

      Ook in Suid-Afrika word hierdie voorval bespreek en ontleed en ’n jong akteur, wat besig is om opgang te maak, besluit om die Columbine-skietery as agtergrond te gebruik vir sy eenmanverhoogstuk. Nie oor die voorval self nie, maar om te tas na antwoorde op die vrae wat daaruit vloei, die inwerking van jong persoonlikhede op mekaar, die afwesigheid van rolmodelle, die kloustrofobiese skoolomgewings waarin individualiteit te dikwels misken word.

      Bad Apple open op 11 Augustus in die Intimate Theatre in Kaapstad, word daarna ook Johannesburg toe gevat, en sleep gehore mee. Die akteur Brett Goldin skakel naatloos op die verhoog oor na verskeie karakters en karikature, totdat Derek, die moorddadige skoolseun, in die finale toneel voor sy selfmoord sy behoefte aan sigbaarheid op ’n skoolbank uitkrap: “Derek was hier.”

      Vir die energieke Brett Goldin staan die wêreld oop. Sy eerste beroepsrol as akteur was as tiener in The Secret Diary of Adrian Mole. Daarna het hy rolle in prente soos Adrenaline, Racing Stripes, Citizen Verdict, Slash en ook in 2004 in Proteus, en op TV was hy in Yizo Yizo, Cavegirl, Madam & Eve, SOS, Scoop Schoombie, Fela’s TV en Charlie Jade.

      Van Europa tot in Asië neem TV-kykers van hom kennis in ’n reeks gewilde satiriese videosketse bekend as Crazy Monkey, wat op die TV-musiekkanaal MTV tussen musiekvideo’s uitgesaai is.

      In September 2005 verskyn hy saam met sy drie Crazy Monkey-akteursvriende, Trevor Clarence, Brendan Jack en Gavin Williams, in ’n plaaslike fliekkomedie, Straight Outta Benoni. Hy is B-Dog, saam met ander bekendes soos die Idols-aanbieder, Colin Moss, die sanger Danny K, en die aktrises Tanit Phoenix en Lee-Ann Liebenberg.

      Oor dié fliek sê Brett: “Komedie is ’n wonderlike manier om sosiale kommentaar te lewer en taboe-onderwerpe te takel.”

Brett Goldin Rapport.jpg

      Brett Goldin

      Rapport

      In die nuwe jaar, 2006, wys hy sy veelsydigheid op die verhoog in die Baxter in Kaapstad. Hy vertolk die beskeie rol van Guildenstern in Shakespeare se Hamlet, wat saam met die karakter Rosencrantz gestuur word om op prins Hamlet te spioeneer.

      Intussen is die besprekings gedoen en die tasse gepak vir Brett om op Donderdag 20 April 2006 saam met dié toneelgeselskap Londen toe te vlieg waar hulle in Stratford-upon-Avon gaan deelneem aan die Complete Works-toneelfees van die Royal Shakespeare Company. Daarna hoop Brett om in Londen sy voet in die deur te kry in die dinamiese teaterwêreld van die West End.

      Hy haal wel die vliegtuig, maar nie Londen toe nie. Sy lyk word Johannesburg toe gevlieg waar Brett Goldin (27) Saterdag 22 April saam met ’n vriend, die jong mode-ontwerper Richard Bloom (28), in Wespark se begraafplaas begrawe word.

       “Komedie is ’n wonderlike manier om sosiale kommentaar te lewer en taboe-onderwerpe te takel.”

      Hul bisarre dood stuur skokgolwe tot ver buite die land se grense.

      Paasnaweek

      Brett is in ’n opgewekte luim. Hy is altyd opgewek. Ook Richard is vrolik. Hy het Brett in sy donkergrys Polo Playa op pad na ’n partytjie gaan oplaai. Hulle ry na Craig Port se huis in Victoriaweg in Bakoven, net langs Kampsbaai. Dit is Saterdagaand 15 April 2006, Paasnaweek.

      Brett en Richard ken mekaar goed, albei het hulle uit Johannesburg in Kaapstad kom vestig. Brett was eers in die hoërskool King David en daarna in Crawford College in Johannesburg. In 2000 het hy sy graad in drama en Engels aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

      Richard is korter in die Kaap, nog net ’n paar jaar. Hy is ’n ontwerper en produkbestuurder

Скачать книгу